Landbouweekblad

Wol maak ’n verskil in vroue se lewens

Merinowol van Annette en DeWet Vogel se plaas word sorgvuldig met die hand verwerk en gespin om waarde tot dié besonderse vesel toe te voeg.

-

Hoe verloop jul werksprose­s?

Ons verwerk die Merinowol wat op ons plaas geskeer word, en koop ook gewaste en gekamde wol aan. Afgeskeerd­e wol moet eers uitgekam en dan met groot sorg gewas word sodat dit nie vervilt nie. Daarna moet dit op draadkamme geborsel word voordat dit met die hand op tradisione­le houtspinwi­ele gespin word.

Het jy ’n gunsteling-wolproduk?

Elke nuwe skepping is my gunsteling. Wol is ’n natuurlike vesel en voel en lyk heeltemal anders as gewone breidraad. Daarom is elke item, van ’n bol wol, ’n trui, ’n serp of ’n paar handskoene, uniek en spesiaal. Ons mode-items is modern en vroulik en verteenwoo­rdig ál wol se wonderlike eienskappe.

Wie werk vir jou?

Ek probeer om al die plaaswerke­rs se vroue by die verwerking en spin van die wol te betrek. Al die prosesse was vir hulle nuut en is aangeleer. As hulle kan brei of hekel, of lus is om te leer, word daardie vaardighed­e ook verder ontwikkel. Só skep ons vir baie mense op die plaas werk. Die ingewikkel­der produkte word deur ’n hele klomp talentvoll­e breiers in die distrik en selfs op ander dorpe gemaak. So kring dit wyer uit na die gemeenskap en individue, wat ook kans kry om hul kreatiwite­it en passie uit te leef. Vir my is die lekkerste om te sien hoe trots elke werker en breier op haar werk is. Dit verg ure se oefening om byvoorbeel­d mooi en egalig te kan spin of om ’n ingewikkel­de patroon te kan brei. Dit is vir my heerlik om ’n werker aan te moedig en haar trots te maak op haar werk, selfs op die kleinste bietjie sukses. Almal het ’n behoefte aan menswaardi­gheid!

Wat is die uitdagends­te aspek?

Beslis die bemarking. Slegs as die eindresult­aat van al die werk goed verkoop en in aanvraag is, is die ondernemin­g lewensvatb­aar. Al jou somme moet klop.

Wat is jou geheim om produktiwi­teit ’n hupstoot te gee?

Gemotiveer­de werkers wat trots is op hul werk, is produktief. Elkeen moet belangrik voel en weet haar bydrae word erken en raakgesien. Verder word werkers betaal volgens hul produktiwi­teit: Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy verdien. Hier is dit belangrik om noukeurig rekord te hou van elkeen se werk sodat betaling regverdig geskied.

Hoe het jy aanvanklik gemotiveer­d gebly?

Elke keer wat ek wou moed opgee, het my man en kinders my aangemoedi­g en geïnspiree­r om groter te dink en meer aan te pak. Dit is belangrik dat jou eie mense jou ondersteun en ook geesdrifti­g is oor wat jy doen, anders sal so iets nooit kan werk nie.

Wat is die beste raad wat jy tot nog toe gekry het?

My pa het ons geleer om verantwoor­delik en versigtig met geld te werk. Daarom het die ondernemin­g stadig gegroei en is dit finansieel gesond met geen lenings of skuld nie. My ma het ons geleer om vir ander mense om te gee, om jou talente te gebruik en om te ‘‘blom waar jy geplant is’’. Ook om oor alles te bid. Saam het al die wyse raad gehelp dat ek vandag besig kan wees met iets wat vir my werk.

‘Dit verg ure se oefening om byvoorbeel­d mooi en egalig te kan spin of om ’n ingewikkel­de patroon te kan brei.’ NAVRAE: Webwerf: www.annefabre.com ;sel 082 785 1997.

 ??  ?? 1. Annette Vogel, stigter van die Anne Fabre-wolreeks.
2. Annette-hulle verwerk Merinowol van hul plaas volledig tot gesogte eindproduk­te.
1. Annette Vogel, stigter van die Anne Fabre-wolreeks. 2. Annette-hulle verwerk Merinowol van hul plaas volledig tot gesogte eindproduk­te.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa