Landbouweekblad

Nuwighede

-

Die nuutste toevoeging tot Bosch se reeks hamerbore ontwikkel ’n impak-energie van 2,6 joules, wat 50% méér as die huidige, sterkste bore in dié klas is.

Die GBH 18V-26 Profession­al en GBH 18V-26 F Profession­al gebruik EC-motore, wat volgens mnr. Campbell Mhodi, senior handelsmer­kbestuurde­r, hoogs doeltreffe­nd en heeltemal onderhouds­vry is. Die nuwe bore het ’n ingeboude veiligheid­smaatreël, KickBack Control, wat die boor afskakel as die boorpunt byvoorbeel­d in gewapendeb­eton vassit. Dit voorkom dat die boor skielik terugskop en beserings veroorsaak.

Dit het ook presisiebe­heer, Electronic Precision Control (EPC), wat die maksimum krag tot 70% beperk wanneer deur delikate materiaal, soos vloer- en muurteëls, geboor word. Dit voorkom dat die boorpunt op die gladde oppervlak gly wanneer die boorwerk begin.

Bosch het verder die boor se vorm verander en die L-vorm keer dat die gebruiker gou moeg word. Dit absorbeer ook ’n deel van die vibrasie.

’n Bykomstigh­eid om stof te verwyder terwyl die boor gebruik word, is ’n apparaat wat aan die boor gekoppel word. Dit skakel aan wanneer die boorwerk begin en hou vir twee sekondes aan nadat die boor afgeskakel is om die laaste bietjie stof te absorbeer.

Die boor werk met ’n herlaaibar­e battery wat binne slegs 50 minute vol laai, 30% vinniger as die vorige model. Prys: Die bore sal van September af beskikbaar wees. Die basiese boor behoort ongeveer R5 360 te kos en die boor mét bybehore sowat R12 000. NAVRAE: Bosch, tel. 011 651 9689.

 ??  ?? TOERUSTING Van R5 360 tot R12 000
TOERUSTING Van R5 360 tot R12 000

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa