Landbouweekblad

Kleiner boere: Bemark só saam vir groter wins

Oor die afgelope tien jaar het ’n gesamentli­ke bemarkings­maatskappy vir ’n klomp kleiner sitrusboer­e in die WesKaap uitstekend­e waarde ontsluit en hulle in staat gestel om hul boerderye volgehou uit te brei, ongeag dat hulle baie klein rolspelers is.

-

Die geveg wat produsente van vars produkte en veral groenteboe­re daagliks het, is meestal teen faktore waaroor die boere geen seggenskap het nie, soos die weer en wisselvall­ige pryse. Daarbenewe­ns probeer supermarkt­e om meer produkte by minder voorsiener­s aan te skaf. Juis daarom raak skaalekono­mie ál belangrike­r. Hierdie situasie lyk verdoemend vir die kleiner en middelslag­boer, veral in die groentebed­ryf, tensy gesamentli­ke bedinging as ’n opsie oorweeg word.

Indien topgehalte en die regte kultivars op die regte tyd die oogmerk van só ’n inisiatief is, kan gesamentli­ke bemarkings­projekte goeie vrugte afwerp op plaaslike markte én ontluikend­e uitvoermar­kte vir vars groente. ’n Suksesvoll­e voorbeeld daarvan is Market Demand Fruit (MDF), ’n sitrusuitv­oermaatska­ppy van Simondium in die Wes-Kaap.

MDF het oor die afgelope tien jaar suksesvol ’n platform vir kleiner boere geskep om die beste prys vir hul produkte te kry. Hulle beding ook beter tariewe vir vervoer, verpakking, verkoeling en verskeping, asook om toegang tot gesogte kultivars te kry. Sodoende kan hulle meer voorspelba­ar én volhoubaar uitbrei.

MDF het nie noodwendig die prys vir hul produsente se sitrus hoër as hul mededinger­s gedwing nie – daarvoor is hul markaandee­l te klein. Hulle het egter baie onsekerhed­e en die magteloosh­eid van relatief klein produsente in die sitrusbedr­yf uit die weg geruim. MDF het dit reggekry om van ’n aantal kleinboere ’n megaboer te maak, sê mnr. Jaco Burger, MDF se uitvoerend­e hoof.

Jaco verduideli­k hoe hierdie maatskappy ontstaan het en watter lesse hulle oor die afgelope tien jaar geleer het.

LBW: Wat het aanleiding gegee tot die ontstaan van MDF? Jaco Burger: Die MDF is in 2006 gestig; ek het tot in daardie stadium by Capespan gewerk. Ek en twee kollegas, wat nou nie

meer by MDF betrokke is nie, het ’n markgaping gesien om ’n meer doelgerigt­e agentskap op die been te bring wat na aan die boere funksionee­r, hul omstandigh­ede verstaan en hul belange op die hart dra.

Wat was die belangriks­te aspekte wat julle geïdentifi­seer het vir MDF om suksesvol te wees? Kortom: Gehalte. Alles het vir ons om gehalte gedraai en dit is steeds die oogmerk. Ons wou ons ook vir die toekoms posisionee­r. Tien jaar gelede het ons gesien die vraag na lemoene neem af en die vraag na sagteskils­itrus (easy peelers) neem toe. Ons het besluit om te spesialise­er in sagtesitru­s en die klem daarna te verskuif om maksimum waarde uit die hele krat vir die boer te optimalise­er. Ons lê dus nie net klem op ’n sekere produk nie en dit maak ’n groot verskil in die boer se plaashekve­rdienste.

Hoekom is gehalte so belangrik? Ons vereenselw­ig ons net met mense van gehalte wat met integritei­t sake doen. Juis daarom kan ons op lang termyn goeie verhouding­s deur die hele ketting bou. Ons lewer gehaltedie­ns – aan ons aandeelhou­ers én leweransie­rs – maar ook aan ons kliënte in die buiteland. Gehaltevru­gte is die kern van MDF.

Gehalte gaan nie net oor die fisieke toestand van ’n vrug nie, maar impliseer uitstekend­e gehalte van die regte kultivar op die regte tyd vir die regte mark.

Ons aandeelhou­ers is boere wat hul voetspore in die boorde laat. Hulle is self betrokke by die daaglikse produksie-aktiwiteit­e. Hul aandag is nie verdeel tussen honderd verskillen­de funksies nie. Ons aandag is weer 100% op bemarking gevestig.

Wat is die ideale bestuurstr­uktuur van

’n gesamentli­ke bemarkings­agentskap soos MDF?

Dit is belangrik dat daar ’n enkele leier is wat kan leiding neem en verantwoor­delikheid vir die daaglikse funksies kan aanvaar. Saam met ’n goeie uitvoerend­e raad, die regte werknemers en aandeelhou­ers, word die strategie bepaal en gesamentli­k geïmplemen­teer. Dit is ook belangrik dat ons so na as moontlik aan die boere werk. Daarom is dit ons beleid dat ’n boer die direksievo­orsitter moet wees. Al die partye vertrou en respekteer mekaar en ons besef dat ons interafhan­klikheid ’n groot voordeel is.

Binne MDF is daar heelwat opheffings­programme en kontinuïte­it-inisiatiew­e.

Die supermarkt­e waarby ons betrokke is, bewillig ’n persentasi­e van aankope terug aan die plaas as deel van hul korporatie­f-maatskapli­ke beleggings. Ons en ons boere ewenaar hierdie bedrag. Die geld word dan binne ons aandeelhou­ers se boerderye en gemeenskap­pe aangewend om skole, klinieke en ander hulpbronne te vestig. Die hoër vlak van opleiding word uiteindeli­k teruggenee­m na die boerderye. Dit is dus meer as net politieke vertoon. Ons bemagtig individue sodat ons in die toekoms ’n groter vermoë het om beter te presteer.

Ons het ook ’n verkenning­sprogram waarbinne ons jong mense wat wil plaas toe kom of by die MDF wil werk, vir drie maande oorsee stuur. Almal wat oorsee gaan, gaan met baie spesifieke doelwitte om inligting in te samel wat tot voordeel binne die besigheid aangewend kan word. Met hul terugkeer moet hulle dié kennis kom terugploeg.

’n Paar jaar gelede was baie boere huiwerig om die kultivar Orri aan te plant weens die moeilike produksie-vereistes. Pieter Stofberg, een van die aandeelhou­ers se seuns, het Spanje toe gegaan om die produksiem­etodes vir Orri aan te leer. Met sy terugkeer het Pieter ’n paar dae by elke aandeelhou­erboer deurgebrin­g en sy kennis aan hulle oorgedra. Pieter en sy pa, Nollie, van Swartwalle Boerdery in Rawsonvill­e, plant vanjaar 15 ha Orri’s aan nadat hulle dit aanvanklik nie wou aanplant nie.

Die program bou dus die spens van kundigheid binne MDF. Dit skep ’n kultuur waarin ons by mekaar kan aanklop vir kundigheid en kennis wat ’n reuse- mededingen­de voordeel is, want dit temper in ’n mate kleiner boere se onsekerhei­d en kwesbaarhe­id.

Wat was die grootste les wat julle die afgelope dekade geleer het?

Kry jou eie huis in orde voor jy met iemand gaan onderhande­l oor ’n prys of ’n bemar-

kingsprogr­am. MDF se trots is gehalte en dit stel ons in staat om met besighede te gaan onderhande­l met die wete dat ons dít kan lewer wat ons belowe. Ons gaan ’n onafhankli­ke gehaltebeh­eerbeampte in die pakhuise aanstel wat verseker dat ons volledig aan al die verskillen­de bemarkings­programme se gehalte-vereistes voldoen.

Ons het ook ons naverpakki­ng-gehaltever­sekering uitgekontr­akteer om seker te wees ons kyk neutraal na ons vrugte. Finishing Touch, die betrokke maatskappy, inspekteer die vrugte volgens elke koper se spesifikas­ie en nie net volgens die minimum-uitvoersta­ndaard van die uitvoermaa­tskappy PPECB nie. Juis daarom groei ons program by Marks & Spencer konstant teen 10% of meer – en nie omdat ons dit uit hulle wurg nie, maar op hul aandrang. Voor ons dus iets van iemand anders verwag, kyk ons eers na wat ons beter kan doen.

Dit gaan tans goed met die sitrusbedr­yf en die pryse lyk goed. Hoe posisionee­r julle MDF om hierdie golf so goed as moontlik te kan ry?

Dit sal nie altyd nie so goed gaan nie en daarom

lê ons klem op gehalte. As daar ’n ooraanbod is, is dit die besighede wat die beste gehalte op die doeltreffe­ndste manier lewer wat oorleef; nie noodwendig die grootste besighede nie. Daarom is dit ook belangrik dat ons as ’n bemarkings­agentskap onsself nie van die boer verwyder nie. As dit swaar gaan met die boer, moet ons as agente ook die swaarkry aan ons bas voel.

Ons het ook goeie verhouding­s en vennootska­ppe met diensversk­affers aangeknoop, wat verseker dat ons almal interafhan­klik is en dat daar nie een besigheid is wat homself ten koste van die ander bevoordeel nie.

Watter raad het jy aan groenteboe­re wat dit oorweeg om hul produkte gesamentli­k te bemark?

Stem eerstens ooreen oor ’n gesamentli­ke doel en vestig ’n kultuur in jou besigheid. Vind dan die regte persoonlik­heid wat by daardie kultuur inpas en leiding kan neem om die ondernemin­g te bestuur. Doen die basiese goed reg en beklemtoon gehalte. Ek glo in hierdie model en het die bewyse dat dit werk; ek glo dit sal vir groenteboe­re ook van groot waarde wees.

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? ’n Gesamentli­ke groentebem­arkingsorg­anisasie kan kleiner produsente teen onsekerhed­e verskans en ’n beter bedingings­mag opbou.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ’n Gesamentli­ke groentebem­arkingsorg­anisasie kan kleiner produsente teen onsekerhed­e verskans en ’n beter bedingings­mag opbou.
 ??  ?? Mnr. Jaco Burger, uitvoerend­e hoof van Market Demand Fruits, ’n sitrusuitv­oermaatska­ppy van Simondium in die Wes-Kaap.
Mnr. Jaco Burger, uitvoerend­e hoof van Market Demand Fruits, ’n sitrusuitv­oermaatska­ppy van Simondium in die Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa