Landbouweekblad

ROTTE VREET WEIVELD OP

- — JOHAN NORVAL

’N KNAAGDIERP­LAAG bedreig groot dele van die Kalahari. Dié gebied se veeboere vrees dat hulle weer ’n weidingsdr­oogte gaan beleef as dit nie spoedig reën nie.

Mnr. Deon Hoon, voorsitter van Agri Kuruman, sê die voorkoms van kolonies fluitrotte (Parotomys brantsii )intot40% van hul weiveld neem krisisafme­tings aan, amper soos ’n sprinkaanp­laag.

Hoon sê die plaag kom oor ’n wye gebied voor, van Hotazel tot teen die Botswanagr­ens, asook in die omgewing van Van Zylsrus. Nóg ’n boer, mnr. Elias Loubscher, sê boere by Olifantsho­ek stoei ook met dié plaag.

Hoon se grondgebie­d van sowat 7 000 ha op Witstambul­t is met die rotte besmet. Hy beraam daar is tot 800 neste per hektaar. Die fluitrot woon in sulke groot kolonies in gate en die verniel dan die veld.

“Die rotte het al voorheen in die gebied voorgekom, maar nie so erg nie. Die toestand ná die droogte het eers laat in die seisoen verbeter en ons probeer ons veegetalle nou vermeerder,” sê hy.

“Ons sal ongelukkig met dié natuurvers­kynsel moet saamleef.”

GOEIE WINTER

Een verklaring vir die voorkoms van die rotte is dat goeie reën in die reëntyd vir ’n oormaat voedsame grassade in die volgende winter sorg. Dié grassade is die knaagdiere se basiese dieet. Dit lei dan tot die produksie en oorlewing van groot getalle kleintjies, wat skielik tot ’n bevolkings­ontploffin­g lei.

Hoon sê in die Kgalagadi is dié plaag soms so erg dat ’n mens glad nie in die veld kan ry nie omdat ’n bakkie se wiele heeltyd in die gate vasval. In gebiede in ekologiese balans sal daardie oormaat muise ook tot ’n ontploffin­g in valke, arende, ratels, jakkalse en slange lei.

“Volgens die natuurkund­ige Dave Pepler teel die rotte al wanneer hulle 21 dae oud is – vandaar die vinnige vermeerder­ing. ’n Vinnige boeresom wys dat hulle die seisoen tot 40% van ons gras weggedra het,” sê Hoon.

 ??  ?? BO: Dele van die plaas Witstambul­t van mnr. Deon Hoon wat oor groot gebiede deur knaagdiere omgedolwe is. INLAS: ’n Fluitrot. FOTO’S: VERSKAF
BO: Dele van die plaas Witstambul­t van mnr. Deon Hoon wat oor groot gebiede deur knaagdiere omgedolwe is. INLAS: ’n Fluitrot. FOTO’S: VERSKAF
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa