Landbouweekblad

WAG EERS MET DIÉ MAATSKAPPY-PLANNE

- — JASPER RAATS

AGRI LIMPOPO gaan Agri SA vra vir ’n jaar lange moratorium op die implemente­ring van ingrypende veranderin­ge in laasgenoem­de se bestuurstr­uktuur.

’n Mosie van AgriBosvel­d in dié verband is by Agri Limpopo se onlangse kongres op Modimolle aanvaar. Die organisasi­e wil hê die beoogde veranderin­g van Agri SA se grondwet en die veranderde memorandum van inkorporas­ie van die voorgestel­de veranderde korporatie­we struktuur moet vir minstens ’n jaar uitgestel word.

In dié tyd wil Agri Limpopo antwoorde van Agri SA hê oor kwellinge oor dié hervorming­s: Gaan ’n korporatie­we struktuur die besluitnem­ingsproses gunstig beïnvloed en hoe? Hoe gaan die primêre landbou se belange verskans word in ’n direksie waarin korporatie­we lede ook dien? Wat gaan die sentrums van uitnemendh­eid se status wees, en hoeveel uitvoerend­e gesag sal hulle hê? Wat gaan hierdie nuwe struktuur boere kos? Hoe sal ’n maatskappy tot groter landbou-eenheid bydra?

DUIDELIKHE­ID

Agri Limpopo se lede wil duidelikhe­id hê oor die sterk punte, swak punte, geleenthed­e en bedreiging­s van’ n maatskappy­struktuur.

Die maatskappy­model sal Agri SA basies in ’n nie-winsgewend­e maatskappy omskep met ’n sakevleuel, Agri SA Enterprise­s, wat geld sal insamel. Die finale besluitnem­ings funksie van die algemene raad sal in die nuwe struktuur deur ’n direksie vervang word.

Mnr. Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk- uitvoerend­e direkteur, het op die kongres gewaarsku dat veranderen­de tye vernuwing in die organisasi­e verg.

“Daar is geen manier dat Agri SA kan voortgaan soos 100 jaar gelede nie,” het hy gesê oor struikelbl­okke, soos klimaatsve­randering, politieke onsekerhei­d, misdaad en wêreldmark­te, wat ’n nuwe benadering verg.

“Nou moet ons onsself afvra: Het ons die regte mense om hierdie probleme te help takel? Is u as boere tevrede en is u bereid om daardie struktuur te finansier? Sonder geld is daar nie ’n kat se kans dat ons kundigheid kan aanstel en die struktuur kan finansier nie,” het Van der Rheede gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa