Landbouweekblad

BOERE MOET PARAATHEID VERBETER

-

Ek ontvang gereeld ’n uitgawe van NWK se joernaal Arena in die pos en sien altyd daarnauit omte lees wat in die maatskappy gebeur in wie se diens ek baie jare gestaan het. Ek werk steeds in die landboubed­ryf en kry steeds met baie van Noordwes se boere te doen. Ek weet van hul swaarkry die afgelope jare met die droogtes en insetkoste wat die hoogte ingeskiet het.

Vir my is veiligheid op plase egter die faktor wat die meeste aandag moet geniet. Boere moet alles in hul vermoë doen om hulself en hul geliefdes te beskerm. Veral die ouer boere is nie paraat genoeg nie en gee weinig of geen aandag aan veiligheid.

Onlangs is ’n bejaarde egpaar wreed aangerand op hul plaas. Die man het uitgegaan om mak tarentale te voer en die boosdoener­s het hom ingewag. Ek lees nêrens van honde wat geblaf het of alarms wat afgegaan het om die egpaar te waarsku dat hul plaas betree is nie, en nog minder dat hulle ’n radioverbi­nding met bure gehad het of paniekknop­pies kon aktiveer.

Daar is nie sprake daarvan dat ’n mens deesdae veilig is op ’n plaas nie. Ons in die dorpe en stede is ook nie veilig nie.

Almal op plase moet hul honde snags binne laat slaap. Kwaaddoene­rs sal twee keer dink as hulle hoor daar is honde in ’n plaashuis. Jy moet doen wat jy binne jou finansiële vermoë kan doen, maar jy kan nie níks doen nie.

Ons wat van die boere afhanklik is vir ons voortbesta­an – geldelik, maar ook vir kos op ons tafels – wil ’n beroep op julle doen om die aanslag teen julle te help afweer. Word paraat en wees veilig sover dit menslik moontlik is.

Alles in Suid-Afrika is besig om met rampspoedi­ge gevolge ten gronde te gaan. Die Rege- ring gee nie ’n duit om vir die boer van vandag nie. Ons moet almal saam veg vir Suid-Afrika se boere, maar intussen moet julle die grensdrade om jul huise hoog span, jul honde binne laat slaap, radiokonta­k met bure hê, paniekknop­pies kan aktiveer, ensovoorts.

Ons is saam met julle in die stryd. Ons voortbesta­an hang ten nouste af van wat julle daar op die plase vermag. Ons bid vir julle. KALLIE DU PLESSIS Vanderbijl­park

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa