Landbouweekblad

Oes op mespunt

- — NICO VAN BURICK

MET slim planne en baie ywer het Suid-Afrika se graanhante­erders verseker dat daar geen krisis ontstaan het met die opberging van die land se rekord-somergraan­oes nie, sê mnr. Jacob de Villiers, voorsitter van Agbiz Grain en ook besturende direkteur van Afgri se graanafdel­ing.

Hy sê die ergste is nou verby. “Afgri het met sy innames in ’n stadium ’n hoogtepunt van 86 000 ton per dag ingeneem en staan nou op sowat 8 000 ton per dag. As ek moet raai, het Senwes waarskynli­k ’n hoogtepunt van tot 70 000 ton per dag ingeneem en is hy nou by sowat 20 000 ton. Dit is bestuurbaa­r.”

Hy sê van die vernuwende planne wat silo-eienaars gemaak het, was om bykomende opbergings­vermoë te skep en selfs om graan oornag te verskuif van silo’s wat vol was, na silo’s wat nog ruimte gehad het.

VEILIGE BEWARING

“Ek weet verskeie silo-eienaars, soos VKB by Reitz in die Vrystaat, het bykomende bunkers gebou. Ons het self ook bykomende, tydelike vermoë geskep vir opberging op sommige plekke.

“Afgri se vermoë vir opberging is 4,8 miljoen ton en het in ’n stadium 3,6 miljoen ton opgeberg. Die graan word nie noodwendig gelewer by die plekke waar jy nog beskikbare vermoë het nie.”

De Villiers sê die belangriks­te is nou om die voorraad veilig te bewaar tot dit verbruik of uitgevoer kan word. “Suid-Afrika se graanhante­erders het ’n goeie geskiedeni­s van opberging. As ’n mens kyk na langer tydperke waar ons dalk met ’n groot oordragvoo­rraad in die nuwe seisoen gaan sit, sal daar nuwe haakplekke wees. ’n Mens sal graan van die nuwe seisoen moet ontvang, terwyl jy nog met voorraad van die ou seisoen sit.”

Hy sê die totale opbergings­vermoë is nie ’n probleem nie. “Suid-Afrika het meer as genoeg opbergings­geriewe. Net ten opsigte van silostrukt­ure is dit in die omgewing van 18 miljoen ton se opbergings­vermoë. Dan verwys ek nie eens na alternatie­we strukture nie.”

NÓG ’N SURPLUS?

“As ons dieselfde grootte oes die volgende seisoen saam met ’n groot oordragvoo­rraad moet hanteer, sal dit nuwe probleme skep. Maar ons sal nie kla daaroor nie en ’n plan beraam. Ons verdien ons brood en botter daarmee.”

Intussen is 993 840 ton van Suid-Afrika se surplus van meer as 4 miljoen ton al sedert die begin van die bemarkings­jaar in Mei uitgevoer.

Die uitvoer het volgens die SA Graaninlig­tingsdiens (Sagis) ’n goeie hupstoot gekry in die week wat 11 Mei geëindig het. Altesaam 111 287 ton mielies (waarvan meer as 90% geel) is in dié week uitgevoer teenoor die vorige week se net meer as 48 000 ton.

‘Die graan word nie noodwendig gelewer by die plekke waar jy nog beskikbare vermoë het nie.’

 ?? FOTO: VANDRÉ FOURIE ?? ’n Mieliebunk­er by VKB se silo’s by Reitz vroeër vanjaar.
FOTO: VANDRÉ FOURIE ’n Mieliebunk­er by VKB se silo’s by Reitz vroeër vanjaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa