Landbouweekblad

WOL-AANLEG SAL NIE WERKLOOSHE­ID OPLOS

- — THEUNS BOTHA

’N VERWERKING­SAANLEG vir wol wat in kommunale gebiede geprodusee­r is, is nie lewensvatb­aar nie, meen die Nasionale Wolkwekers­vereniging( NW K V) in antwoord op kommunale wolboere se versoek dat só ’n aanleg nader aan hul boerderye opgerig word.

’n Wolwassery en kammery is baie duur om op te rig en wanneer dit in bedryf is, sal dit betreklik min werksgelee­nthede skep, het mnr. Clarence Friskin, ondervoors­itter van die Suid-Afrikaanse Wol-en Bokhaar kopers vereniging( S a wa m ba), aangedui.

Volgens Fris kin het Suid-Afrikane t twee verwerking­saanlegte oor. Weens onbillike mededingin­g uit China, waar die regering verwerkers subsidieer, asook uit Indië en Oos-Europa met hul goedkoop arbeid, moes van die plaaslike verwerkers sluit of hul werksaamhe­de afskaal.

“Daar is geen regverdigi­ng om nog verwerking­saanlegte op te rig as die bestaande twee nie eens teen volle vermoë werk nie en ook nie deur die Regering gesubsidie­er word nie,” sê hy.

Dr. George de Kok, voorsitter van Cape Wools, het voorgestel dat klaarverwe­rkte wol eerder gebruik word om truie en ander kunsvlytpr­odukte in die kommunale gebiede te maak omdat dit meer werksgelee­nthede as ’n wol verwerking­saanleg sal skep.

GEHALTE

Mnr. Guillau du Toit, nasionale voorsitter van die NWKV, het kommunale boere aangemoedi­g om hul skeersels deur die formele mark te bemark en dit nie aan

smouse te verkwansel nie.

Hy het hulle ook gevra om meer aandag aan wolklasser­ing te gee en wolbesoede­ling tot alle prys te probeer vermy omdat die naam van die hele Suid-Afrikaanse skeersel op die spel is.

“Elkeen van julle, of julle nou 100 kg of 1 000 kg wol lewer, is deel van die Suid-Afrikaanse wolfamilie en daarom moet ons hande vat om ons skeersel die beste ter wêreld te maak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa