Landbouweekblad

‘PRAAT REGSTREEKS MET DIE BOERE’

- Beaufort-Wes

Landbouwee­kblad van 17 Maart 2017 het betrekking. Twee sake in dié uitgawe wat my bekommerd maak, is Anoniem van die Oos-Kaap se brief “Eskom diskrimine­er teen klein verbruiker­s” oor Es koms e vaste koste heffings en die nuusberig “Grondhervo­rming: Moenie howe en Grondwet vertrou” oor opmerkings wat dr. Frans Cronjé, uitvoerend­e hoof van die Instituut vir Rasseverho­udings, gemaak het.

Albei sake laat my bekommerd oor die rol wat die georganise­erde landbou in die besluitnem­ing van die boer in Suid-Afrika speel. En wanneer ek oor die georganise­erde landbou praat, moet ek Agri Suid-Afrika uitsonder.

Anoniem van die Oos-Kaap het, soos baie ander, ’n probleem met Eskom se vastekoste-tariewe. As ek Anoniem mag antwoord, moet ek sê dat Agri SA sedert 2008 met Eskom oor vaste koste of heffings onderhande­l het. Ongelukkig is hierdie onderhande­linge nie tot op grondvlak afgewentel nie. Met ander woorde die verbruiker is nie die kans gegun om te vra hoekom die 20-jaar-tydperk ten opsigte van lynheffing­s nie meer relevant is nie.

Agri SA het “ja” gesê vir ’n poelstelse­l, en álmal sal deel wees daarvan. Eskom se belofte van heffings vir 20 jaar en daarna net eenheidsko­ste is deur Agri SA en die maatskappy tot niet verklaar sonder om die verbruiker te ken.

Ek is seker Anoniem sou nie die pen opgeneem het as hy of sy bewus was van wat Agri SA onderhande­l het. En 52 boere sou ook nie vroeër vanjaar by ’n vergaderin­g op Beaufort-Wes opgedaag het om ’n soortgelyk­e punt te bespreek nie.

Ten opsigte van die artikel oor grondhervo­rming en Cronjé se kommentaar is dit baie duidelik dat Agri SA weer die grondeiena­ar van terugvoeri­ng weerhou het. Hy stel dit duidelik dat die organisasi­e die instituut se ontleding in twyfel getrek het. Hy sê die Regering hou boere aan ’n lyntjie, wat beslis so is.

Agri SA sit saam met die Regering om ’n tafel. Die organisasi­e moet ophou lobby met die vyand, waarvan die Regering en Eskom deel is, en eerder met boere onderhande­l om húl mening te kry.

Agri SA en die meerderhei­d boere is nie op dieselfde bladsy nie. Die ledetal van die georganise­erde landbou bewys dit.

Ek wil ’n beroep op die voorsitter van Agri SA doen om die Eskom-saak, asook die kwessie van grondhervo­rming, deur middel van ’n roadshow regstreeks met boere te bespreek en nie deur middel van die media nie.

Boere is deesdae gretig om die reuk van vars voer uit die perd se stal te kry. JOHN THEUNISSEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa