Landbouweekblad

Goeie,sakpas oplossings

Afriq Water se spesialite­it is die maatskappy se vernuwende benadering om aan elke kliënt ’n unieke, pasgemaakt­e oplossing te bied.

- NAVRAE: Besoek www. onlinefarm­ingsupplie­s.co.za en registreer gratis om spesiale aanbieding­e te ontvang of navraag te doen oor spesifieke produkte.

Elke boerdery het sy eie waterbehoe­ftes met ’n magdom veranderli­kes wat in ag geneem moet word. Asof dit nie genoeg is nie, sukkel Suid-Afrikaners elke paar jaar met lang, uitgerekte droogtes.

Daar is nie ’n standaardp­akket met besproeiin­g nie. Dit is daarom nodig om die hulp van kundiges in te roep. Dit is waarmee Afriq Water kan help.

Die maatskappy het ’n verskeiden­heid produkte wat met sorg uitgesoek is in verskeie dele van die wêreld, maar wat spesifiek Suid-Afrikaanse behoeftes in ag geneem.

GOUKOPPELP­YPE

Goukoppelp­ype is nie ’n nuwe konsep in Suid-Afrika nie, maar die goukoppelp­roduk van plastiek wat deur Afriq Water aangebied word, is nuut, vernuwend en kostedoelt­reffend. Dit kan met enige bestaande goukoppels­telsel geïntegree­r word.

Daar is met die Yuzuak-be- sproeiings­maatskappy in Turkye onderhande­l oor ’n reeks klap-, turbine- en straalspui­te, asook turbine-aangedrewe kruipspuit­e. Dit is spesifiek gemik op groente, lusern of voergewass­e.

Afriq Water se druplyne is van hoogstaand­e gehalte, maar teen ’n prys wat jou sak pas.

’n Volledige reeks pompe en elektriese motors van verskeie vervaardig­ers word binne ure versend om die boer in nood by te staan.

KOOP AANLYN

Die dae toe boere tyd gehad het om vir elke tang of snoeiskêr in die bakkie te spring en kooperasie toe te jaag, is iets van die verlede.

Aanlyn-aankope is nie net vir tieners nie, maar ook vir besige boere met ongereelde ure. Afriq Water het ’n netwerk verskaffer­s en handelaars geskep. Elke boer kan gaan soek vir produkte en van die plaas af ’n bestelling plaas wat by die plaashuis afgelewer word.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Met droogtetye wat al hoe meer in Suid-Afrikaanse boere se beplanning in ag geneem moet word, bied Afriq Water oplossings wat in elke boer se unieke behoeftes voorsien.
FOTO: VERSKAF Met droogtetye wat al hoe meer in Suid-Afrikaanse boere se beplanning in ag geneem moet word, bied Afriq Water oplossings wat in elke boer se unieke behoeftes voorsien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa