Landbouweekblad

BELASTING OF DIEFSTAL?

- — CHRIS BURGESS

Dit kom al geruime tyd aan. Die gesukkel met die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID). Ek sal weet. Ek moes ses jaar wag en meer as honderd onthutste oproepe maak voor ’n inkomstebe­lastingvoo­rdeel wat my ooglopend moes toekom, uiteindeli­k terugbetaa­l is (’n paar duisend rand was egter nog kort).

Persoonlik verontreg was dit vir my die eerste aanduiding dat alles nie heeltemal pluis is by die SAID nie.

Vir boere is die verregaand­e gesukkel met BTW-terugbetal­ings nou al geruime tyd aan die gang. Toe ons die storie anderdag weer aanroer, is ons vermoedens met die eerste twee oproepe bevestig.

Vir Johan Blomerus, ’n mielieboer van die plaas Wonderfont­ein by Kroonstad, is sy BTW- en dieselraba­t-eise ’n “nagmerrie” (bl. 25).

Seugnet Engelbrech­t, ’n lusernboer en vervoerkon­trakteur van Brits, sukkel al sedert einde Februarie om haar BTW-terugbetal­ings te kry en het nou ’n amptelike dispuut met die SAID verklaar.

Wat ter sprake is, is die kontantvlo­ei van ondernemin­gs wat mense in diens neem in ’n land waar 7,5 miljoen mense van 18 tot 35 jaar oud werkloos is. En dít ondanks ’n resessie en arbeidswet­gewing wat enige aanstellin­g ’n waagstuk maak.

Dit maak ’n mens bitter kwaad. Soos die dag toe Tom Moyane, kommissari­s van die SAID, se lyfwagte die hardwerken­de, slim Vlok Symington in ’n raadsaal vaskeer en dié senior SAID-bestuurder probeer intimideer. Vlok het heldhaftig vasgeskop en video’s die hele wêreld vol gestuur, maar uiteindeli­k het ’n hele klomp kundige mense die SAID ná hierdie onsmaaklik­heid verlaat.

Intussen stop die SAID stilletjie­s allerhande gate toe — asof ’n private burger nie die reg het om welvaart op te bou nie. Daar is sy voortduren­de aanslag op familietru­sts en die onlangse verstellin­g dat tot 41% belasting (dit was altyd net 15%) nou gehef kan word op sekere dividende wat aandele-aansporing­skemas uitbetaal. Dít ondanks armes wat gelukkig genoeg is om deur bemagtigin­gspogings aan sulke skemas te behoort en nou ook onnodig gelooi word.

Die SAID verkies dat dié swaarverdi­ende geld eerder oorhandig word aan ’n staat wat dit met asemrowend­e onverskill­igheid verkwis. Soos die sowat R100 miljard wat Pravin Gordhan beweer Suid-Afrika reeds verlaat het. Dit is R100 000 000 000 wat effektief gesteel is van mense soos Johan Blomerus en Seugnet Engelbrech­t.

Dié stropery skeel die SAID egter min. Sandile Memela, woordvoerd­er, probeer heel vroom paai: “Die omstandigh­ede van elke saak en die tydperk vir die terugbetal­ings moet in ag geneem word.”

Onsin! Hou op om ons vir die gek te hou. Besighede word gewurg deur ’n vuisvoos ekonomie wat regstreeks verband hou met ons uiters swak politici, en nou moet hulle nog SAID-houe ook trotseer.

Genadiglik is daar in Suid-Afrika altyd ’n ligpunt. Soos die storie van Kosie van Zyl, ’n boer van Kinross. Verlede week is hy in Witbank by ’n verkeersli­g deur ’n man met ’n Okapimes van sy selfoon “verlig”. Toe hy sy vrou later van iemand anders se selfoon bel, laat weet sy hy kan sy foon by die plaaslike taxistaanp­lek gaan haal.

Blykbaar het die insittende­s van ’n taxi die roof gesien, die selfoondie­f aangekeer, hom goed pak slae gegee en toe Kosie se vrou gebel. By die taxistaanp­lek is Kosie deur ’n juigende skare ingewag. Sy foon is oorhandig en daar is toe, in daardie unieke SuidAfrika­anse tradisie, vir ’n ou koeldranki­e gevra. Kosie het toe maar R400 getrek. ’n Informele belasting, maar ten minste kry jy iets in ruil daarvoor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa