Landbouweekblad

Die onafhankli­ke trustee

- JOYLENE VAN WYK

AS die wysigingsw­etsontwerp op drankprodu­kte verander word om die gebruik van sorghum vir die produksie van bier in te sluit, sal dit ’n nuwe plaaslike mark vir dié kommoditei­t skep.

Só sê Graan SA in sy voorleggin­g aan die Parlement oor die voorgestel­de wysigings aan die Wet op Drankprodu­kte (Wet 60 van 1989), wat die produksie en verkoop van alkoholpro­dukte beheer.

Die Drankwet (Wet 27 van 1989) bevat byvoorbeel­d nie ’n definisie vir bier, tradisione­le Afrikabier en ander gefermente­erde drankies nie. Dié wysigingsw­etsontwerp (B10-2016) moet dié tekortkomi­ng regstel.

In sy huidige vorm bepaal die wysigingsw­etsontwerp dat minstens 35% van die gisbare aftreksel van die mout waarmee bier gemaak word, van moutgars of -koring moet kom. Dit beperk dus die gebruik van graansorgh­um in bierproduk­sie. Die wysigingsw­etsontwerp maak slegs voorsienin­g vir die gebruik van sorghum in die maak van tradisione­le Afrikabier.

Dié beperking maak dit dus moeilik om sorghum as ’n plaasverva­nger vir gars of koring, wat dien as ’n styselbasi­s vir bier, in die produksiep­roses te gebruik.

GLUTENVRYE MARK

Volgens dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekono­mie en -bemarking by Graan SA, is graansorgh­um vir die brou van alkoholies­e drankies veral wenslik in die lig van ’n groeiende mark vir glutenvrye bier en ander glutenvrye produkte. Graansorgh­um word wêreldwyd gebruik om spirituali­eë van hoë gehalte, veral whiskey, te maak.

Hy voer aan deur graansorgh­um uit te sluit, kan hierdie nuwe markte nie ontsluit word nie. Dit sal ook ’n versperrin­g bied vir die toetreding van landbouver­werking in die land.

Volgens Graan SA is daar hoegenaamd geen rede waarom sorghum uitgesluit moet word in die verwerking­sproses en as grondstof vir spirituali­eë en die brou van bier nie. “Die wysiging van die wet kan help om nuwe plaaslike markte en geleenthed­e vir landbouver­werking, werkskeppi­ng en ’n meer stabiele voedselpry­somgewing te skep.”

TERUG NA PARLEMENT

Me. Apiwe Nxusani-Mawela,

stigter van Brewster’s Craft, ’n ondernemin­g wat onder meer brouers oplei, meen daarteenoo­r die gisbare aftreksel van die mout moet van 35% tot 50% verhoog word om te voorkom dat hoë konsentras­ies vloeibare suiker gebruik word om die gistingspr­oses te versnel.

Sy stem saam met Graan SA dat die grane wat in die brou van bier gebruik word, nie net tot gars en koring beperk moet word nie omdat sommige bier met gemoute sorghum, giersgras, rog en selfs rys gemaak word. Party Afrikaland­e gebruik selfs kassawe om bier te maak.

“SABMiller en mikrobroue­rye in ander lande op die vasteland het bewys dat dit moontlik is om helder bier te brou deur ander grane as gemoute gars te gebruik.”

Nxusani-Mawela stel ook voor dat die maksimum alkoholinh­oud vir bier op 10% gestel word.

Die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye moet nou beraadslaa­g of enige veranderin­ge aan die wetsontwer­p gemaak gaan word.

 ?? FOTO: ARGIEF ?? Graan SA wil hê sorghum moet in bierproduk­sie toe gelaat word sodat ’n nuwe mark vir dié produk geskep kan word.
FOTO: ARGIEF Graan SA wil hê sorghum moet in bierproduk­sie toe gelaat word sodat ’n nuwe mark vir dié produk geskep kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa