Landbouweekblad

REKORD-OES VERHOOG DRUK OP UITVOER

- — NICO VAN BURICK — JOYLENE VAN WYK en THEUNS BOTHA

DIE OESSKATTIN­GSKOMITEE het verlede week nóg ’n rekordskat­ting vir mielies aangekondi­g en voorspel nou dat Suid-Afrikaanse mielieboer­e 16,414 miljoen ton van die lande gaan haal.

Dit is 444 175 ton meer as die skatting van ’n maand gelede, wat reeds ’n rekord was. Naas die grootste oes in Suid-Afrika se geskiedeni­s, is dit ook die hoogste verwagte opbrengs van 6,24 t/ha.

“Dis ongeloofli­k dat ’n mens een jaar een van die grootste droogtes tot nog toe beleef en die volgende jaar is daar ’n oes wat alle rekords en verwagting­e oortref,” sê mnr. Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA.

“Dis veral verbasend as ’n mens dit vergelyk met die eerste skatting in Februarie, toe nog net 13,918 miljoen ton verwag is. Of ons dit nou wil weet of nie, die surplus word ál groter en die druk ál meer om dit uit te voer.”

Intussen was die eerste voorspelli­ng vir wintergraa­n soos verwag baie laer as verlede jaar se opbrengs. Die komitee verwag ’n koringoes van 1,604 miljoen ton, wat 16,04% of 306 300 ton minder is as die vorige seisoen se oes van 1,910 miljoen ton. Die verwagte opbrengs is 3,34 t/ha.

1,1M. TON UITGEVOER

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz, sê ontleders het voor die sewende skatting verlede week nie ’n groot verhoging verwag nie. ’n Opname deur Bloomberg het verwag die oesgrootte sou onverander­d bly en Reuters het ’n 1%-verhoging verwag. Selfs die Internasio­nale Graanraad (IGC) se baie optimistie­se skatting was ’n styging van 2% tot 16,70 miljoen ton. Die witmielie produksies­katting is 9,654 miljoen ton— 1,54% of 146 500 ton meer as die vorige skatting, met ’n opbrengs van 5,88 t/ha. Die geelmielie produksies­katting is 6,760 miljoen ton– 4,61% of 297 675 ton meer as verlede maand, met ’n opbrengs van 6,86 t/ha. Die sonnebloms­aad produksies­katting i smet 6% opwaarts aangepas tot 870 095 ton. Sojaboonpr­oduksie is afwaarts aangepas met 2% tot 1,32 miljoen ton. Die verwagte oes vir grondbone, sorghum en droëbone is onverander­d gelaat op onderskeid­elik 90 550 ton, 151 335 ton en 68 525 ton.

In die week tot 25 Augustus is net 34 199 ton mielies uitgevoer, minder as die helfte van die vorige week se uitvoer. Die totale hoeveelhei­d mielies wat tot dusver in die bemarkings­jaar uitgevoer is, staan nou op 1,1 miljoen ton, teenoor die uitvoerbar­e surplus van meer as 5 miljoen ton.

MINDER WINTERGRAN­E

Sihlobo sê die seisoen se eerste winter graan-produksies­katting bevestig die markverwag­tinge van ’n afname weens die droogte in belangrike koring produseren­de gebiede, asook minder aanplantin­gs.

“Daar is veral ’n aansienlik­e afname in die Wes-Kaap en Vrystaat, maar ons moet in gedagte hou dit is nog te vroeg om die oes met sekerheid te bepaal.”

Volgens die komitee is die verwagte produksie in die Wes-Kaap 861 250 ton (54%), in die NoordKaap is dit 285 000 ton (18%) en in die Vrystaat 182 000 ton (11%). Die oppervlakt­e skatting is hersien tot 479600 ha, wat 19250 ha minder is as die vorige skatting.

Die produksies­katting vir moutgars is 265 950 ton — 25% of 89 010 ton minder as die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 2,91 t/ha. Die verwagte kanola-oes is 109 200 ton — 4% of 4 200 ton meer as die vorige seisoen). Die verwagte opbrengs is 1,3 t/ha.

EEN RAMPPROVIN­SIE

Van Rooyen het aan Landbouwee­kblad gesê die Wes-Kaap is die “enigste provinsie in die land” waar ’n provinsial­e droogteram­p verklaar is. Landbouwee­kblad het met’ n opname van weidings toestande oor Suid-Afrika heen be- vind die Oos-en die Noord-Kaap is ook in groot nood. In sekere gebiede in die Oos-Kaap vrek vee van die honger.

Ondanks goeie neerslae elders in die Oos-Kaap, is minder as 10 mm in die weste van die provinsie gemeet. Mnr. Douglas Stern, voorsitter van Agri OosKaap, sê as die voorspelli­ng vir die medium- tot lang termyn vir die provinsie bewaarheid word, wag ’n ‘katastrofe’ op boere. “Toestande raak elke dag meer kritiek. Ons kan net hoop die voorspelli­ngs is verkeerd.”

‘Ons moet in gedagte hou dit is nog te vroeg om die oes met sekerheid te bepaal.’

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Die koringoes in die WesKaap is sowat ses weke agter weens laat reën en die eerste oesskattin­g van die seisoen dui op ’n kleiner opbrengs as verlede jaar.
FOTO: AMELIA GENIS Die koringoes in die WesKaap is sowat ses weke agter weens laat reën en die eerste oesskattin­g van die seisoen dui op ’n kleiner opbrengs as verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa