Landbouweekblad

‘PRIVATE GELD IS DIE TOEKOMS’

- THOMAS skryf: Dawie weet beslis waarvan hy praat. Luister maar na hom en volg sy raad.

“Koop vir jou bitcoins vir R100, speel daarmee en leer dit verstaan. Kry ’n beleggings­raadgewer wat jou kan help om die grootste deel van jou portefeulj­e in die buiteland te belê, want daar is groot probleme in Suid-Afrika,” het mnr. Dawie Roodt op ’n boeredag buite Riversdal gesê.

ROB MOEN skryf uit Nederland: Dit was interessan­t om te lees hoe daar tussen skape op ’n plaas oor kriptogeld (cryptocurr­ency) gepraat is. Ek stem saam. Dit is ’n goeie ontwikkeli­ng, maar ook iets waarvoor mense bang kan wees.

Waarom is dit interessan­t? Sê nou jy wil R1 000 oorplaas na die bankrekeni­ng van jou oom wat in Londen bly. Jy gaan Absa toe en betaal baie transaksie­koste. Tien dae later kry jy ’n e-pos van jou oom wat sê: Dankie, ek het die geld gekry, maar ongelukkig moes ek ook bankkoste betaal. Jy het die e-pos binne 20 sekondes vanaf die versending daarvan gekry. En niemand het daarvoor betaal nie (behalwe die geld wat jy aan jou internetdi­ensverskaf­fer betaal).

Só werk dit met kriptogeld. Sê nou wil jy 0,1 bitcoin (1 bitcoin is baie) aan jou oom betaal. Jy neem jou selfoon, tik jou oom se adres in en druk “stuur”. En minute later sê jou oom dankie, hy het dit gekry, sonder enige transaksie­koste. Vinnig, veilig en niemand weet daarvan nie. Ook nie die belastingi­nspekteur nie.

Bitcoin is die moeder van kriptogeld. Baie mense sien kriptogeld in ’n swak lig, want bitcoin is die “geldeenhei­d” wat deur misdadiger­s en kuberkrake­rs gebruik word.

Dit is tog interessan­t om te spekuleer en ’n bietjie geld te probeer maak. Dawie Roodt praat van “speel met honderd rand”. Dit is ‘n bietjie min.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa