Landbouweekblad

Dié boewe moenie borgtog kry

- — JEANNE VAN DER MERWE — MEDEWERKER

VYF verdagtes wat vermoedeli­k by verskeie plaasaanva­lle in die omgewing van Tzaneen betrokke was, is vroeg verlede week in hegtenis geneem in ’n gesamentli­ke polisie-operasie wat op inligting gegrond was.

News24 berig twee van die vyf is tans op parool nadat hulle vonnisse vir gewapende roof uitgedien het. Die mans blyk lede te wees van ’n sindikaat wat in plaasaanva­lle spesialise­er.

Die polisie het ook 2 pistole,

14 gewere en 318 patrone in een van die verdagtes se agterplaas gevind.

“Die blote feit dat die polisie na ’n sindikaat verwys, bevestig TLU SA se herhaalde siening dat plaasmoord­e georganise­erde misdaad is en nie ‘normale misdaad’ nie, soos die polisie dikwels sê nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die organisasi­e se adjunk voorsitter en veiligheid s woordvoerd­er.

Geldenhuys sê die feit dat twee van die verdagtes op parool was, dui op ’n gewillighe­id van die regstelsel om o n gerehabili­teerde misdadiger­s te vroeg vry te laat en hulle die kans gee om weer misdade te pleeg.

“Ons is baie bekommerd dat dié persone dalk weer om borg-

tog kan aansoek doen, wat hulle voor hul verhoor terug in die samelewing sal plaas.

“’n Stelsel waarby mense met

MEGAWEEK-KLAGTES LAAT VAAR

Die strafsaak teen mnr. Orton King, uitvoerend­e direkteur van die Agri Mega-groep, is teruggetre­k, het King op 29 Augustus in ’n WhatsAppbo­odskap aan ’n groot aantal kennisse gesê.

“Dit is vir my besonder aangenaam om hiermee te bevestig dat die staat my regsadvise­urs vandag in kennis gestel het dat die strafsaak teen my in persoon summier teruggetre­k word

vorige veroordeli­ngs nie vir borgtog oorweeg kan word nie, moet ernstig oorweeg word,” sê hy. en dat daar geen meriete vir vervolging was nie.

“Dankie vir almal wat in my onskuld geglo het, asook vir diegene wat voorbiddin­g gedoen het. Ek gaan voort met my pogings om die skade wat my gesin en die besighede in die Mega-groep as gevolg daarvan aangedoen is om te keer,” het hy geskryf.

King is op 30 Mei op Bredasdorp in hegtenis geneem en is beskuldig van bedrog van R2,3 miljoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa