Landbouweekblad

WETTIGE HANDEL IN HORING GEE SY EERSTE TREË

- — JASPER RAATS

MNR. JOHN HUME, Suid-Afrika se grootste renosterbo­er, beskou sy onlangse aanlynveil­ing waarop 500 kg renosterho­ring te koop aangebied is, as ’n sukses.

Dit is ondanks etlike pogings van diereregte-organisasi­es en selfs staatsampt­enare om die veiling te dwarsboom.

“Aangesien ons tot op nommer 99 nog’ n dringende Hooggeregs­hof aansoek moes bring om me. Edna Molewa, die Minister van Omgewingsa­ke, te dwing om die toestemmin­g s permit vir die veiling te oorhandig, kon ons nie al die voornemend­e kopers betyds registreer nie,” sê mnr. Pelham Jones, voorsitter van Suid-Afrika se private renoster eienaars vereniging( PRO A ).

Jones sê die veiling het ’n sterk plaaslike vraag na renosterho­ring as kommoditei­t bevestig en gewys daar is selfs gesonde internasio­nale belangstel­ling.

“Daar sal beslis nog sulke veilings aangebied word.”

Hy sê die aanlynform­aat is uiters geskik vir die verhandeli­ng van renosterho­ring omdat bieërs op so ’n veiling anoniem kan bly en hul veiligheid dus nie in die gedrang kom nie.

$10 000/KG?

Mnr. Piet Warren, ’n bekende renosterbo­er van Limpopo, het die Vrydagogge­nd ná die veiling gesê dit lyk of renosterho­ring op die veiling ’n gemiddelde prys van R71 000 per kilogram haal. Jones sê die prys het uiteindeli­k egter hoër gesluit. Hy sê dit behoort veilig te wees om ’n wettige prys van $10 000 (sowat R130 000) per kilogram te verwag.

Die renosterho­ring wat wettig teen dié prys verkoop word, mag nie Suid-Afrika verlaat nie en kopers en verkopers dryf hoofsaakli­k handel in eienaarska­p sertifikat­e. Die prys situasie kan drasties verander as wettig verhandeld­e horing uiteindeli­k uitgevoer mag word.

In die hoofmarkte van Viëtnam en China behaal onverwerkt­e renosterho­ring sowat $60 000 (R779 500) per kilogram en in verwerkte vorm – hetsy as juweliersw­are of mediese bestanddee­l – byna $120 000 (R1,5 miljoen).

“As dit later wettig sou wees om dié renosterho­rings uit te voer, sal dit moeilik wees vir onwettige handelaars om met wettig geoeste horings mee te ding. Renosters waarvan die horings wettig geoes word, is ’n hernubare bron. Hulle word nie, soos met onwettig geoeste horings, doodgeskie­t nie.”

DNA

Jones sê daar word tans omtrent 1 100 stelle renosterho­rings onwettig uit Suid-Afrika gesmokkel. Aangesien wettig geoeste horings aan al die regsvereis­tes en wetgewing voldoen, is daar deeglike aantekenin­ge van DNS en eienaarska­p daarvan. Dit sal moeilik wees om horings van gestroopte renosters wettig uit Suid-Afrika te kry as internasio­nale handel toegelaat sou word.

“Die groot wenners in hierdie hele proses was die renosters,” sê Jones.

 ?? FOTO: ABRÉ STEYN ?? Renosters wat onthoring is, op mnr. John Hume se plaas by Malelane.
FOTO: ABRÉ STEYN Renosters wat onthoring is, op mnr. John Hume se plaas by Malelane.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa