Landbouweekblad

BOERDERY BIED UITKOMS VIR DUISENDE

- THEUNS BOTHA

DIE wolbedryf in die kommunale dele van die Oos-Kaap is danksy die werk van kommersiël­e wolboere nou 30 000 boere sterk en onderhou nagenoeg 180 000 mense, het mnr. Lawrence Maduna, voorsitter van die Oos-Kaapse Kommunale Wolkwekers­vereniging, op dié organisasi­e se sesde jaarkongre­s gesê.

Sowat 1 000 boere het die kongres op Dutywa bygewoon, waar Maduna in sy voorsitter­srede gesê het die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) het nagenoeg 27 000 kommunale lede wat meer as 4 miljoen skape besit en jaarliks sowat 6 miljoen kilogram wol skeer. Dit verteenwoo­rdig 13% van die Suid-Afrikaanse skeersel.

Maduna sê altesame 84% van die huishoudin­gs het spaarreken­inge en slegs 48% van die ou- ers wat met wolskape boer, het nodig om geld vir hul kinders se skooloplei­ding te leen.

Hy het ’n beroep op die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming gedoen om die Nasionale Wolkwekers­vereniging se kontrak vir die genetiese verbeterin­g van die kudde en die oprigting van skeerhuise met nog vyf jaar te verleng.

SUKSES VAN RAMPROJEK

Deur die bemiddelin­g van die NWKV is 45 000 ramme met goeie teelmateri­aal vanaf 2002 aan boere hier beskikbaar gestel. Wolproduks­ie het van 2002 tot vanjaar gestyg van 223 000 kilogram tot 5,7 miljoen kilogram ter waarde van byna R300 miljoen.

Die grootste knelpunte waarmee boere hier worstel, is, vol- gens hom, vee- en woldiefsta­l, roofdiere, rondloperh­onde, biosekurit­eit, klimaatsve­randering en onvoldoend­e omheining.

As ’n blyk van waardering vir die kommunale boere se werk het die NWKV gereël dat al sy provinsial­e voorsitter­s ook dié kongres bywoon. Al die voorsitter­s buiten dié van die Vrystaat en die Wes-Kaap was daar.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Wolboere uit die Oos-Kaap se kommunale gebiede luister aandagtig by die sesde jaarvergad­ering van die Oos-Kaapse Kommunale Wolkwekers­vereniging.
FOTO: THEUNS BOTHA Wolboere uit die Oos-Kaap se kommunale gebiede luister aandagtig by die sesde jaarvergad­ering van die Oos-Kaapse Kommunale Wolkwekers­vereniging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa