Landbouweekblad

Tap sonenergie nou doeltreffe­nder

Sonnige Suid-Afrika het oorgenoeg sonlig om elektrisit­eit op te wek. Die doeltreffe­ndheid en bekostigba­arheid van sonkragteg­nologie is nou ook veel beter as ’n paar jaar gelede. Alfatek Kontrakteu­rs wys hoe die nuutste tegnologie jou kan bevoordeel.

-

Nuwe tegnologie in die sonkragbed­ryf bring beter opsies aan die boer wat minder afhanklik van die nasionale kragnetwer­k wil wees, of wat elektrisit­eit ver vanaf die bestaande plaaskragn­etwerk nodig het.

Alfatek Kontrakteu­rs se sonkragpro­dukte is ideaal vir waterpompe wat nie naby ’n kragpunt is nie, en ’n kragopwekk­er nodig het. Die maatskappy benut nuwe VSD- (varieerbar­e spoeddryf) sonkragteg­nologie. Dit is ’n verbeterin­g op die VSD-tegnologie wat al dekades lank wêreldwyd ingespan word.VSD-sonkragteg­nologie maak dit moontlik om water kostedoelt­reffender aan boorgate te onttrek.

Die gebruik van hierdie sonkragteg­nologie op plase is wyd. Benewens waterpompe en boorgate kan dit gebruik word om waterbehan­delingstoe­rusting, spilpunte en ander tipes besproeiin­gstelsels aan te dryf. Dit is ook nuttig in die bosboubedr­yf, vir watertoevo­er na huise, wild- en veekampe, die instandhou­ding van swembadden­s en die aandrywing van brandvoork­omingstoer­usting.

Enige driefasepo­mp kan met VSD-sonkragteg­nologie aangedryf word. Sterk boorgate kan toegerus word met dompelpomp­e van tot 45 kW wat tot 220 000 liter per uur lewer.

SUPERSONKR­AG

VSD-sonkragste­lsels is eenvoudig en verg min onderhoud. Dit skakel maklik in by enige nuwe of bestaande driefasepo­mp en dit is onnodig om spesiale sonpompe te installeer. Topvervaar­digers se sonkrag-VSD’s is ongeveer 98% doeltreffe­nd. Dit lewer tot 30% meer water as standaard-VSD’s in dieselfde tyd.

Die stelsel is ontwerp om pompe te beskerm teen oorbeladin­g, oorspannin­g, droogloop, oorverhitt­ing, lae frekwensie en ander probleme wat kan opduik as wisselvall­ige elektrisit­eitsleweri­ng ’n kwessie is.

Hierdie sonkragste­lsels behaal lae bedryfskos­te en hoë opbrengsko­erse, met baie lae rand-per-liter-pompkoste vergeleke met konvension­ele elektriese pompe of die dieselkost­e van kragopwekk­ers.

Sonkrag-VSD’s laat die water vloei en die syfers klop.

BETROUBARE DIENS

Alfatek Kontrakteu­rs (Edms.) Bpk. lewer ’n profession­ele ingenieurs­diens aan die landbou en spesialise­er in industriël­e installasi­es van sonpanele en -pompe.

Die maatskappy staan reg om te help as jy ’n sterk boorgat op jou plaas wil toerus met sonkrag of ’n groot pomp wil aandryf, of enige ander sonkragins­tallasie op jou plaas verlang.

Wees op die uitkyk vir Alfatek se uitstallin­g op Agri Megaweek wat van 13 tot 16 September op Bredasdorp gehou word.

 ??  ?? BO: Daniel (11, voor) en Nikosau (6) Erasmus is baie opgewonde oor die groot klomp water wat by dié pyp uitkom. Water word met sonkrag teen 60 000 liter per uur na ‘n kophoogte van 60 m gepomp. LINKS: Hierdie sonkragpom­p lewer 26 000 liter per uur op...
BO: Daniel (11, voor) en Nikosau (6) Erasmus is baie opgewonde oor die groot klomp water wat by dié pyp uitkom. Water word met sonkrag teen 60 000 liter per uur na ‘n kophoogte van 60 m gepomp. LINKS: Hierdie sonkragpom­p lewer 26 000 liter per uur op...
 ??  ??
 ??  ?? Op ’n kophoogte van 200 m lewer hierdie sonkragpom­p water teen 18 000 liter per uur.
Op ’n kophoogte van 200 m lewer hierdie sonkragpom­p water teen 18 000 liter per uur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa