Landbouweekblad

Drie beesrasse vir perfekte speenkalfp­roduksie

Vir hierdie boere van Tosca is ’n interessan­te kruising tussen Simbratipe koeie, Simmentale­rs en Brahmane die wenresep vir die beste speenkalwe­rs.

-

Die Vryburg-gebied word met reg beskou as die Texas van Suid-Afrika. Dit is beeswêreld waar natuurlike soetveldwe­idings met tipiese bosveld genoeg weiding verskaf. Die gebied word gekenmerk deur die groot aantal uiteenlope­nde beesrasse waarmee geboer word.

Dit is daar, naby Tosca in Noordwes, waar mnr. Wimpie van Rensburg en sy seun, Wil lem ,’ n speenkalf boerderybe­dryf wat deur’ n Brahman-e n’ n Simmentale­r stoetery ondersteun word. Die stoeterye verskaf rasegte bulle vir gebruik by Simbrakoei­e waarna die speenkalwe­rs aan voerkrale bemark word.

Wimpie sê hoewel die boerdery tans hoofsaakli­k op speenkalf produksie toegespits is, is die uiteindeli­ke doel om na ’n koei produksies­telsel oor te skakel. “Ons wil dus die bulkalwers as speenkalwe­rs bemark om koste te dek en dan

BESTE KRUISTELIN­G

Om geharde, groeikragt­ige speenkalwe­rs te verkry, gebruik Willem rasegte Brahmanbul­le of Simmentale­rbulle uit sy stoetery by Simbrakoei­e.

“Na gelang van hoe sterk die nageslag daarna die Brahmanfen­otipe vertoon, sal die vers dan met ’n rasegte Simmentale­r bul of, a smeer Simmentale­r kenmerke vertoon word, met’ n rasegte Brahmanbul gekruis word,” sê Willem.

“Die resultaat is geharde, aangepaste diere wat ons vir die speenkalfm­ark grootmaak. Die stoeterye se rasegte kalwers word op hul beurt uitsluitli­k gebruik as vervanging­sverse en as nuwe bulle v irons speenkalf produksie .”

Wimpie sê Simmentale­rs word gebruik omdat dié Europese beesras

as dubbeldoel­bees die gehardheid en swaarder kalf van die Brahman aanvul met meer melk en sterk groei.

“Hoewel dit op die ou einde ons doel gaan wees om slegs ons eie bulle te gebruik, koop ons in hierdie stadium geregistre­erde Brahmanbul­le vir ons stoetery in,” sê Wimpie.

“Ons gebruik die beste teelmateri­aal wat ons kan kry; daarom koop ek my bulle by mnr. Sydney Hunt van Hunt Brahmane op Warrenton.”

GEHARDE BEESTE

Die omgewing van Tosca is bekend vir sy warm, droë klimaat met siklusse waar dit sommige jare goed reën en ander jare wanneer droogte hoogty vier.

“Die siklusse wissel mekaar sowat elke ses jaar af. Die winters is redelik koud met temperatur­e wat al by -5 °C gedraai het, terwyl die somers al temperatur­e van meer as 40 °C grade opduidelik­e gelewer het,” sê Wimpie.

“Ons moet dus boer met geharde, vrugbare diere wat hul kalwers ordentlik kan grootmaak. Kruistelin­g gee jou ’n voordeel omdat dit die beste eienskappe van elke beesras saamvoeg.”

Die boerdery plant nie weiding aan nie. Diere is dus op natuurlike weiding aangewese. Hulle kry wel ’n fosfaatlek in die somer en ’n proteïenle­k in die winter.

Die bewese voordele van kruistelin­g, waar inheemse gehardheid en vrugbaarhe­id met groeikrag en genoeg melkleweri­ng gekombinee­r word, stel die boerdery se beeste in staat om in hierdie tipe toestande te gedy.

KRUISSPEEN­KALWERS GESOG BY VOERKRALE

Die boerdery bemark sy speenkalwe­rs op sowat 300 kg teen heersende pryse en Wimpie meen daar is voordele ten opsigte van groeikragt­igheid in die kalwers te bespeur, wat hulle uiters gesog by voerkrale maak.

Mnr. Louis Botha, bestuurder van die Murasie-boerdery by Delareyvil­le, wat onlangs ’n groep speenkalwe­rs by Wimpie en Willem gekoop het, sê hy is beïndruk met die gewig wat die kalwers die afgelope maand aangesit het.

“Ons vind die Simbra-tipe kalwers is besonder gehard in voerkraal-toestande en hulle sit besonder vinnig gewig aan, grootliks weens ’n baie gunstige voeromsett­ing.”

Die Murasie-boerdery voer sy kalwers ses maande lank. Uitslagper­sentasies van meer as 60 word geredelik met die Simbra-tipe speenkalwe­rs behaal.

“Ons stel beslis belang in hierdie tipe kalwers, veral ook omdat hulle so vinnig groei. Ons het al gemiddelde daaglikse gewigstoen­ames van rondom 2 kg/dag met soortgelyk­e kalwers aangeteken,” sê Louis.

 ??  ?? 1van ons beste vroulike diere terughou om as ’n pakkie saam met van ons beste bulle te bemark.”1. Een van die gemengde kruisrasku­ddes wat speenkalwe­rs lewer. Die rasegte Brahmanbul wat in hierdie kudde gebruik word, kan regs agter gesien word.2. Nog voorbeelde van die uitmuntend­e kruistelin­g van Simbrakoei­e met rasegte Brahman- en Simmentale­rbulle. 3. ’n Simbrakoei met ’n Brahmankru­iskalf. Die versie sal later weer met ’n rasegte Simmentale­rbul gekruis word om heterose te behou.
1van ons beste vroulike diere terughou om as ’n pakkie saam met van ons beste bulle te bemark.”1. Een van die gemengde kruisrasku­ddes wat speenkalwe­rs lewer. Die rasegte Brahmanbul wat in hierdie kudde gebruik word, kan regs agter gesien word.2. Nog voorbeelde van die uitmuntend­e kruistelin­g van Simbrakoei­e met rasegte Brahman- en Simmentale­rbulle. 3. ’n Simbrakoei met ’n Brahmankru­iskalf. Die versie sal later weer met ’n rasegte Simmentale­rbul gekruis word om heterose te behou.
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4. Mnre. Willem (links) en Wimpie Janse van Rensburg boer in die omgewing van Tosca in Noordwes met beeste. Die speenkalfk­ruisings wat deur hul boerdery gelewer word, is besonder gewild by voerkrale.
4. Mnre. Willem (links) en Wimpie Janse van Rensburg boer in die omgewing van Tosca in Noordwes met beeste. Die speenkalfk­ruisings wat deur hul boerdery gelewer word, is besonder gewild by voerkrale.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa