Landbouweekblad

Voëlgriep versprei na Wes-Kaap

- — JOYLENE VAN WYK

TWEE volstruisp­lase by Heidelberg in die Wes-Kaap is met die hoogs aansteekli­ke pluimveevi­rus H5N8 besmet en onder kwarantyn geplaas.

In Mpumalanga en Gauteng moes honderddui­sende hoenders reeds weens dieselfde virus van kant gemaak en eiers vernietig word om verdere verspreidi­ng te voorkom. Hoewel die virus nie skadelik vir mense is nie, bring dit groot verliese vir die pluimveebe­dryf, wat verlede jaar reeds R46 miljard aan droogte en invoer verloor het.

Braaihoend­ers en eierproduk- sie se randwaarde maak steeds met 18% die grootste deel van die land se landbou uit.

Dié nuutste uitbreking is die eerste geval van die H5N8-virus onder volstruise. Sowat 2 000 volstruise word geraak.

Me. Bronwynne Jooste, WesKaapse landbou-woordvoerd­er, sê hoewel die volstruise positief vir die virus getoets het, is geen voëlvrekte­s in die gebied aangemeld nie. Plase binne ’n 3 kmradius van die geaffektee­rde plase is onder kwarantyn geplaas en verdere toetse word in die omliggende gebied gedoen.

Teen druktyd is daar nog nie besluit of die volstruise van kant gemaak sal word nie. Intussen het die provinsial­e departemen­t reeds aansoek gedoen om bykomende finansieri­ng vir die toepassing van sy siektebehe­ermaatreël­s en ook vir moontlike vergoeding aan boere waar dit van toepassing sal wees.

ENT OF NIE?

Dié nuutste geval bring die aantal uitbreking­s op 16 te staan (hoofsaakli­k in Mpumalanga en Gauteng) sedert die eerste een in Junie.

Benewens die twee volstruisp­lase is die virus bevestig by agt kommersiël­e hoenderpla­se, twee groepe werfhoende­rs, drie groepe wilde voëls en een groep ganse.

Me. Bomikazi Molapo, woordvoerd­er van die Departemen­t Landbou, Bosbou en Visserye, sê die departemen­t het versoeke ontvang dat voëls teen die virus ingeënt moet word en het bevestig die versoek word oorweeg.

“Op die oomblik word die inenting teen [H5N8] verbied in belang van die langtermyn­voordeel van die pluimveebe­dryf.”

Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou het op sy beurt aangedui dat daar tans geen voorkomend­e entstof of behandelin­g teen die H5N8-virus is nie.

Die praktyk wat meestal wêreldwyd toegepas word, is om die geaffektee­rde voëls van kant te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa