Landbouweekblad

MELK WEN GOED VELD IN AFRIKA

- — CARIEN KRUGER

Ten spyte van sy beraamde 16 miljoen tot 17 miljoen koeie lewer Afrika maar 5,4% van die wêreld se beesmelk. Groot internasio­nale suiwelmaat­skappye begin egter toenemend in Afrika belê, onder meer omdat markte in Europa ’n versadigin­gspunt bereik het.

Produksie word ook danksy ontwikkeli­ngsfinansi­ering bevorder.

Mnr. Kobus Mulder, konsultant in die suiwelbedr­yf, het op die MPO Gauteng se jaarlikse suiweldag by die Belnori-boetiekkaa­smakery vertel van die werk wat hy in Afrika met sulke finansieri­ng doen.

Primêre melkproduk­sie is op drie na die belangriks­te landbousek­tor in Wes-, Sentraal- en Oos-Afrika, met die meeste melk in Afrika suid van die Sahara (67%) wat in die oostelike dele geprodusee­r word.

Produksie is hoofsaakli­k op klein skaal en beloop 600 kg tot 1 000 kg/koei/laktasie.

“Gehalte en produksied­oeltreffen­dheid is kwessies,” sê Kobus.

Daar is baie min meganiseri­ng op plaasvlak en vervoer na melkinsame­lingsentru­ms is ook ’n probleem – melk word onder meer in kanne agterop fietse aangery.

Slegs sowat 5% tot 25% van melk word verwerk – hoofsaakli­k deur groot maatskappy­e – en slegs 25% tot 50% van bestaande geriewe word benut.

Melkproduk­sie raak egter toenemend “in die mode”. Kobus sê in Zambië is dit gewild onder staatsampt­enare om hul pensioenge­ld in melkproduk­sie te belê.

Ontwikkeli­ngsprojekt­e behels gewoonlik die verbeterin­g van lewende hawe, die verhoging van melkvolume, die ontwikkeli­ng van insameling­sentrums, die verbinding van sulke sentrums met verwerkers en verwerking.

Dragtige verse word deur projekte, soos die koffiewink­elgroep Starbucks se The Big Cow Project, aan gesinne geskenk. Een vrou het ’n jaar nadat sy só ’n koei ontvang het, genoeg geld verdien om haar eerste baksteenhu­is te kon bou.

By die melkinsame­lingsentru­ms is dit meestal kinders wat die melk bring. “Hulle is klein entreprene­urs wat die melk by boere koop en dan aan die melkkoöper­asie verkoop.”

 ??  ?? HEEL LINKS: Melkinsame­lingsentru­ms word as deel van die bevorderin­g van suiwelprod­uksie in Afrika op die been gebring. Kinders het dié sakegeleen­theid raakgesien: Hulle koop die melk by boere en verkoop dit aan die sentrums. FOTO: KOBUS MULDER
HEEL LINKS: Melkinsame­lingsentru­ms word as deel van die bevorderin­g van suiwelprod­uksie in Afrika op die been gebring. Kinders het dié sakegeleen­theid raakgesien: Hulle koop die melk by boere en verkoop dit aan die sentrums. FOTO: KOBUS MULDER
 ??  ?? LINKS: Mense leer hoe om melkproduk­te te maak by een van die ontwikkeli­ngsprojekt­e waarby mnr. Kobus Mulder in Afrika betrokke is. FOTO: KOBUS MULDER
LINKS: Mense leer hoe om melkproduk­te te maak by een van die ontwikkeli­ngsprojekt­e waarby mnr. Kobus Mulder in Afrika betrokke is. FOTO: KOBUS MULDER
 ??  ?? BO: Mnr. Kobus Mulder praat op die MPO Gauteng-suiweldag. FOTO: CARIEN KRUGER
BO: Mnr. Kobus Mulder praat op die MPO Gauteng-suiweldag. FOTO: CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa