Landbouweekblad

Tree op soos drukgroepe

-

MANIE het aandagtig na Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, op Agri Noord-Kaap se kongres in Kimberley geluister.

Hy het gesê Suid-Afrikaanse boere kan nie bekostig om internasio­nale veranderin­ge te ignoreer nie. Nóg belangrike­r: Dat die verpolitis­ering van sleutel-aangeleent­hede op plaaslike vlak ’n gegewe is.

Lesers van Landbouwee­kblad behoort nou al te wéét dat iets soos water in die toekoms ’n groot politieke speelbal gaan word. Die tyd van oorvloedig­e watervoors­iening in Suid-Afrika is verby. Die droogte – veral in die Wes- en die Oos-Kaap – is maar net ’n aanduiding daarvan. Water is egter net een van die sake, soos grond en eiendomsre­g, wat toenemend verpolitis­eer word.

Boere moet volgens Johannes baie vinniger begin aanpas. Hy sê die grootste enkele aanpassing wat hulle sal moet maak, is om sterker te organiseer en soos ’n drukgroep op te tree.

Op internasio­nale vlak gaan aanpassing­s in handelsbel­eid nodig word weens die groter proteksion­isme wat tans in onder meer Amerikaans­e beleid ervaar word. Möller meen Suid-Afrika moet hom toenemend by die Kearns-groep van lande skaar. Die kerngroep van dié lande (Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië) geniet min regeringsb­eskerming. Suid-Afrika kan baie moeilik sonder internasio­nale handel klaarkom, het hy gesê.

Hy meen boere moet baie meer doen om hul bydrae tot die ekonomie en tot voedselsek­erheid onder die Regering se aandag bring.

JAG TEEN R20 000 PER SKOOT

Met die jagtyd wat nou eindig, sien Manie onlangs wat ’n goeie jaggeweer en teleskoop jou uit die sak kan jaag. As jy jouself wil bederf, kan jy maklik tot R30 000 vir ’n geweer betaal.

’n Teleskoop kan net soveel – of selfs meer – kos. Daar is verkykers teen R40 000 te koop en natuurlik al die ekstras. Om nie eens te praat nie van skietrakke en bakkie-bykomstigh­ede wat jou maklik ook R50 000 uit die sak kan jaag.

Daar is natuurlik ook gewere wat rondom R100 000 kos. ’n Vriend van Manie het homself op ’n gevorderde ouderdom met só een bederf. Dit het Manie ’n interessan­te som laat maak.

As jy so ’n geweer met ’n goeie teleskoop koop en jy rus jou bakkie ook nog toe met allerhande bykomstigh­ede, sal dit jou min of meer R200 000 kos. Indien jy dit op die ouderdom van 55 doen en jy jag elke jaar totdat jy 65 is, gaan jy nog 10 keer jag. Wanneer jy elke jaar ’n bok skiet, gaan dit jou dus R20 000 stuk kos vóór die dagtarief, bok se prys, ammunisie, verblyf en vervoer nog ingereken is.

HORINGS AL HOE KORTER

Manie het onlangs toevallig by ’n taksidermi­e daar iewers in Limpopo ingeloop, daar waar die groot koedoebull­e se trofeë die meeste aandag trek. Hy kyk na só ’n mooi, 54 duim-trofee en die taksidermi­s sê toe terloops dit is die algemene grootte trofee wat hy deesdae monteer.

’n Paar jaar gelede was dit glo so rondom 56 duim en ’n hele paar jare vantevore tot 58 duim en selfs 60 duim. Nóg ’n interessan­te som: As die gemiddelde koedoebul se horingleng­te oor 12 jaar van 60 duim tot 54 duim gekrimp het, beteken dit ’n halfduim korter per jaar.

Oor 12 jaar kan die gemiddelde trofee-koedoe se horings 48 duim wees.

Dalk is daar ’n goeie rede waarom soveel waarde aan uitsonderl­ike trofee-wild geheg word. Deur met koedoebull­e met horings van 60 duim (om een voorbeeld te noem) te teel, verseker telers dat daar hopelik oor ’n paar jaar sommer baie van dié diere vryelik sal rondloop, ongeag of iemand hom wil jag of net wil bewonder.

GROOT BOOM HET GEVAL

’n Besonderse boom het in die Laeveld geval. Paul Bester was sinoniem met die Pinzgauer en die stoetery PinZ²yl. Die ou grote is nie meer met ons nie.

Manie wil Paul graag met ’n hardekoolb­oom vergelyk – ’n manjifieke, statige hardekool, bekend om die beste kampvuur waarom jagters so graag in die winter kringetjie maak, maar ook ’n boom wat lafenis teen die somerson aan die beeste bied.

Paul was ’n uitmuntend­e beesmens – ’n ware stockman. Hy het ’n bees verstaan, seleksie en teling op die punte van sy vingers geken en kon dit toepas met die teling van die allerbeste beeste. Dit het hom as bestuurder van die veeboerder­y van Bertie van Zyl (Edms). Bpk. van Mooketsi in Limpopo, beter bekend as ZZ2, in staat gestel om die pryse en eerbewyse met sy geliefde Pinzgauers en PinZ²yl in te ryg.

Van die hoogtepunt­e is die talle Suid-Afrikaanse kampioene, die gesogte Suider-Afrikaanse Teelbul van die Jaar en ’n sleutelrol in die totstandko­ming van die PinZ²yl. In ’n laaste onderhoud met Landbouwee­kblad vroeër vanjaar het hy vertel dit kan ’n leeftyd duur om ’n wenbul te teel.

Paul was nêrens te sien sonder sy breërandho­ed of sy kierie nie. Ook selde sonder sy windhond Moya (die Sepedi-woord vir wind). Moya het nooit ver van sy baas af weggedwaal nie. Hy het altyd digby Paul se kantoordeu­r gelê en af en toe ingegaan vir ’n bederfhapp­ie of sommer net om seker te maak sy mensevrien­d is nog daar om op sy hondemanie­r “hallo” te sê.

Wie weet wat in ’n hond se kop aangaan as sy lewe sommerso, net soos dié van Paul se geliefdes en vriende, skielik uitmekaarg­eruk word.

DOKTER, DOKTER SPEEL

Die platteland­se dokter vra Koos, die gebou-opsigter, om ’n ogie te hou oor die spreekkame­r terwyl hy gou gaan middagete eet. Daarna vra hy vir Koos hoe dit gegaan het.

“Hier was drie pasiënte, maar ek het hulle sommer gesien, Dokter. Daar is niks om oor bekommerd te wees nie,” antwoord hy.

Die dokter skrik natuurlik toe hy dít hoor.

“Nee, nee, dit was regtig maklik,” keer Koos.

“Die een man het gekla oor hooikoors en ek het vir hom ’n pakkie Allergex gegee, en hy is doodgelukk­ig hier weg. Die ander ou het vreeslik gehoes, toe gee ek vir hom van daardie stropie wat Dokter altyd in die winter meng. Hy’s ook heel tevrede.

“Maar die derde geval was ’n bietjie meer ingewikkel­d. Ek het ’n draaitjie geloop en toe ek weer sien, lê daar ’n kaal vrou op Dokter se bedjie. Sy roep my toe nader: ‘Kom tot by my, ek het in drie jaar geen man gesien nie!’” “En wat maak jy toe, Koos?” “Nee, Dokter, toe gooi ek maar twee druppels Eyegene in elke oog!”

Deur met koedoebull­e met horings van 60 duim te teel, verseker die telers dat daar baie van dié diere vryelik sal rondloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa