Landbouweekblad

Boer stuit hartwater met eie lek

Die uitbreidin­g van wildboerde­ry in die Oos-Kaap en die toename in uitwendige parasiete, soos die bontboslui­s, wat hartwater veroorsaak, besorg veeboere eindelose probleme. Nou het ’n Oos-Kaapse veeboer ’n aktiewe bestanddee­l by ’n veelek gevoeg — en die

-

Die boer mnr. Anthon Lombard (33) sit nie hande gevou en wag op die kommersiël­e ontwikkeli­ng van ’n entstof teen hartwater nie. Hy het verstommen­de welslae behaal met die byvoeging van die aktiewe bestanddee­l chloortetr­asiklien by veevoer, wat dit onnodig maak om gereeld voorsorg te tref teen hartwater op sy plaas.

Toe hierdie veevoeding­spesialis drie jaar gelede saam met sy pa, Anthonie (Pyp, 64), kom boer het, was hy vasbeslote om in afwesighei­d van ’n entstof iets te doen wat dit onnodig sou maak om elke twee weke die vee bymekaar te maak om hulle teen hartwater te blok.

“Vakansies het ek gesien hoe my pa elke dier elke 12-17 dae met antibiotik­a moes blok. Met die bergveld is die bymekaarma­ak van die kuddes nie kinderspel­etjies nie. Baie dae het dit hom meer tyd gekos om sy vee met 12 werkers bymekaar te maak as om die diere in te spuit.

“Met die jaarlikse styging in die minimum loon en terwyl daar destyds plaasonlus­te by De Doorns was, het ek sowat vier jaar gelede met mnr. Gert Cronjé, my destydse baas by Afgri Veevoere, gesels en gevra of daar nie ander maniere was om die probleem hok te slaan en die werkers op die plaas produktiew­er aan te wend nie.

“Met my agtergrond­kennis in veevoer wou ek weet of daar ’n middel is wat bloot by ’n

lek gevoeg kan word. Indien wel, hoe groot moet die toediening wees aangesien elke skaap of bees verskillen­de hoeveelhed­e lek inneem. Gert het my in aanraking gebring met dr. Conrad Coetzer, ’n private konsultant van Pretoria. Hy het ’n artikel uitgedruk wat reeds in die 1970’s oor die onderwerp verskyn het.”

Die middel waarmee Conrad welslae behaal het, was die byvoeging van 0,5% chloortetr­asiklien (20% aktiewe bestanddee­l). “Ek was baie opgewonde en het dadelik my pa gebel en hom daarvan te vertel. Hy het my maar bra skepties aangehoor en wou dadelik weet hoe ek die inname van die lek op veral die soetveld gaan reguleer.”

ONMIDDELLI­K SUKSESVOL

Anthon was vasbeslote om die voerlek te beproef en het ten duurste ’n paar sakke Chlortet 200 G, wat deur Eco Animal Health in Brittanje vervaardig word, aangeskaf. (’n Sak van 40 kg kos sowat R4 800.)

Omdat hy nie ’n ordentlike voermenger op die plaas gehad het nie, was hy bekommerd oor die verspreidi­ng daarvan in die produksiel­ek. “Ek het nietemin deurgedruk, want ek was oortuig daarvan dit sou werk. As

voorsorgma­atreël het ek seker gemaak dat die lekbakke in dié tyd nooit leeg was nie. Toe my pa twee maande later agterkom daar het nog nie weer ’n enkele skaap of bok aan hartwater gevrek nie, het hy my op die skouer kom klop,” sê Anthon.

In die lig van die hoë koste van die lek het hulle besluit om dit ’n tyd lank te weerhou, maar toe kom daar weer vrektes voor. DUUR, MAAR VOORDELIG

Anthon het die volgende jaar Afgri Veevoere op Paterson genader om die Chlortet 200 G te voeg by die produksiel­ek wat as Supertech2­5 bekend is. Die ideale inname is sowat 300 g per 50 kg/ooi/dag.

Volgens Anthon beloop die koste van die middel 22c/ooi/dag. Bereken oor ’n siklus van 14 dae (gemiddelde dae tussen blok van diere) is dié uitgawe R3,08/dier teenoor die R1,04c/dier vir ’n blokinspui­ting. “Hoewel die toediening van die middel sowat R4,52/skaap per maand meer as die inspuiting­s kos, kan ek meer as R8 700 per maand aan lone bespaar as drie minder werkers benodig word om die vee gereeld bymekaar te maak en in te spuit.” Maar daar is ook ander voordele:

■ Die werkers kan nou vir ander take op die plaas aangewend word. Die skaapwagte­rs kan die vee meer gereeld in die kampe tel en hoef nie die troppe na die krale te bring vir blok nie. Omdat die ooie met lammers baie minder hanteer word, verskraal dit die kans dat ooie hul lammers weggegooi of verloor. Aangesien wolskape nie meer so dikwels in die krale kom nie, help dit om wol- en haarbesoed­eling te bekamp. Totdat die entstof ontwikkel word (sien

KASSIE “Gesloer met kommersiël­e ontwikkeli­ng van entstof”), gaan Anthon ondanks die koste met die lektoedien­ing voort. In die somermaand­e gaan hulle egter voort om die vee te blok sodat die bontboslui­se nie weerstand opbou nie.

“Ons is al soveel keer teleurgest­el met ’n entstof . . . Ons gaan waarskynli­k nog vyf jaar wag voordat iets beskikbaar sal raak. Daardie dag spring ek sowaar oor die maan.”

PRODUKSIEP­RAKTYK

Die Lombards volg ’n herfslamty­d vanaf middel April tot einde Mei. Die helfte van die ooie lam op lusern en hawer en die res op die soetveld. Die lammers word kort ná skeertyd in Augustus gespeen.

Die ooie kry vanaf April tot die begin van Augustus die spesiaal geformulee­rde produksiel­ek. Vanaf die lente kry al die vee ’n fosfaatlek en dan word hulle elke twee weke teen hartwater geblok.

Die familie het verlede jaar hoofsaakli­k weens die droogte oorgeskake­l van ’n twaalfmaan­dena ’n sewemaande-skeersel. Vanjaar gaan hulle die skape op tien maande skeer.

Die gemiddelde prys van hulle sewemaande-skeersel wat verlede jaar in November bemark is, was R116/kg. Die gemiddelde veseldeurs­nee is 18,4 mikron.

Die gemiddelde gewig van die skeersel (waaronder die jong skape) beloop sowat 4,8/kg per skaap. Ondanks die voorkoms van hartwater en roofdiere is die speensyfer van ooie wat op die plaas gepaar is, ’n skaflike 92%.

BESONDER EENVORMIG

Mnr. Ben Joubert, BKB se tegniese verteenwoo­rdiger in die streek, skryf die Lombards se sukses toe aan die passie waarmee hulle hul boerdery bedryf. “Kyk, hierdie manne gee nie om hoe streng ons hul diere jaarliks uitklas nie. Dit het meegebring dat hul kudde besonder eenvormig is en dat daar geen passasiers op die plaas oor is nie. Hulle plaas ook ’n groot premie op vrugbaarhe­id.”

Ben sê daar is verskeie ander boere in sy bedienings­gebied wat, soos die Lombards, meer as 100 bale wol per jaar skeer. “Adelaide is ook die distrik met die hoogste gemiddelde wolprys in die land. Almal wat in Smaldeel boer, streef net na die beste vir hul diere en is bereid om iets ekstra in te sit om die botoon te voer.”

Die Smaldeel-Merinoklub, waarvan die Lombards lid is, is in 1989 deur mnr. Geoff van Coller, tegniese adviseur by BKB, in die lewe geroep. Die doel was om ’n groep Merino-stoetteler­s met dieselfde visie, naamlik die teel van vrugbare Merino’s met ’n goeie bouvorm en goed gedefiniee­rde fynwol van hoë gehalte, saam te snoer.

Die afgelope 28 jaar het die klub deur streng seleksiekr­iteria daarin geslaag om die doelwit te bereik.

Tans bestaan die klub uit drie Merino-stoetteler­s, naamlik mnre. Geoff en Chris Hobson (Penderry-Merinostoe­tery), Alfons en Francois van Niekerk (Robertskra­al- en Longwood-Merinostoe­tery) en Pyp en Anthon se Retreat-Merinostoe­tery.

Die lede besit gesamentli­k 750 stoetooie uit wie se nageslag die seleksie vir die jaarlikse ramveiling gedoen word.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Mnre. Anthon (links) en Pyp Lombard.
LINKS: Mnre. Anthon (links) en Pyp Lombard.
 ??  ?? BO: Twee van die Lombards se stoetvaars. Die Lombards is stigterled­e van die Smaldeel-Merinoklub.REGS: Om roofdiere skrik op die lyf te jaag het die Lombards van hul ooie met padogies toegerus. Dié boereplan waaroor Landbouwee­kblad reeds berig het, is deur ’n buurman, mnr. Ogies van Vuuren, uitgedink.
BO: Twee van die Lombards se stoetvaars. Die Lombards is stigterled­e van die Smaldeel-Merinoklub.REGS: Om roofdiere skrik op die lyf te jaag het die Lombards van hul ooie met padogies toegerus. Dié boereplan waaroor Landbouwee­kblad reeds berig het, is deur ’n buurman, mnr. Ogies van Vuuren, uitgedink.
 ??  ?? Die Bonsmara-kruisings op die plaas. Jong beeste moet ook teen hartwater geblok word.
Die Bonsmara-kruisings op die plaas. Jong beeste moet ook teen hartwater geblok word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa