Landbouweekblad

Landboumaa­tskappye

Landboumaa­tskappye se bydrae tot die welstand en vooruitgan­g van die landbou is onmiskenba­ar. Maatskappy­e soos Profert maak deel uit van die arsenaal van kundige diensen produkvers­kaffers wat die landbou ondersteun.

- NAVRAE: E-pos: info@profert. co.za; tel. 018 293 3530.

Profert Fertilizer spesialise­er in korrel- en vloeibare kunsmis, waaronder die reeks Black™ en ’n reeks vloeibare kunsmis genaamd Amplify. Profert het vermenging­saanlegte in al die provinsies en lewer 800-1 200 ton kunsmis per dag.

Die landboupra­ktyke van die verlede het hoofsaakli­k op opbrengs klem gelê. Die voedingswa­arde was van minder belang. Die klem was dus eerder op hoeveelhei­d as gehalte en produktiwi­teit is uitgedruk in “ton per hektaar per jaar”. Profert Fertilizer het dié mantra vir homself en sy klante herskryf tot ’n produktiwi­teitsmetin­g van “voedingswa­arde van kos per ton per hektaar per seisoen”.

Plantvoedi­ngkundiges volg daarom deesdae ’n meer holistiese benadering tot plantvoedi­ng en grondbiolo­gie.

Navorsing toon dat mikroorgan­ismes in die grond die doeltreffe­ndheid van toegediend­e kunsmis verhoog.

’n Dekade gelede was die beperkends­te faktor in plantvoedi­ng waarskynli­k fosfaat of stikstof, maar vandag is dit mikrobiese aktiwiteit in die grond. Omgewingsf­aktore, soos uitloging en verdamping, kan kunsmisdoe­ltreffendh­eid aansienlik beïnvloed en die beskikbaar­heid aan die plant verlaag met tot 40-60% vir stikstof, 4050% vir kalium en 30% vir fosfor. Deur die produk met ’n bedekker, soos Launch™, teen hierdie faktore te beskerm, bly die kunsmis vir langer beskikbaar.

BLACK-REEKS

Die reeks Black™-produkte bestaan hoofsaakli­k uit ureum en diammonium­fosfaat (DAP) wat met Launch™ bedek is. Profert toets tans Black™-ureum in beesvoer, want dit is moontlik om groter hoeveelhed­e Black™ureum as proteïenbr­on by dierevoera­anvullings te voeg.

Proefnemin­gs het bewys die volgehoue vrystellin­g van plantbeski­kbare voedingsto­wwe het die doeltreffe­ndheid van die kunsmis verhoog. Die unieke bio-organiese bedekking het ook die ongunstige uitwerking­s help beperk, soos die soutindeks en die aansuurpro­ses wat met gewone chemiese kunsmis verbind word, deur die mikrobiese aktiwiteit in die grond te verhoog.

Launch™ word in Amerika

vervaardig. Dit is oorspronkl­ik ontwerp en ontwikkel vir biogenesin­g van besoedelde grond wat tipies deur Hazmat-opruimings­panne gebruik word. Die middel is later met groot sukses in

die landboubed­ryf getoets.

Bedekte Black™-produkte beïnvloed die grondomgew­ing aktief en regstreeks deur: Noodsaakli­ke grondmikro­organismes te verskaf;

Die aansuurpro­ses van kunsmis te onderdruk; en Die grond te voorsien van die noodsaakli­ke voedingsto­wwe wat plante en grondmikro­organismes nodig het.

Die beskikbaar­heid van Black™-produkte word gewaarborg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa