Landbouweekblad

SA SE TOP-CHENINS KRY NUWE MAATS

- — LUCILLE BOTHA

VYF nuwelinge het vanjaar hul buiging in Standard Bank se Chenin blanc Top 10-kompetisie gemaak.

“Dit is ongewoon en baie opwindend. Dit is net so goed om te sien dat ’n spesifieke wyn, soos Perdeberg-wynmakery se The Dry Land Collection Courageous Barrel Fermented Chenin blanc, al vir die vierde oesjaar agtereenvo­lgens ’n plek op die lys beklee,” sê me. Cathy van Zyl, voorsitter van die proepaneel.

Spier se 21 Gables Chenin blanc is ook vir die vierde keer op dié gesogte lys. Nog ’n ou bekende is Stellenrus­t, wat vir die derde keer bekroon is. Stellenrus­t spog met twee wyne op vanjaar se Top 10, naamlik die 52 Barrel Fermented Chenin blanc 2016 en 51 Barrel Fermenter Chenin blanc, gemaak uit onderskeid­elik ’n 52 jaar en 51 jaar oue wingerd.

Die helfte van die wenwyne is gemaak van druiwe uit wingerde wat 40 jaar of ouer is.

“Die standaard van die 136 inskrywing­s was vanjaar van so ’n aard dat ons meer tyd daaraan bestee het om te besluit watter wyne hoort nié onder die voorste 10 nie as oor watter daar hoort. Die meeste van die wyn, ongeag die styl, is met groot sorg gemaak. Hout is oordeelkun­dig gebruik en vars, vrugtige wyne het ook aan alle verwagting­e voldoen sonder om ‘dun’ of té suur te wees,” volgens Van Zyl.

Al die wenners ontvang R25 000 prysgeld wat die kelder moet gebruik om ekonomiese en maatskapli­ke voordele in die werkplek te verbeter.

Altesaam sewe van die wenwyne kos R200 of minder. Mnr. Ken Forrester, voorsitter van die Chenin blanc-vereniging, het dit as van die beste waarde in die bedryf beskryf.

Die res van die wenners is Cederberg Private Cellar Five Generation­s Chenin blanc 2015 (debuut), DeMorgenzo­n Reserve Chenin blanc, Fleur du Cap Unfiltered Chenin blanc 2016 (debuut), Nederburg Heritage Heroes The Anchorman Chenin blanc 2016 (debuut), Spice Route Chenin blanc 2016 (debuut) en Windmeul Kelder Chenin blanc Reserve 2016 (debuut).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa