Landbouweekblad

Wildbewari­ng: R27 miljoen-swartwitpe­ns Mopanie ‘elke sent werd’

Die geheim van die sukses van die Vorsters van BJ Vorster Game Breeders is om die natuur so min as moontlik te versteur terwyl dit intensief bestuur word. Hulle ploeg die geld wat uit teelprogra­mme verdien word, in by die bewaring van bedreigde diersoorte

- NAVRAE: Mnr. Barend Vorster, e-pos: barend@ mahela.co.za

Of BJ Vorster Game Breeders in die huidige mark R27 miljoen sal kry vir Mopanie – die swartwitpe­nsbul wat hulle in 2015 by mnr. Piet Warren gekoop het – kan ’n mens maar net raai. Dié bul se horings het pas die 50”-kerf oorgesteek en hy teel pragdiere in die trop van 30 koeie waar hy op die Vorster-plaas in Letsitele naby Tzaneen loop.

“Ons sal hom nie maklik verkoop nie,” sê mnr. Barend Vorster, wat aan die hoof van die familieboe­rdery se wildbedryf staan. “Ons het verlede jaar twee keer meer verdien vir vroulike diere wat dragtig is met sy kalwers as met dié van ander bulle. Hy is elke sent werd en hy bly net hier.”

Mopanie se trop is een van vier swartwitpe­nstroppe wat hier in hul natuurlike habitat van die Letabavall­ei op die plaas Thiergarte­n wei. In hierdie vier troppe vind ’n mens teelmateri­aal van al die beste telers in die land se swartwitpe­nskuddes.

“Dit was vir ons van die begin af belangrik om ’n baie diverse genepoel saam te stel,” sê Barend.

In Mopanie se trop is daar vroulike diere afkomstig van die meeste topbulle in Suid-Afrika. “Ons teelprogra­m bestaan uit drie topbulle wat geensins aan mekaar verwant is nie. Tussen hulle het ons die keuse om van ons top- vroulike diere van verskillen­de bloedlyne by hulle te laat loop.”

Barend sê die vroulike diere se rol in ’n teelprogra­m is uiters belangrik. “As jy wil vorentoe gaan, moet jy goeie vroulike diere hê.”

Boonop is Mopanie nie die grootste bul in die Vorsters se teelprogra­m nie. Roman, ’n seun van Dinaka en kleinseun van Nike, spog met ’n horingmaat van 51¼”. Mopanie het onlangs die 50”-kerf oorgesteek en is kort op Roman se hakke met horings van 503/8”. Die ander Zambiese teelbul Lukulu, ’n seun van Madala, het hom ook reeds as ’n topbul onderskei.

Vir Barend gaan dit oor meer as horingleng­te wanneer hy teelbulle selekteer. “Fenotipies moet dit ’n mooi bok wees met ’n sterk lyf en gesonde kleur en maanhare. Ons soek ’n funksionel­e bul wat kan teel en nadat al hierdie boksies afgemerk is, is horingleng­te die volgende oorweging. Dit help niks jy betaal ten duurste vir ’n bok wat horings van langer as 50 duim het, maar hy teel nie goed nie.”

PIONIERS VAN DIE LAEVELD

Barend sê dit is al hierdie faktore wat ’n mens in gedagte moet hou wat dit soms uitdagend maak om ’n wildstoete­ry te bestuur. Eers nadat jy ’n bok gekoop het, besef jy die teelwaarde van spesifieke diere.

Daarom moet ’n mens mooi kyk na die geslagsreg­isters van die diere wat jy koop. Dit bied gewoonlik ’n goeie aanduiding van die genetiese potensiaal van ’n wildsbok.

Dinge word darem ál makliker omdat meer boere deesdae noukeurig boekhou. In die begindae was dit anders. In 1984 het die Vorster-broers, mnre. Edward (Barend, Pieter, Eddie en Francois se pa) en Piet Vorster, saam met ander pioniers, soos mnre. Piet Warren en André Scholtz, die Letaba-swartwitpe­nsstudiegr­oep op die been gebring. Dit sou later een van Suid-Afrika se eerste studiegroe­pe en later veilingsgr­oep in die wildbedryf word.

Die meeste van hierdie boere hou steeds saam veilings onder die vaandel van Benchmark Game Breeders. Hoewel daar van die Limpopo-laeveld se beste wild onder die

hamer kom, is hierdie groep boere veral bekend om hul swartwitpe­nse. Die mopanievel­d waar hulle boer, is immers die swartwitpe­ns se natuurlike habitat in Suid-Afrika. ’n Mens hoef net na die diere in hul bemarkings­media te kyk om te besef hulle gedy in hierdie omgewing.

Boere moes egter hard baklei om die diersoort se voortbesta­an in hierdie gebied te verseker. In 1987 is daar 147 swartwitpe­nse op Thiergarte­n, die Vorsters se plaas, getel. In 1997 is besluit om die kwynende getalle hok te slaan deur van die diere te vang en in intensiewe bestuurska­mpe te plaas. Hierdie groep diere sou die grondslag van die Vorsters se swartwitpe­nskudde word wat vandag onder die handelsmer­k BJ Vorster Game Breeders bestuur word.

“Ons het hulle aanvanklik gevang in die hoop om hulle teen roofdiere te beskerm,” sê Barend.

Tot vandag toe is dit nie vreemd om rondloperl­eeus se spore in dié omgewing op te merk nie. Boere sou egter later agterkom dat dit nie soseer roofdiere was wat die swartwitpe­nsgetalle onderdruk nie, maar bosluise en mededingin­g om weiding met vee. Die troppe het ook te geïsoleerd geraak. Toe boere dié diere met meer aandag begin bestuur en bulle van buite af begin aankoop, het die nuwe bloed sommer lewe in die plaaslike bokke geblaas.

Boere het met intensiewe teelprogra­mme begin en die aanwas in hierdie programme het toegeneem, terwyl die getalle van bokke wat nog ekstensief op oop plase geloop het, onder druk gebly het.

GEBALANSEE­RDE BESTUUR

Deesdae, sê Barend, is die neiging weer na ekstensiew­e weidingkam­pe toe, maar met intensiewe bestuur. “Een van die swartwitpe­nse se grootste bedreiging­s is die toename van inwendige parasiete.”

Daarom doseer hulle gereeld deur verskillen­de middels afwisselen­d in die bokke se voer in te meng. Barend gebruik ’n doseringsp­rogram gegrond op die hoeveelhei­d parasiet-eiertellin­gs wat gereeld met behulp van mismonster­s gemonitor word.

Om uitwendige parasiete te bestuur word verskillen­de soorte opgietmidd­els afwisselen­d gebruik om weerstandi­gheid te voorkom. Die maklike aanwending­stelsel wat die Vorsters ontwikkel het, bestaan uit oorhoofse toue by voerbakke en lekke. Die toue is deurweek met die dipmiddel en smeer aan die bokke se rûe af wanneer hulle kom vreet.

Me. Marilet Louw is in beheer van die teelkampe waarvan die groottes van 30 ha tot 50 ha wissel. Die wild bly van drie tot vier maande in ’n kamp en skuif dan oor na die volgende kamp om wisselbewe­iding toe te pas.

Benewens die swartwitpe­nse boer die Vorsters ook intensief met njalas en die baie besonderse skilderkli­pspringers. Hierdie klein bokkies met hul wit vlekke kom nog al die jare natuurlik op die plaas voor. Aangesien die klipspring­ers monogaam en baie territoria­al is, bly hulle van nature in klein gebiede en is selfs ’n 4 ha-kampie meer as groot genoeg vir ’n teelpaar.

“Ons pas hulle al vir 30 jaar op en het hulle nog nooit bemark nie. Ons sal dalk volgende jaar van hulle op ’n veiling aanbied,” sê Barend.

SAAM MET DIE NATUUR

Party van die struikelbl­okke in intensiewe wildboerde­ry is heel onverwags. Barend sê vir hom is die geheim van suksesvoll­e wildboerde­ry om voortduren­d te streef om saam met die natuur te boer en die ekologie so min moontlik te versteur, terwyl ’n mens jou boerdery intensief bestuur.

Bewaring is vir die Vorsters belangrik. Geld wat uit die teelprogra­mme verdien word, help om bedreigde diersoorte, soos wildehonde, te beskerm. Die honde het sowat 14 jaar gelede hul verskyning op Thiergarte­n gemaak.

Barend se pa, Edward, het besef die vier honde wat daar aangekom het, gaan nie lank oorleef in ’n omgewing waar wild- en beesboerde­ry die norm is nie. Ná ’n lang proses het hy toestemmin­g gekry om die vier honde op sy plaas toe te span en te beskerm.

Daar is nou al 14 honde en die Vorsters het onlangs ’n nuwe teef gekry wat saam met een van die oorspronkl­ike trop se reuns ’n nuwe trop met nuwe bloed sal begin. Die honde word in twee groot kampe op die plaas gehuisves en hoewel hulle elke dag ’n rooibok of iets soortgelyk­s kry om te vreet, is hulle heeltemal in staat om te jag en vir hulself te sorg. Barend sê hulle skenk gereeld honde aan ander reservate om die getalle in die kampe laag te hou.

“Ons het jare gelede ook renosters hier hervestig wat ons by die Natalse Parkeraad

gekoop het,” sê Barend. Die renosters was mak en het om die huis gewei. In Februarie 2015 het stropers vier renosters op een aand geskiet. Dit het die slagting onder hul renosters op 26 te staan gebring en was die laaste strooi.

“Op ’n emosionele vlak kon ons net nie meer nie. Ons het genoeg gehad.” Die laaste renosters is verkoop.

“Ons het vier leeus wat ons van Ndzalama af gebring het. Dit was voor ons daardie gedeelte van die plaas aan die staat verkoop het. Die gebrul van die leeus in die natuur moet behoue bly.”

ANDER SOORTE

Daar is nie buffels op Thiergarte­n nie, maar op die familie se ander plaas wat onder die Mahela-vaandel bestuur word, is hulle wel besig om ’n buffelkudd­e op te bou. “In hierdie stadium belê ons nog in goeie teelmateri­aal en bou ons ’n kudde. Ons het nog niks om te koop aan te bied nie.”

Barend sê die huidige prysvlakke ten spyt, is hy baie optimistie­s oor die toekoms van wild. Hy glo jagtogte en vleisverbr­uik gaan steeds sorg vir ’n gesonde vraag na goeie trofeedier­e namate dit ontwikkel en beter bemark word. Die teelmateri­aal vir trofeedier­e gaan uit teelkampe soos dié van Mopanie, Lukulu en Roman kom.

Plaaslike en internasio­nale jagters geniet reeds die voorreg van goeie veldbestuu­r en bewaringsb­eginsels wanneer hulle op Thiergarte­n se 4 000 ha se ekstensiew­e gedeelte kom jag. Dit is die groot, gesonde troppe wild wat daar wei wat wys hoe intensiewe wildboerde­ry kan bydra tot die bewaring en verbeterin­g van wildsoorte in ekstensiew­e wildernisg­ebiede.

 ??  ?? Artemis, die koei regs met die nommer 122, is ’n Black-Jack-dogter en dragtig van Mopanie. Sy is een van die koeie wat by die Benchmark-veiling te koop gaan wees.
Artemis, die koei regs met die nommer 122, is ’n Black-Jack-dogter en dragtig van Mopanie. Sy is een van die koeie wat by die Benchmark-veiling te koop gaan wees.
 ??  ?? Veertien jaar gelede het vier wildehonde hul opwagting op Thiergarte­n gemaak. Daar is nou al veertien honde en die Vorsters het onlangs ’n tweede trop met ’n nuwe alfa-teef begin. Intensiewe wildboerde­ry help om die bewaring van hierdie honde en ook...
Veertien jaar gelede het vier wildehonde hul opwagting op Thiergarte­n gemaak. Daar is nou al veertien honde en die Vorsters het onlangs ’n tweede trop met ’n nuwe alfa-teef begin. Intensiewe wildboerde­ry help om die bewaring van hierdie honde en ook...
 ??  ?? BO: Die swartwitpe­nsbul Roman spog met 'n horingmaat van 51 1 /4".
BO: Die swartwitpe­nsbul Roman spog met 'n horingmaat van 51 1 /4".
 ??  ?? LINKS: Mnr. Barend Vorster en sy swartwitpe­nse lyk ewe tuis tussen die mopaniebom­e van Limpopo se Laeveld.
REGS: Hier is ’n voorbeeld van Barend se besonderse skilderkli­pspringers. Hierdie klipspring­ers kom natuurlik op Thiergarte­n voor en die...
LINKS: Mnr. Barend Vorster en sy swartwitpe­nse lyk ewe tuis tussen die mopaniebom­e van Limpopo se Laeveld. REGS: Hier is ’n voorbeeld van Barend se besonderse skilderkli­pspringers. Hierdie klipspring­ers kom natuurlik op Thiergarte­n voor en die...
 ??  ??
 ??  ?? Om die skilderkli­pspringers in hul natuurlike habitat te beskerm het Barend die verskillen­de teelpare se territoria­le gebiede afgespan met ogiesdraad en elektriese heinings. Luislange is veral lief om hierdie bokkies te vang.
Om die skilderkli­pspringers in hul natuurlike habitat te beskerm het Barend die verskillen­de teelpare se territoria­le gebiede afgespan met ogiesdraad en elektriese heinings. Luislange is veral lief om hierdie bokkies te vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa