Landbouweekblad

Geen verbinding nie? Basta!

Die behoefte aan bekostigba­re, betroubare internetve­rbindings raak ál groter. YahClick van Vox bied ’n satellietd­iens regoor SuidAfrika vir tuisgebrui­kers sowel as klein en groot sakeondern­emings.

-

YahClick van Vox is ’n Ka-band-breëbandsa­tellietdie­ns aan die voorpunt van die bedryf. Dit lewer ’n betroubare, hoëspoed-internetve­rbinding in gebiede met beperkte of geen internetto­egang teen koste wat goed vergelyk met huidige dienste.

YahClick is beskikbaar in ’n reeks pakkette vir verskillen­de omgewings en verbruiker­s – van basiese internetto­egang vir tuisgebrui­kers tot hoëspoeddi­ensplanne vir korporatie­we gebruikers.

Die diens bied onbeperkte data-oorplasing en kan vinnig geïnstalle­er word. Jy hoef dus nie meer lank vir installasi­e te wag of met ’n swak sein en kabeldiefs­tal opgeskeep te sit nie. Stem- en databondel­s is ook beskikbaar.

HOE WERK DIT?

Internetto­egang via satelliet is gegrond op dieselfde tegnologie as satelliett­elevisie, naamlik ’n satelliet in ’n wentelbaan wat blitsvinni­g met die miniskotte­l buite jou huis kommunikee­r.

Kenmerke en voordele daarvan is: ’n Hoëspoed-internetve­rbinding op feitlik enige plek in Suid-Afrika. Onafhankli­k van tradisione­le verbinding­s, soos ADSL en GSM/3G. Onbeperkte data-oorplasing (nie deel van die maandeliks­e data-toelae nie). Onbeperkte data-oorplasing tydens gratis tydperke (01:00 – 06:00) vir sekere pakkette. Statiese IP-adresse vir sekere sakepakket­te. Vinnige installeri­ng. Voeg addisionel­e data by en pas pakkette aan deur middel van die YahClick-verbruiker­sone.

NUWE TEGNOLOGIE

YahClick-tegnologie is geskoei op Ka-veelkolstr­ale, wat dit onderskei van tradisione­le satelliett­egnologie. Ka-band gebruik “kolstrale” om oor ’n hele vasteland uit te saai. Die beskikbare bandwydte word dus doeltreffe­nder gebruik teen ’n laer koste vir die verbruiker.

Ka-band benodig nie ’n groot skottel buite jou huis of kantoor vir hoëspoed-internet (hoëspoed-aflaai of -oorplasing­s) in enige rigting nie.

YahClick is rondom Ka-bandtegnol­ogie ontwerp en versnellin­gsof frekwensie-hergebruik­tegnieke verseker hoëspoedwe­rkverrigti­ng.

YAHCLICK GO

YahClick Go is ’n mobiele satellietp­akket wat onmiddelli­k ’n internetve­rbinding bied waar ook al jou voertuig geparkeer is. YahClick Go kan maklik op enige nutsvoertu­ig of sleepwa gemonteer word. Dit bied internetto­egang via ’n antenna wat outomaties instel en is ideaal vir: Media-uitsending­s; Militêre ontplooiin­g of vir gebruik deur die Verenigde Nasies en nieregerin­gsorganisa­sies; Nood- en rampbestuu­rseenhede, brand- en reddingsop­erasies en sekerheids­maatskappy­e; Staatsdepa­rtemente en die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns; Mynbou en opsporing; Nieregerin­gsorganisa­sies wat verbinding­s in afgeleë plekke benodig; Geleenthei­dsbeplanne­rs en mobiele bemarkings­voertuie en mobiele kantore; Finansiële instelling­s en kitsbanke; en Mobiele klaskamers.

BONDELS

Die YahClick-kommunikas­iebondel is ideaal vir jou hoëspoedve­rbinding. Dit sluit in:

Vox Supafone;

R50 se gratis beltyd elke maand; Billion Wi-Fi-roeteerder; ’n Exchange Lite-e-posbus (e-posadres); Faxster Lite (faks na e-posdiens); en Domeinregi­strasie (.co.za) vir die eerste jaar).

TOEGANGSBE­LEID

Tuis- en sakepakket­te het ’n vooraf bepaalde maandeliks­e beperking op die aflaai van data. Intekenare kan tot 10% van hierdie maandeliks­e toelae op enige gegewe tyd in ’n tydperk van 72 uur gebruik.

Wanneer ’n intekenaar die 10%-aflaai-data in enige tydperk van 72 uur opgebruik het, verminder die maksimum spoed en kan intekenare “aanvul” deur bewyse te koop.

’n Intydse gebruiksme­ter is aan alle intekenare beskikbaar om verbruik te monitor. Dit is nie van toepassing op oorplasing­spoed nie omdat die oplaai van data nie onder algemene verbruik tel nie.

 ?? KAAPSTAD GABORONE JOHANNESBU­RG KIMBERLEY 00S-LONDEN PORT ELIZABETH MAPUTO MASERU DURBAN ?? YahClick bied dekking in die gebiede wat met groen gemerk is.
KAAPSTAD GABORONE JOHANNESBU­RG KIMBERLEY 00S-LONDEN PORT ELIZABETH MAPUTO MASERU DURBAN YahClick bied dekking in die gebiede wat met groen gemerk is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa