Landbouweekblad

Ontwikkeli­ngskorpora­sie gretig om in landbou te belê

- — NICO VAN BURICK

LANDBOUVER­WERKING en die landbouwaa­rdeketting word in die nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) se jongste jaarversla­g uitgesonde­r as ’n voorrang-waardekett­ing waarop klem gelê moet word.

Dit word toegeskryf aan die arbeidsint­ensiewe aard van dié sektor vergeleke met ander sektore. Die verslag lui dat vir elke R1 miljoen wat in die sektor belê word, word 6,6 werkgeleen­thede geskep. Dit is in vergelykin­g met net 0,7 werkgeleen­thede per R1 miljoen in die chemiese en farmaseuti­ese bedrywe en 1,1 werkgeleen­thede in die metaal- en mynbouwaar­deketting.

“Ons glo die landbouver­werkingsen landbou-waardekett­ing speel ’n belangrike rol in die ekonomie. Ons besef die noodsaakli­kheid om dié waardekett­ings tot hul volle potensiaal te ontwikkel in die stryd teen hoë vlakke van werklooshe­id in Suid-Afrika,” aldus die verslag.

Vir die boekjaar 2018 is R203 miljoen vir projekte in die landbou-waardekett­ing goedgekeur uit IDC-geld en R79 miljoen uit bronne wat die IDC bestuur, soos die mededingen­dheidsfond­s vir landbouver­werking.

UITSTEL

Weens die droogte en ekonomiese toestande was daar baie kansellasi­es van finansieri­ng wat reeds voorheen goedgekeur is. Dit het tot ’n verminderi­ng van 79% in die werklike finansieri­ng gelei. Weens die ekonomiese toestande is baie goedgekeur­de beleggings­en uitbreidin­gsplanne voorlopig uitgestel.

Twee landboupro­jekte wat genoem word, is ’n varswater-akwakultuu­raanleg by Graaff-Reinet en ’n slagplaas met swart eienaars in Klerksdorp.

Die IDC sê in sy verslag hy wil sy vlakke van finansieri­ng in die landbou-waardekett­ing tot R2,1 miljard verhoog om geleenthed­e wat geïdentifi­seer is, verder te ontwikkel.

Hoogtepunt­e van die boekjaar sluit in goedgekeur­de finansieri­ng van R15,3 miljard en wins wat toegeneem het van R223 miljoen in die boekjaar 2016 tot R2,2 miljard in die boekjaar 2017 wat op 31 Maart geëindig het. Dit is ondanks gesamentli­ke verliese van R1,6 miljard deur Foskor en die Scaw-groep.

Foskor se verlies van R902 miljoen word toegeskryf aan ’n laer as verwagte fosfaatpry­s en ’n sterker wisselkoer­s. Die Scaw-metaalgroe­p is besig met ’n herstruktu­reringspro­ses om sy verlies van R787 miljoen te probeer beperk.

NUWE POSTE

Mnr. Geoffrey Qhena, uitvoerend­e hoof, sê deur die IDC se finansieri­ng kon 18 192 werkgeleen­thede geskep word en ’n verdere 2 675 werkgeleen­thede gered word. Dit is ’n styging van 37% teenoor verlede jaar.

“Faktore wat ’n nadelige impak op ons bedrywighe­de gehad het, was die swak ekonomiese toestande, lae sake- en verbruiker­svertroue, die invloed van die droogte, asook relatief lae kommoditei­tspryse,” het Qhena gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa