Landbouweekblad

Droogtelen­ings nou vir langer beskikbaar

- — CARIEN KRUGER

Die Land Bank se spesiale lenings vir boere in droogteget­eisterde gebiede is vir ’n langer tyd beskikbaar gemaak sodat boere in die Noord-, Wes- en OosKaap ook daaruit kan voordeel trek.

Die Nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (NOK) het einde verlede jaar R400 miljoen aan die bank beskikbaar gestel om vir droogtever­ligting aan boere te kan leen.

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die bank, sê die NOK het nou die tydperk tot wanneer die geld beskikbaar is, tot Maart aanstaande jaar verleng.

Indien nodig kan die bank by die NOK aansoek doen om die lening vir nog ’n jaar beskikbaar te stel, sê hy.

“Die geld word vir 10 jaar teen prima minus 3% aan boere toegestaan,” sê Van Rooy.

Boere in amptelik verklaarde rampgebied­e kan aansoek doen.

“Om in aanmerking te kom, moet ’n boer nadelig deur die droogte beïnvloed word. Daarna volg ons ’n kredietpro­ses om die lening goed te keur.”

In die somersaaig­ebiede is lenings van R210 miljoen goedgekeur, waarvan sowat R115 miljoen reeds benut is.

“Daar is dus nog R95 miljoen beskikbaar vir lenings wat reeds goedgekeur is en nog R190 miljoen vir nuwe aansoeke.”

Oor die feit dat die volle bedrag nie deur boere in die somersaaig­ebiede gebruik is nie, sê Van Rooy die Land Bank se rol hang af van die hoeveelhei­d aansoeke wat hy ontvang en hoe kredietwaa­rdig die aansoeker is.

“Uit die aard van die saak het die gunstiger 2016-’17-produksiej­aar in die somersaaig­ebiede ’n groot rol in die afname in aansoeke gespeel.”

Om aansoek te doen, stuur e-pos na droughtrel­ief@landbank. co.za of kontak die naaste Land Bank-tak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa