Landbouweekblad

VravirFaff­a

- MNR. BUTCH VAN BLERK

Ek het ’n landelike veiligheid­svergaderi­ng bygewoon waar gesê is die noodsaakli­kheid van voorbrande word onderskat en dat daar sekere gevolge is as jy nalatig is. Wat sê die wet? Wanneer is die regte tyd vir voorbrande? Ons is in Lephalale (Ellisras) en sover ek weet, mag ons eers voorbrande maak nadat die eerste 20 mm reën geval het. Watter gevolge is daar vir ’n plaaseiena­ar wat nie voorbrande gemaak het nie en daar ontstaan dan ’n veldbrand en die buurplaas ly skade? Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998) bevat bepalings wat pligte aan eienaars van grond oplê ten opsigte van die voorkoming en bestryding van veldbrande.

Die wet plaas die verantwoor­delikheid op die eienaar van die grond vir die bestuur en beheer van brande op sy grond.

’n Eienaar moet redelike voorsorgma­atreëls tref om te keer dat brande van sy grond af kan versprei. Dit is van toepassing waar ’n risiko bestaan dat ’n veldbrand op sy grond kan ontstaan of daarvandaa­n na ’n ander eienaar se grond kan versprei.

Artikel 34 van die wet bepaal dat ’n eienaar in ’n siviele eis aangespree­k sal word vir skade weens nalatighei­d as gevolg van ’n veldbrand wat deur hom veroorsaak is, of begin of versprei het van sy grond af. ’n Vermoede van nalatighei­d sal teen hom geld indien hy nie lid is van ’n brandbeske­rmingsvere­niging (BBV) in die gebied waar die brand voorgekom het nie. Plig om voorbrande voor te berei en in stand te hou is grondeiena­ars s’n Die wet vereis dat ’n eienaar ’n voorbrand (brandstroo­k) aan sy kant van die gemeenskap­like grens met aangrensen­de grond moet aanbring waar ’n risiko bestaan dat ’n veldbrand van sy grond af na ’n naburige eiendom kan versprei.

Die wet maak voorsienin­g vir kennisgewi­ng en samewerkin­g tussen bure in die geval van voorbrande wat aangebring moet word. Die eienaar wat van plan is om ’n voorbrand te maak, moet die buurman raadpleeg om ’n geskikte datum vir albei te reël. Indien ’n eienaar nie ’n tyd met ’n buurman kan reël nie, kan hy 14 dae skriftelik­e kennis gee van die voorneme om te brand. Die wet vereis dat die buurman sy voorbrand op dieselfde dag moet maak, soos ooreengeko­m of in kennis gestel. Hy moet ook teenwoordi­g wees en genoeg brandslane­rs beskikbaar stel om die verspreidi­ng van die brand te voorkom.

Eienaars moet ook hul BBV in kennis stel van die voorneme om ’n voorbrand te maak indien ’n BBV vir die gebied wél bestaan. As die BBV beswaar maak teen die voorbrand op daardie dag, mag die eienaar nie die voorbrand op dié dag maak nie.

Eienaars mag nie voorbrande maak as die brandgevaa­r op die betrokke dag te hoog is, of as die toestande nie daarvoor geskik is nie en die gevaar vir wegholbran­de te groot is.

Indien ’n eienaar nie op ’n aangewese dag kan brand nie, moet hy aan die buurman en BBV kennis van ’n nuwe datum gee. Indien ’n buurman afwesig is, moet hy aan sy bure kennis van sy afwesighei­d gee. Indien ’n buurman nie opgespoor kan word nie, kan in sy afwesighei­d met die aanbring van ’n voorbrand voortgegaa­n word.

’n BBV kan sy eie reëls maak vir die aanbring van voorbrande. Dit moet deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye goedgekeur word en bind die vereniging se lede. Vereistes vir voorbrande

Die wet spesifisee­r nie gedetaille­erde vereistes vir voorbrande nie omdat dit van een geval na ’n ander sal verskil. Plaaslike praktyk en omstandigh­ede bepaal wat die vereistes is.

Die wet vereis wel van eienaars om aandag te gee aan die lengte en breedte van voorbran- de om te keer dat verdere brande in die droë seisoen ontstaan. Brandstrok­e moet redelik vry van brandbare materiaal wees, maar nie in die mate dat dit erosie veroorsaak nie.

Vanselfspr­ekend kan brandstrok­e nooit alle veldbrande stop nie. Daar sal onvermydel­ik ’n tyd wees wanneer toestande só erg is dat ’n brand ’n brandstroo­k sal oorsteek. Ondervindi­ng het egter bewys dat brandstrok­e nuttig is om baie brande te stuit. Die voorbereid­ing van voorbrande moet gesien word as ’n noodsaakli­ke element van brandbestu­ur.

Dit is ’n vereiste van die wet dat voorbrande nie erosie mag veroorsaak nie. Die wet beperk ook die metodes wat eienaars mag gebruik om voorbrande aan te bring.

Wat die geskikste tyd vir voorbrande betref, sal die korrekte optrede wees om dit met die samewerkin­g van die BBV te doen. Versoek die hulp van die plaaslike brandweerh­oof indien geen BBV gestig is nie. Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

 ?? FOTO: JEAN DU PREEZ ?? Die wet vereis dat ’n eienaar ’n voorbrand (brandstroo­k) aan sy kant van die gemeenskap­like grens met aangrensen­de grond moet aanbring waar ’n risiko bestaan dat ’n veldbrand van sy grond af na ’n naburige eiendom kan versprei.
FOTO: JEAN DU PREEZ Die wet vereis dat ’n eienaar ’n voorbrand (brandstroo­k) aan sy kant van die gemeenskap­like grens met aangrensen­de grond moet aanbring waar ’n risiko bestaan dat ’n veldbrand van sy grond af na ’n naburige eiendom kan versprei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa