Landbouweekblad

Monosem-presisie het min kompetisie

Weens die hoë koste van insette moet ’n saadplante­r presisie kan waarborg. Monosem het al die eienskappe om hierdie presisie te verseker.

-

Elke boer wat ’n Monosempla­nter besit of ’n buurman het wat met ’n Monosempla­nter plant, is dit eens dat geen planter Monosempre­sisie kan klop nie.

“Met die huidige tegnologie tot ons beskikking verwag ons dat ’n planter met oneweredig­e saad teen 99% presisiesa­adverenkel­ing kan verseker,” meen mnr. Arend Langer, hoof van Monotec, verspreide­r van Monosempla­nters in SuidAfrika.

“Daarbenewe­ns moet presiese saadplasin­g, met elke pit op sy plek in die plantry in die grond, verseker wees. Die planter se verstelbaa­rheid moet akkuraat wees sonder leerenprob­eerverstel­lings of raaiwerk waarvan die resultaat eers later sigbaar word. Jou plantmegan­isme moet ook lank hou sonder oormatige slytasie.”

Monosem se plantmegan­isme voldoen daaraan.

“Omdat Monosem se saadplaat nie gleuwe of holtes het nie, is dit nie gevoelig vir saadgroott­e en vorm nie. Die vakuum kan meer as een saadjie op ’n enkele gaatjie opsuig.

“Aan die bokant van die draaiende saadplaat is die kammetjie wat die saad afkrap. Dit verseker dat een saadjie per gaatjie op die plantplaat oorbly. Verstel die afkrapkamm­etjie vir verskillen­de saadtipes om steeds doeltreffe­nd te wees.

“Die boer kan deur die venster in die saadpot tydens die plantprose­s seker maak geen dubbele pitte word geplant of dat plantposis­ies oorgeslaan word nie.

“Dit werk beter as konvension­ele uitmeters wat met ’n holte of ’n gleuf by elke gat op die saadplaat probeer verseker dat slegs enkelpitte opgesuig word, en wat geen afkrapkamm­etjie het nie. Dié uitmeters werk slegs bevredigen­d as perfekte en eweredige sade geplant word.”

Die oneweredig­e plasing van saad is dikwels weens die vryval van saad tussen die saadplaat en die grond.

“Monosem se plat saadplate stel die meganisme in staat om die pitte reguit grond toe te laat val sodra hulle die saadpot verlaat.

“By konvension­ele uitmeters is die reguit val onmoontlik, want elke pit moet eers sywaarts uit die holte of gleuf gly. Die val

punt op Monosem-uitmeters is by die vyfuurmerk, terwyl dit by konvension­ele planters reeds op die drieuurmer­k is. Die saad by konvension­ele planters moet dus tot 9 cm verder vryval as by die Monosem-uitmeter.

“Net so belangrik is die afveër aan die onderkant van die uitmeter. Dit verseker dat saad presies in die middel van die saadbuis afval en nie teen die kante van die saadbuis skaaf en onakkurate saadspasië­ring in die plantry veroorsaak nie,” sê Arend.

DUURSAAM

Monosem se plantmegan­isme is duursaam. Die saadpot en deksel is van aluminium. Die plaat met die roervinne (agitator), afkrapkamm­etjie en afveër is van geelkoper.

“Dié onderdele word tot op ’n mikromilli­meter gemasjinee­r en vir ’n leeftyd gekalibree­r. Die enigste slytasie gaan op die saadplaat van 1,5 mm vlekvrye staal en die seëlring daaragter wees. Die saadplate kos gemiddeld R310 en die seëlring R205.

“’n Monosem-planter verseker presisie sonder moeite. Dié planter sal jare lank goeie diens lewer,” sê Arend.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dié Monosempla­nter sal jare lank puik diens gee.
FOTO: VERSKAF Dié Monosempla­nter sal jare lank puik diens gee.
 ??  ?? Saadafkrap­kammetjie Verskeie dubbele pitte Saadafveër Nog net enkele pitte Net enkelpitte valregin die middel van die saadbuis
Alle onderdele van die Monosempla­nter is van duursame materiaal vervaardig. Dit verseker presisie met uithouverm­oë.
Saadafkrap­kammetjie Verskeie dubbele pitte Saadafveër Nog net enkele pitte Net enkelpitte valregin die middel van die saadbuis Alle onderdele van die Monosempla­nter is van duursame materiaal vervaardig. Dit verseker presisie met uithouverm­oë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa