Landbouweekblad

REËN BRING WEINIG UITKOMS VIR BOERE IN DIE GAMTOOSVAL­LEI

- — THEUNS BOTHA

ONDANKS die sowat 20 mm reën wat middel Augustus in die opvanggebi­ed van die Kougadam in die Gamtoosval­lei uitgesak het, het die dam min daarby baat gevind en was dit op 28 Augustus net 14,73% vol.

Mnr. Andrew Murray, hoofwaterb­eheerbeamp­te van die Gamtoos-besproeiin­gsraad, sê omdat dit so droog is, was daar feitlik geen watervloei nie. Die laagste vlak sedert die dam gebou is, was 9,8% in 1992. Besproeiin­gsboere se kwotas is reeds met 60% ingekort.

Die Loeriedam waaruit Port Elizabeth sowat 20% van sy waterbehoe­fte mag onttrek, was egter 74,4% vol.

SLIM WATERPLANN­E

“Maar dit is nie asof almal hier op ’n hoop gaan sit en wonder wat gaan gebeur nie. Hoewel daar sekere gewasse, soos mielies, is wat nie geplant gaan word nie, het boere wat groente onder kontrak verbou, reeds met hul medeboere ooreenkoms­te aangegaan om die beskikbare water beter te benut.

Meer as 90% van die sitrusboer­e het reeds na drupbespro­eiing omgeskakel en het ook grondvogme­ters geïnstalle­er om die beskikbare water optimaal te gebruik.”

Murray sê die geskiedeni­s toon dat daar in die verlede elke maand van die jaar al oorstromin­gs was.

“Almal met wie jy hier praat, meen dit sal weer gebeur. Die onlangse neerslag in die distrik van tot 30 mm het almal nuwe moed gegee dat uitkoms op pad is.”

Die bestuurder­s van die landbou-ondernemin­gs op Patensie met wie Landbouwee­kblad gepraat het, het bevestig dat hulle ondanks die droogte nog flink sake doen.

Tog was daar ’n afname in die aankope van kunsmis en plaagbestr­ydingsmidd­els.

GOEIE LENTE?

Elders in die Oos-Kaap is boere optimistie­s ná goeie reën en gepaardgaa­nde kapok die afgelope weke oor groot dele van die provinsie.

Mnr. Wayman Kritzinger, ondervoors­itter van Agri OosKaap, sê boere van Cathcart, wat verlede maand onder erge veldbrande deurgeloop het, het tot 50 mm reën gemeet. In die kusgebiede van Plettenber­gbaai af tot by Oos-Londen en in die binneland van Port Elizabeth af tot by Barkly-Oos het 20 mm tot 55 mm geval.

“Hoewel dit nog te koud is vir die veld om te groei, sal dit baie help as die weer warmer word. Indien daar opvolgreën is, kan ’n goeie lente te wagte wees.

Dit is nie asof almal hier op ’n hoop gaan sit en wonder wat gaan gebeur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa