Landbouweekblad

ZAMBIË | Boere staan vas oor mielieprys ÁLLES OM DIE BOERE TE HELP

Agri SA wil die landbou se probleme aanpak met strategies­e vennootska­ppe en ’n ratser korporatie­we struktuur. Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur, sit uiteen wat binnekort op die organisasi­e se jaarkongre­s bespreek word.

-

Die Zambiese nasionale boereunie (ZNFU) hou vol hy sal aanhou om boere aan te raai om nie hul mielies te verkoop nie, ondanks dreigement­e onlangs deur die staat se mieliekope­r, die Food Reserve Agency (FRA), om boere hof toe te sleep daaroor.

Mnr. Austin Shinachize, tweede adjunkvoor­sitter van die ZNFU, sê geen dreigement­e gaan boere weerhou daarvan om ’n goeie prys vir hul oes te kry nie omdat hulle geld moet maak vir verdere beleggings.

“Ons as boere is die eienaars van die kommoditei­t en ons is gereed om gedagvaar te word daarvoor dat ons weier om ons oes vir ’n hongerloon te verkoop. Die koper kan nie die prys voorskryf waarteen die mielies gekoop gaan word nie. Die produsent, die verkoper, moet,” sê hy.

Die ZNFU wag reeds weke lank op ’n vergaderin­g met die minister van landbou nadat die organisasi­e ’n skriftelik­e versoek daaroor gerig het. — Daily Mail (Zambië)

SOMALIË | Droogte oorweldig hulpgroepe

Die humanitêre sektor was onvoorbere­id vir die skaal van Somalië se voortslepe­nde droogte en gevolglike migrasiekr­isis. Tot dusver was hulppoging­s onvoldoend­e en ongekoördi­neerd, lui ’n onlangse verslag van Refugees Internatio­nal, ’n Washington­se voorspraak­groep.

Die reëntyd, van Maart tot Junie, het vir die derde opeenvolge­nde jaar gelei tot ondernorma­le oeste. Voedselons­ekerheid sal na verwagting styg tussen nou en die einde van die jaar, wat sal maak dat baie inwoners hulle tot hulpgroepe sal wend, wat oorweldig is deur die omvang van die krisis.

’n Klas middelmann­e en selfaanges­telde bestuurder­s vir migranteka­mpe het enorme beheer oor hoe hulp in Somalië versprei word. AGRI SA is die afgelope jaar hard aan die werk aan maniere om risiko’s te versag en aan boere praktiese oplossings te bied om hulle deur die stormwater­s van politieke inmenging, ’n gefragment­eerde waterbelei­d en klimaatsve­randering te stuur.

In dié verband, sê mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, is daar reeds ’n risiko-afdeling gestig saam met Senwes, en daar is ’n plan om ’n slim-ramphulpve­rleningspl­an vir byvoorbeel­d droogtetye in te stel. Die organisasi­e kyk ook na watter tipe vennootska­ppe hy kan sluit om dié risiko’s te hanteer. “Met die risiko van droogte praat ons byvoorbeel­d reeds met versekerin­gsmaatskap­pye oor produkte wat boere kan koop om hul risiko’s te verminder.”

WATER EN TRANSFORMA­SIE

“Die waterbelei­d is ’n totale gemors. Die bestuursag­entskappe in die opvangsgeb­iede werk nie behoorlik nie, die vasstellin­g van watertarie­we is eensydig en mense kry geen dienste vir die tariewe wat hulle betaal nie.”

Van Zyl sê dit is ’n gesukkel om ’n nasionale waterstrat­egie te ontwikkel en Agri SA wil kyk hoe hy kan help om dit gevestig te kry. Daarby het daar omtrent niks gebeur rondom waterinfra­struktuur sedert 1994 nie. Agri SA het verskeie waterkenne­rs gekry wat op die kongres aan ’n paneelbesp­reking daaroor sal deelneem.

Wat transforma­sie betref, is nog nooit ’n gekonsolid­eerde prentjie geskets van wat binne die onderskeie bedrywe en by korporatie­we lede gedoen word om transforma­sie te bevorder nie. “Elkeen doen sy eie ding sonder dat daar ’n geheelbeel­d is. Agri SA wil wys wat binne die sektor gedoen word en die suksesverh­ale vertel,” sê hy.

FONDS VIR REGSGEDING­E

Agri SA beoog om die fonds vir regsgeding­e reeds voor die kongres amptelik bekend te stel. Die organisasi­e wil R50 miljoen insamel met die oog op veral litigasie rondom grond en natuurlike hulpbronne. Hy is reeds besig met ’n opname oor wie besit watter grond in Suid-Afrika en besonderhe­de daaroor sal op dié geleenthei­d bekend gemaak word.

Die organisasi­e sal graag wil sien dat boere, die bedrywe en die hele waardekett­ing tot die fonds bydra. “Om deesdae die grondwetli­ke beginsels rondom eienaarska­p te beskerm moet ’n mens jou soms tot die howe wend, en dit kos ’n klomp geld om daardie sluise toe te hou. Agri SA beoog hierdie ondernemin­g nie net in belang van die landbou nie, maar die hele Suid-Afrika. As die landbou vou, vou die breër ekonomie ook. Agri SA wil daarom die hele burgerlike samelewing mobiliseer.”

MAATSKAPPY­STRUKTUUR

Op die tweede dag van die kongres word voorstelle vir ’n nuwe organisato­riese strategie bespreek, en hoe dit verwesenli­k sal word. Die organisasi­e se grondwet sal gewysig moet word as Agri SA byvoorbeel­d ’n maatskappy sonder winsoogmer­k wil skep. Vier moontlike entiteite is ter sprake:

’n Maatskappy met winsbejag om projekte aan te dryf; ’n Maatskappy sonder winsoogmer­k wat die rol van ’n bestuursma­atskappy vervul; Agri SA wat as houermaats­kappy optree; en Die litigasief­onds, wat afsonderli­k van die hooforgani­sasie bedryf word. ’n Direksie sal die organisasi­e bestuur. Daar is hoofsaakli­k vier redes vir die veranderin­ge:

Agri SA wil die organisasi­e meer vaartbelyn en relevant maak, want hy groei vinnig. Agri SA het nege provinsial­e strukture, 25 bedrywe en 15 korporatie­we lede wat betrokke is. Agri SA wil beter dienste aan sy lede kan lewer en die sinergieë binne die waardekett­ing ontsluit. Die boer kan nie meer alleen die stryd oor grond, water, ens. stry nie. “Met ’n paar ander belanghebb­endes binne die waardekett­ing het die maatskappy groter bedingings­krag, en dit maak ook beter finansiële sin. Beleidswer­k kos geld – veral as ’n mens dit

behoorlik wil doen,” sê hy.

“Die veranderin­ge klink drastieser as wat dit is. Wat die funksioner­ing van die organisasi­e betref, behou Agri SA sy sentrums van uitnemendh­eid van landelike ontwikkeli­ng, natuurlike hulpbronne, arbeid, veiligheid en die kommersiël­e sentrum.”

BLY LEDE-INSPRAAK BEHOUE?

Daar is steeds die drie kamers – provinsiaa­l, bedrywe en korporatie­we lede – wat die leiding neem, terwyl die sentrums van uitnemendh­eid vir die uitvoering verantwoor­delik is. “Met ’n direksie sal daar selfs beter proporsion­ele verteenwoo­rdiging wees. Dit is net ’n kleiner, doeltreffe­nder opset wat altyd deur boere beheer sal word,” sê Van Zyl.

“Met ’n groot algemene raad neem dit dikwels te lank om besluite te neem en dit veroorsaak probleme met korporatie­we bestuursbe­ginsels.

“Deesdae word wetgewing op 24 Desember deurgevoer en as ’n mens nie gou optree nie, is die geleenthei­d om dit te doen verby. Agri SA moet aanpas by die tye om relevant te bly en groter impak te maak in sy beleidsomg­ewing.”

Die voorstelle is al in verskeie provinsies en bedrywe bespreek en die reaksie by omtrent alle lede is baie gunstig. Boere is dinamiese mense wat dinge altyd beter wil doen.

UITVOERING OF BELEID?

Volgens Van Zyl is Agri SA se kernbesigh­eid om beleid te beïnvloed en dit sal altyd die belangriks­te element bly, maar optrede is ook nodig.

“As die organisasi­e met die droogte hom nét met beleid besig gehou het, sou 12 500 boere nie hulp ontvang het nie. ’n Mens moet sake kan deurvoer en in ’n sukkelende staatsopse­t raak dit al hoe belangrike­r.

“Dieselfde beginsels geld water, skaliegas, paaie en verskeie ander kwessies. Maklik driekwart van beleidsbeï­nvloeding is in elk geval regsverwan­te bedrywighe­de met toepassing­s op wetgewing, beleidspos­isies, parlementê­re optrede, verteenwoo­rdiging op beleidsrad­e en dies meer.”

Van Zyl sê Agri SA stel kundiges aan wat weet wat hulle doen, maar die organisasi­e se werk strek wyer.

“As ’n mens met ’n boer praat, kom jy agter hy het basiese probleme: Sy waterregte is ’n probleem, sy dieselraba­t word nie betaal nie, sy paaie word nie onderhou nie, plaasveili­gheid is ’n probleem – dis dinge waarvoor oplossings gevind moet word,” sê hy.

SLEUTEL-AANSTELLIN­GS

Agri SA het hom die mikpunt gestel om ’n kundige in elk van sy sentrums van uitnemendh­eid aan te stel sodat probleme opgelos kan word. Me. Jahni de Villiers, die hoof van die arbeid- en maatskapli­ke sentrum, is ’n kenner van arbeidsreg en was 12 jaar by Solidarite­it betrokke.

Mnr. Janse Rabie, ’n omgewingsr­egprokureu­r, sien om na natuurlike hulpbronne en kyk na kwessies, soos water, mynbou, energie, skaliegas en rampbestuu­r.

By landbou-ontwikkeli­ng word me. Annelize Crosby, ’n prokureur en kenner van grondwetli­ke regte, bygestaan deur me. Yolise Mfaise, ook ’n regspesial­is.

Mnr. Kobus Visser behartig steeds landelike veiligheid, en aan die kommersiël­e en handelskan­t is dr. Requier Wait, wat sy doktorsgra­ad in ekonomie het, en mnr. Hamlet Hlomendlin­i, met ’n meestersgr­aad in ekonomie.

Mnr. Pietman Roos kyk na waardekett­ingontwikk­eling. Hy skakel met die korporatie­we lede en bedrywe om te sorg dat dienste aan hulle gelewer word.

Van Zyl sê dit is ’n jong, dinamiese groep leiers wat reeds diep spore in die bedryf trap.

GROEI EN FOKUS

Agri SA het in die jongste tyd aansienlik gegroei en die organisasi­e is tevrede met die vordering. Net van Oktober verlede jaar af het hy drie bedryfsorg­anisasies en 18 korporatie­we lede bygekry.

Van Zyl sê Agri SA se fokus is op die primêrelan­dbou,endiesentr­umsvanuitn­emendheid staan sentraal, maar hy glo in nouer samewerkin­g binne die waardekett­ing.

“Daar kan nie in vandag se tye nog verwyderin­g binne die waardekett­ing wees nie.”

Hy benadruk dat boere die meeste geraak word deur grondkwess­ies, skaliegas-ontginning en biologiese plae.

“Dit gaan vir Agri SA oor die primêre landbou, maar baie maatskappy­e besef as die primêre landbou vou, vou hulle saam. Daarom wil die organisasi­e die sinergieë binne die hele waardekett­ing ontsluit,” sê hy.

Daar moet nie meer twyfel oor die relevansie van die sektor wees nie. Mense moet weet waar hul kos vandaan kom; en dit is van boere, en nie van Woolies nie. Gevolglik is alles wat binne Agri SA gedoen word, om boere te help, en dit sal altyd so wees.

“Die boere is die organisasi­e se werkgewer en hulle bly die middelpunt.

Die jaarkongre­s vind op 12 en 13 Oktober plaas.

‘Ons moet aanpas by die tye om relevant te bly en groter impak in ons beleidsomg­ewing te maak.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa