Landbouweekblad

Nuwe Breedplan-kriteria maak die speelveld gelyk

- – CHARL VAN ROOYEN

DIE gewilde Breedplan-bulkompeti­sies kry vanjaar ’n nuwe baadjie, met groter klem op genetiese vordering in ekonomiese terme deur middel van ekonomiese seleksie-indekse.

Die finaliste vir die Bul van die Jaar is die afgelope 15 jaar aanvanklik op die skoue in Pietermari­tzburg, Vryburg, Pretoria en Windhoek, en later ook op Lichtenbur­g en Moorreesbu­rg aangewys onder leiding van Suid-Afrika se voorste interrasbe­oordelaar, mnr. Martin Seyfferdt. Die algehele wenner is dan aangewys op die jaarlikse Aldam-Vleisbeess­kool, wat van vanjaar die Veeskool heet omdat daar nou ook groot klem op kleinveebo­erdery is.

Die skool word deur die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF), Breedplan en Landbouwee­kblad aangebied.

NUWE KRITERIA

Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika, sê die LRF het besluit om die verskillen­de Zoetis-bulkompeti­sies te vernuwe.

Zoetis se Bul van die Jaar op skoue sal vorentoe binne ras beoordeel word, waarna die finaliste oor skoue heen met mekaar vergelyk sal word. Die finale toekenning sal op grond van prestasies­yfers en hoofsaakli­k ’n seleksie-indeks wees. Zoetis se Beproefde Bul van

die Jaar is nou ’n kompetisie waarin die bulle in minstens drie kuddes met ekonomies belangrike eienskappe moet presteer.

Zoetis se Prestasieg­etoetste

Jong Bul van die Jaar betrek voortaan alle bulle in die bedryf. Rasbeoorde­laars of keurders sal self elke telersgeno­otskap se finaliste aanwys. Die Land Bank se Koei

van die Jaar is tot dusver gekies op grond van die tien beste koeie in elke teler se kudde, gegrond op reproduksi­e, prestasie en groei of karkaspres­tasie. Voortaan sal die wenners op grond van ekonomiese seleksie-indekse gekies word, waar van toepassing. Die grootste veranderin­g is dat die hele kudde nou in aanmerking geneem word.

Bradfield sê omdat seleksie-indekse gebruik word, het klein en groot kuddes ’n gelyke kans om te presteer indien koppelbull­e oor kuddes heen gebruik word.

TELERS

Die vereistes vir Pick n Pay se

Teler van die Jaar is onverander­d. Die beoordelaa­rs neem die genetiese vooruitgan­g in die kudde, waardetoev­oeging tot die bedryf en die teler se betrokkenh­eid in die bedryf in aanmerking.

Die vereistes vir Pick n Pay en Rudd Skaal se Opkomende Teler van die Jaar bly ook dieselfde. Enige opkomende stoet- of kommersiël­e boer mag deelneem. Die kriteria vir die BKB-eerbewys vir volledighe­id van rekordhoud­ing

is strenger gemaak vanweë die groot aantal deelnemers wat nou ook rekordhoud­ing doen en dus in aanmerking kom. Vir nog navrae bel dr. Michael Bradfield, tel. 012 667 5258.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die nuwe bord vir die Veeskool wat op in Oktober by Aldam in die Vrystaat gehou word.
FOTO: VERSKAF Die nuwe bord vir die Veeskool wat op in Oktober by Aldam in die Vrystaat gehou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa