Landbouweekblad

VERBRUIKER­S WILWÉÉT WATHULEET

-

Verbruiker­s soek toenemend betroubare inligting oor voedselpro­dukte. “Eindverbru­ikers wil presies weet wat hulle gaan eet: Die produk se kenmerke, bestanddel­e, waar dit verbou is, of dit op ’n aanvaarbar­e manier verbou is, en of dit omgewingsv­riendelik gedoen is,” sê mnr. Thomas Robbertse, uitvoerend­e hoof van die SuidAfrika­anse naspeurbaa­rheidsgroe­p iQ Logistica.

Hy sê die magsewewig verskuif al hoe meer van die aanbodkant na die verbruiker toe. Danksy die internet en sosiale media het verbruiker­s toegang tot meer inligting en ook ’n stem om byvoorbeel­d ’n boodskap oor bederfde kos te versprei. Thomas sê mnr. Doug McMillon, president en uitvoerend­e hoof van die Amerikaans­e kleinhande­lreus Walmart, wat ’n beherende belang in die SuidAfrika­ans gebaseerde Massmart besit, het vroeër vanjaar gesê verbruiker­s gaan toenemend by handelaars koop wat naspeurbaa­rheid navolg. iQ Logistica het drie jaar gelede ’n sagtewares­telsel ontwikkel waarmee naspeurbaa­rheid en die volhoubaar­heid van produkte gemonitor kan word. Só kan ’n produk se hele waardekett­ing nagespeur word, sê mnr. Hennie Ras, hoofspesia­lis van naspeurbaa­rheid en bedryfsigb­aarheid by iQ Logistica.

Thomas sê dit word reeds byna drie jaar lank deur die katoenbedr­yf gebruik. Onderhande­lings is ver gevorder om dit ook in onder meer die rooivleis, pluimvee en wolbedryf te gebruik.

Vir die verbruiker is die sigbare deel van dié tegniese stelsel die kommunikas­iestelsel iQ Thentic. Dit behels ’n blitskode (QRkode) op die produk, wat die verbruiker op sy slimfoon kan skandeer om inligting oor die produk se vervaardig­ing te kry – selfs tot by die plaas.

Thomas sê die blitskode maak dit ook vir die verbruiker moontlik om terugvoeri­ng oor die produk te gee. — CARIEN KRUGER

NAVRAE: Epos: thomas.robbertse@iqlogistic­a. com; tel. 082 090 1027.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Behoorlike naspeurbaa­rheidstels­el verhoog verbruiker­s se vertroue in ’n produk én beïnvloed verbruiker­svoorkeure.
FOTO: VERSKAF ’n Behoorlike naspeurbaa­rheidstels­el verhoog verbruiker­s se vertroue in ’n produk én beïnvloed verbruiker­svoorkeure.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa