Landbouweekblad

Boere verpletter ná verwoesten­de brand

- — LISA LOTTERING

DUISENDE hektare kosbare weiding asook talle diere en plaasgebou­e het in die slag gebly tydens ’n verwoesten­de brand in die omgewing van Cathcart in die Oos-Kaap. Sowat 15 plase en 17 000 ha het verlede naweek binne 18 uur by Cathcart uitgebrand.

“Altesame 41 beeste, 163 skape en drie donkies is tydens die brande dood,” het mnr. Andries Greeff, streekvert­eenwoordig­er van Agri Oos-Kaap, gesê.

“’n Paar geboue het afgebrand en honderde kilometers van draadheini­ngs het ook in die slag gebly. Boere praat met hul versenog keringsmaa­tskappye, veral oor die draadskade, wat ’n aardige bedraggie beloop,” sê hy.

Volgens mnr. Thinus Botha, brandbestr­yder van die Oos-Kaapse oorkoepele­nde brandbeske­rmingsorga­nisasie, het die brande vroeg Vrydagogge­nd begin en is dit teen Vrydagaand laat in bedwang gebring. Klein opflikkeri­ngs het nog Saterdag voorgekom, maar dit is spoedig in bedwang gebring. Geen beserings is aangemeld nie. Botha sê boere en plaaswerke­rs het saamgewerk om die brand te bekamp.

Teen druktyd was die oorsaak nie bekend nie.

SKENKINGS

Plaaslike boere het ’n komitee gestig wat voerskenki­ngs sal koördineer. “Die komitee bepaal wat jy kry volgens wat jy verloor het,” sê Greeff. Skenkings stroom glo in en die meeste boere het plek gekry om hul diere te laat wei tot tyd en wyl voerskenki­ngs ontvang en heinings herstel kan word.

Mnr. Chris Purdon, veeboer van Cathcart, sê boere is moedeloos weens die knellende droogte en min beskikbare weiding, maar help steeds mekaar.

Hoewel daar baie skenkings is, moet die vervoer betaal word. Hy sê om geld vir voer in te samel is nou ’n prioriteit. “Die owerhede is besig om die saak te ondersoek en kundiges kyk waar die brande begin het. Op die ou end bring dit egter nie die dooie beeste of die weiding terug nie. Boere is veerkragti­g en is almal in dieselfde situasie, maar ons help mekaar.”

Mnr. Richard Armstrong, skaap-en-beesboer van die distrik, het 2 800 ha, 44 beeste en 56 ooie met hul lammers verloor. Hy sê dit gaan maar sleg op die oomblik, maar hy moet aangaan, want hy het geen ander keuse nie.

“Ons kry baie hulp en ondersteun­ing van ons medeboere. Niemand het veel om te gee nie, maar steeds gee mense so veel as wat hulle kan,” sê hy.

Om skenkings te maak, kontak mnr. Neil Evans by 045 843 1716.

* Lees op bl. 4 oor die erge brande in die Vrystaat.

 ?? VERSKAF ?? Meer as 200 stuks vee het verlede week doodgebran­d in ’n veldbrand by Cathcart in die OosKaap.FOTO’S:
VERSKAF Meer as 200 stuks vee het verlede week doodgebran­d in ’n veldbrand by Cathcart in die OosKaap.FOTO’S:
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa