Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

Die finansiële joernalis Tim Cohen vertel in Business Day hoe maklik hy drie jaar gelede vir hom een bitcoin gekoop het teen R10 000. Hy moes die geld in ’n Sloweense bank deponeer en ’n belastingk­laringsert­ifikaat kry vir dié buitelands­e “geldeenhei­d”. ’n Paar dae later was die geld op sy debietkaar­t. Al waaroor hy nou jammer is, is dat hy nie meer gekoop het nie.

“Die swak publisitei­t oor bitcoin is grotendeel­s verby. Inteendeel, banke en baie ander instelling­s val oor hul voete om die boustene van bitcoin op nuwe, vernuwende maniere te gebruik. Die voordeel van bitcoin is dat dit ’n oop lêer gebruik wat permanent elke transaksie opneem, wat dit onmiddelli­k en openlik verifieerb­aar maak. Dit los nie die probleem op van bitcoins wat gesteel word nie, want elke bitcoin sit in ’n digitale ‘beursie’. Om daardie beursies veilig te hou, skep sy eie dilemmas.

“Transaksie­s is gratis, daar is meestal geen diensgeld nie en transaksie­s vind binne ’n mikrosekon­de plaas. Die feit dat bitcoin buite die bereik van regerings funksionee­r, maak dit ook aantreklik vir mense wat besef hoe maklik die uitreik van geld ’n manier van politieke onderdrukk­ing kan raak.

“Jy betaal wel ’n ruilheffin­g vir geldeenhed­e (sowat 70 Amerikaans­e sent) wanneer jy die debietkaar­t gebruik, en die handelaar betaal die normale heffing aan die bank wat die kaart uitreik.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa