Landbouweekblad

SA BEÏNDRUK IN DIE VSA

-

Die skaal is indrukwekk­end, hier waar ’n groep van Suid-Afrika se beste saaiboere saam met Monsanto op toer is deur Amerika.

In Illinois staan hulle in die skaduwee van John Deer eS 690- stropers en reuse-B r entrusperb­and tap karre by Chris Dowson se enorme saaiboerde­ry. Chris, sy twee seuns en ’n skoonseun saai op ongeveer 25 000 ha wat 100 myl noord, oos en wes en 40 myl suid strek. ’n Driekwart daarvan is mielies en ’n kwart sojabone. Chris besit ’n kwart van die grond en die res huur hy. Teen produksiek­oste van ongeveer R15 000/ha en ’n gemiddelde opbrengs van 12 t/ha beloop sy wins rofweg hier bo R200 miljoen per jaar. Dit maak van hom een van die grootste, indien nie dié grootste nie, mielieboer in die Midde-Weste.

Dit is sekerlik van die beste grond ter wêreld, met ’n koolstofin­houd van tot 23%. By ons in Suid-Afrika sukkel dit gereeld hier by 0,5%. Dit is geen wonder nie dat ’n hektaar van die “dirt”, soos Chris na sy swart grond verwys, jou R368 000 uit die sak gaan jaag.

Om hierdie ondernemin­g te bestuur, moet jy kophou. Die aangename Ch r isis uiteraard’ n wêreldklas bestuurder en hy behartig alle deurslagge­wende take, soos die kalibrerin­g van toerusting, self. Tog, wanneer hy deur ons boere uitgevra word oor die struikelbl­okke wat hy moet trotseer, weet hy aanvanklik nie wat om te sê nie. “Elke dag stel maar sy eie eise,” merk hy uiteindeli­k teenoor die verbaasde Suid-Afrikaners op. “Ons probeer maar net om foute te vermy.”

BUITEN DIE goeie grond en hoë reënval help ruim regeringsh­ulp om boere se lewens nóg makliker te maak. Die ongeveer R270 miljard per jaar wat Amerikaans­e boere van die regering ontvang, is byna die Suid-Afrikaanse landbou se hele bruto binnelands­e produk (BBP) en 3% van die land se BBP. ’n Amerikaans­e boer kry 23% van sy inkomste van die regering. In Suid-Afrika, danksy voordele, soos ’n dieselraba­t, is dit vir die meeste boere hoogstens 1%.

Dit is blykbaar ook moeilik om mededingen­d op die Amerikaans­e mark vir landbou versekerin­g te wees, want sodra private maatskappy­e met’ n vernuwende versekerin­gs model vorendag kom, dupliseer die regering dié model met belastings betalers se geld.

Dit hou nie by die uitstekend­e grond, hoë reënval, ruim subsidies en puik versekerin­g op nie. Die bevolking waardeer boonop die boere. Wanneer stropers en ander werktuie op openbare paaie ry, trek mense onmiddelli­k van die pad af om plek te maak.

Maar dit kom alles teen ’n prys. Op die Dowson-plase is die John Deere Exact Emerge-planters wat gebruik word, die naaste wat hulle aan presisiebo­erdery kom. Dit is ’n verstommen­de feit vir die Suid-Afrikaanse boere wat juis deur Monsanto na Amerika gebring i som die nuutste presisie tegnologie te besigtig. Geen bewerking word net op heuwelagti­ge lande gedoen, want die regering dring daarop aan in ’n poging om erosie te bekamp.

Vir Chris is daar nie ’n verskil tussen kalsitiese en dolomities­e kalk nie, alles is net “lime”. As jy die pitte agter sy stropers tel, verloor hy sowat 700 kg per hektaar. Enige boer in Noordwes sou in die hek geduik het met sulke verliese.

Maar daarin lê die les. Om in Suid-Afrika se taai toestande te oorleef, moet jy jou somme baie fyn maak. Ek wonder of Chris op Noordwes se sandgronde sou kon oorleef, maar die laaste een van ons boere sou groot sukses behaal in Illinois.

En dít is bitter indrukwekk­end. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa