Landbouweekblad

BRANDSTOFP­RYS: SLEGTE NUUS VIR DIE LANDBOU

- — NICO VAN BURICK

Vandeesmaa­nd se brandstofp­rysverhogi­ngs van 19c/l vir diesel en 29c/l vir petrol is ongelukkig nie die einde van die slegte nuus nie – nóg ’n skerp styging is op pad.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê die middel van die maand se berekening­s toon dat ’n skerp styging van meer as 50c/l in die dieselprys op 6 September verwag kan word as gevolg van onderverha­ling. “Vir petrol kan ons ’n nóg groter styging van meer as 60 c/l verwag. Dit kan egter verander as die internasio­nale ruolieprys­e daal en die wisselkoer­s versterk. Die dollar én die rand is tans baie wisselvall­ig.”

Hy sê die beweging in die wisselkoer­s is tans verantwoor­delik vir gemiddeld 5c/l in die onderverha­ling. Die groot onderverha­ling is aan die produkprys­kant met van 50c/l tot 60c/l vir die verskillen­de produkte.

“Die verwagte skerp styging in brandstofp­ryse is uiteraard nie goeie nuus vir boere en verbruiker­s nie. Wat boerdery betref, is dit ’n maand vir betreklik lae verbruik, maar aan die vervoerkan­t is dit nie goed vir boere nie, veral vir die vervoer van mielies wat laat geoes is.

“Verder doen boere nou voorbereid­ing vir die nuwe planttyd in September/Oktober, wat weer maande is vir hoë dieselverb­ruik. Dieselkost­e is ’n groot inset in die landbou en vir elke styging van 1c/l beteken dit dat die sektor R10 miljoen op ’n jaargronds­lag meer aan diesel bestee. As die prys dus met 50c/l styg, sal die totale koste vir die bedryf toeneem met R500 miljoen in ’n jaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa