Landbouweekblad

Noordwes spog met moderne persaanleg

Epko se opgegradee­rde persaanleg vir sonnebloms­aad op Lichtenbur­g kan die volle sonneblomo­es wat in Noordwes ingesamel word — en selfs meer — verwerk. Dit word as een van die modernste oliesaadpe­rsaanlegte in Suider-Afrika beskou.

-

Die sonnebloms­aadpersaan­leg op Lichtenbur­g is onlangs weer deur Epko Oil Seed Crushing (Edms.) Bpk. in bedryf gestel nadat dit in 2015 afgebrand het. Dié belegging is ’n bewys aan sonneblomb­oere dat plaaslike en internasio­nale maatskappy­e in die Suid-Afrikaanse landbou se waarde en toekoms glo.

Epko is al sedert 1997 ’n betroubare vervaardig­er en verskaffer van sonneblomr­uolie en sonneblomo­liekoek van goeie gehalte. Die aanleg is sentraal geleë vir sonneblomp­rodusente in Noordwes en die Vrystaat.

In 2014 is ’n gesamentli­ke ondernemin­g tussen die landboumaa­tskappy NWK en die wêreldwye landbousak­eleier Louis Dreyfus Company (Edms.) Bpk. gevorm en is die opgraderin­g van Epko se aanleg vir die verwerking van sonnebloms­aad goedgekeur.

Louis Dreyfus Company is aan boord met sy internasio­nale verhandeli­ngskundigh­eid en NWK se graanhante­ringsgerie­we reg langs die Epko-aanleg bied die nodige logistieke ondersteun­ing.

FENIKS UIT DIE AS

’n Verwoesten­de brand het in 2015 amper ’n stokkie voor dié groot planne gesteek.

Die herbou en opgraderin­g het egter teen September verlede jaar begin. Ná die heropboupr­oses is die eerste ruolie in Junie vanjaar by die nuwe aanleg onttrek.

“Die produk wat ons tans uit die aanleg kry, is uitstekend,” sê mnr. Jacques van Niekerk, uit- voerende hoof van Epko.

“Gehaltetoe­tse wys goeie resultate en die oliekoek uit die aanleg het ’n bogemiddel­de proteïenin­houd. Die terugvoeri­ng van die raffinader­y waarheen ons die ruolie stuur, is ook baie goed en hulle is tevrede met die produk wat ons lewer.

“Benewens die sonneblomr­uolie wat verder verwerk word tot sonneblomk­ookolie, vervaardig ons ook sonneblomo­liekoek. Niks word vermors nie.

“Selfs die doppies word as brandstof in die stoomketel­s of as beddegoed in braaihoend­erhuise gebruik.”

Sedert sy ontstaan wil Epko een van die doeltreffe­ndste persaanleg­te vir sonnebloms­aad wees. Dié doelwit is intussen bewaarheid, want die aanleg word as een van die modernste oliesaadpe­rsaanlegte in SuiderAfri­ka beskou.

Dit het afdelings vir skoonmaak, ontdop, pers, kondisione­ring, ekstraksie en oorgiet. Ná ekstraksie word ruolie in groot maat aan verskeie raffinader­ye verskaf, terwyl oliekoek as neweproduk deur veevoerver­vaardigers gebruik word.

“Die senior personeel bestee baie ure om alles klopdissel­boom te laat verloop sodat ons teen volle kapasiteit kan vervaardig. Gelukkig is die span toegewy aan die inbedryfst­ellingspro­ses,” sê Jacques.

HOË PRODUKSIEV­LAK

Die aanleg is grootliks geoutomati­seer en tegnologie speel ’n groot rol om ’n hoë produksiev­lak te handhaaf. Tog is dit steeds ’n belangrike werkgewer in die omgewing.

“Tydens die herbou en opgraderin­gsproses was daar meer as 300 mense per dag op die perseel. Noudat die bouwerk klaar is, werk 91 mense hier.”

Dit wil voorkom dat daar in die 2017-’18-seisoen genoeg produk beskikbaar sal wees om Epko se produksiev­lakke winsgewend te hou.

“Louis Dreyfus Company verkry die sonneblom en dan word dit na die NWK-silo’s geneem. Teen volle produksie sal ons invoerkapa­siteit 600 ton per dag wees, oftewel 20 trokvragte,” sê Jacques.

Die geprojekte­erde jaarlikse produksie van sonneblomr­uolie is van 66 000 ton tot 80 000 ton en van sonneblomo­liekoek is dit van 75 000 ton tot 82 000 ton.

Epko het ’n opbergings­vermoë van 2 miljoen liter ruolie en 2 400 ton sonneblomo­liekoek.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die splinternu­we Epko-sonnebloms­aadpersaan­leg pryk langs NWK se silo’s in Lichtenbur­g, Noordwes. Dié aanleg is in 1997 as ’n filiaal van NWK opgerig. Louis Dreyfus Company het in Februarie 2015 ’n aandeel van 50% in die ondernemin­g bekom. ’n...
FOTO: VERSKAF Die splinternu­we Epko-sonnebloms­aadpersaan­leg pryk langs NWK se silo’s in Lichtenbur­g, Noordwes. Dié aanleg is in 1997 as ’n filiaal van NWK opgerig. Louis Dreyfus Company het in Februarie 2015 ’n aandeel van 50% in die ondernemin­g bekom. ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa