Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

-

HUGENOOT Telers van die Hugenootra­s is hoogs tevrede dat hul klein ras wél sy man in die beesbedryf kan staan. Me. Franci-Marie van Heerden van die Witrots-Hugenote op die plaas Kliprivier, Alma, sê dié beeste het die botoon gevoer op die onlangse bulveiling op Ermelo waartydens 320 diere van alle beesrasse onder die hamer gekom het. ’n Lot van agt bulle van mnr. Fanus de Bruyn van die Anbru-Hugenote by Gravelotte het die hoogste gemiddelde prys van R56 000 stuk behaal.

Op Hugenoot SA se veiling in April wat deur Vleissentr­aal op Bela-Bela aangebied is, het dragtige koeie sowat R15 000 stuk behaal en ou koeie met kalwers sowat R14 000 stuk.

Van Heerden sê die genootskap het noodgedwon­ge die toegewing gemaak om ou diere op te veil weens die tekort aan vroulike diere in die mark. “Dit is beter om nuwe telers met die goue oues te laat wegspring as wat daar geen vroulike diere op die veiling is nie,” sê sy. Daar was ook min jong verse op die veiling. Altesaam agt bulle is aangebied en teen gemiddeld R45 000 stuk verkoop, terwyl jong bulle gemiddeld R22 000 stuk behaal het.

Van Heerden sê twee telers van die ras het nie die nagevolge van die droogte vrygesprin­g nie en moes die handdoek ingooi en ál hul diere verkoop.

Hugenoot SA het tans sowat 33 lede wat oor Suid-Afrika heen versprei is. — JOHAN NORVA L

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa