Landbouweekblad

PIESANGS: PLAAS DRUK OP SUPERMARKT­E

-

Mnr. Schalk Pienaar se brief “Hoekom word plaaslike piesangs vrot?” (LBW, 18 Augus-

tus) het betrekking.

Die (Kaapse) verbruiker se ervaring dat die Suid-Afrikaanse piesang ’n minderwaar­dige produk is vergeleke met ingevoerde piesangs vanaf Ecuador, dui op ’n probleem in die hantering van die produk tydens die voorsienin­g s ketting.

Die probleem met interne gehalte word dikwels veroorsaak deur die opberging van piesangs in koelkamers waarvan die temperatuu­r te laag is. Suid-Afrikaanse piesangs word hoofsaakli­k in die subtropies­e, noordelike dele van Suid-Afrika verbou, waarna dit by die supermarkg­roep gelewer en van daar versprei word.

Die tropiese, ingevoerde piesangs land per skip in Kaapstad en word van daar versprei.

Daar is aanvanklik begin om piesangs vanaf lande soos Ecuador in te voer omdat daar ’n tydelike tekort ontstaan het weens die erge droogte wat Suid-Afrika vroeër ervaar het.

Die ingevoerde piesangs is tot 50% duurder as die plaaslike produk en word daarom met groter sorg behandel tydens die voorsienin­g s ketting. Dit beïnvloed die uiteindeli­ke gehalte van die produk wanneer die verbruiker sy koopkeuse maak.

Dit is waar dat die tropiese vrug soms mooier vertoon as die plaaslike subtropies­e vrug, maar die plaaslike produk se smaakprofi­el is baie beter as dié van sy ingevoerde eweknie.

Die verbruiker moet druk op die supermarkg­roepe uitoefen om te verseker dat die Suid-Afrikaanse produk met dieselfde sorg hanteer word sodat hy of sy plaaslike boere en produkte kan ondersteun.

Kontak gerus die Piesang kwekers vereniging van Suid-Afrika (PKVSA) by e-pos: bgasa@

iafrica.com of sel 083 310 4747. CONNIE FRASER PKVSA 

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa