Landbouweekblad

NAVORSING NODIG OOR MEER AS NET HEUNINGBYE

-

In Suid-Afrika word bestuiwing­sbestuur tot heuningbye beperk, maar ander byespesies kan ook in die nabye toekoms ’n rol in die landbou begin speel.

Bye, waarskynli­k die belangriks­te bestuiwers van landbougew­asse, is ook belangrik om biodiversi­teit in natuurlike veld te handhaaf. ’n Mens kan egter nie van een soort bestuiwer verwag om dié rol te vervul vir al die verskillen­de gewasse se blomme, asook wildeblomp­lante nie. Benewens die sowat 1 000 verskillen­de byespesies is daar baie ander soorte bestuiwers, soos kewers, vlieë, voëls en motte.

Landboukun­diges weet lank reeds van die groter doeltreffe­ndheid van alternatie­we bestuiwers op party gewasse, maar in SuidAfrika is nog te min navorsing gedoen om dié bestuiwers te bestuur.

Suid-Afrikaanse boere behoort meer bewus te wees van die waarde van nie-heuningbye as inheemse bestuiwers. ’n Groter bewustheid en meer kennis van nie-heuningbye sal help om hul voortbesta­an te verseker.

As die Regering internasio­nale inisiatiew­e, ooreenkoms­te en beleidsrig­lyne ernstig opneem, sal dit tot toepaslike navorsing oor dié organismes lei.

Landbou-ondernemin­gs, wetenskapl­ike finansieri­ngsagentsk­appe en die Regering behoort in die algemeen meer in navorsing oor bestuiwers te belê.

VERSKILLEN­DE NESTE

Om bye te kan beskerm, moet belanghebb­endes nie net weet watter kos hulle nodig het nie, maar ook wat hul broeibehoe­ftes is.

Slegs ’n paar byespesies is sosiaal en het neste, soos heuningbye s’n. Dit sluit mopani-bye in, wat hoofsaakli­k in Limpopo, Mpumalanga en die noorde van KwaZuluNat­al voorkom.

Byna alle ander bye is alleenlope­nd. Die meeste van hulle is myners en grawe tonnels in die grond, terwyl houtbye gate in dooie hout boor.

Blaarsnyer­bye, wolbye, pleisterby­e en harsbye gebruik ander insekte, waaronder houtbye, se bestaande gate in hout of die grond.

Alleenlope­nde bye gebruik stukkies blare, plantvesel­s, modder of hars om broeiselle in hul aangenome tonnels af te sonder.

Wolbye, pleisterby­e en harsbye bou ook ontblote neste.

BOEREKANHE­LP

Omdat bye die landbou op lang termyn bevorder, behoort hulle op plase beskerm te word. Drs. Sarah en Fred Gess, afgetrede navorsers van die Albany-museum in Grahamstad, het wyd navorsing gedoen oor boerderypr­aktyke wat byegetalle en -diversitei­t benadeel.

Ditsluitin:

Die gebruik van insekdoder­s. Vertrappin­g weens oorbeweidi­ng (myners bou nie neste in vertrapte grond nie), en selektiewe weiding. Ontbossing en die verwyderin­g van droë hout. Die verlies van beskikbare water en modder deur droogleggi­ng, kanaliseri­ng en besoedelin­g. Die verlies aan natuurlike plantegroe­i (waaronder ontbossing en die verspreidi­ng van indringerp­lante). Die handhawing van natuurlike deurgange en walle, veral dié sonder plantegroe­i, sal help om nadelige invloede van boerdery op bye te verlig, en die verskaffin­g van hout met gate van verskillen­de groottes wat daarin geboor word, sal bye lok.

Oor laasgenoem­de kan ’n mens by www.beehotels.co.za meer lees.

— CONNAL EARDLEY NAVRAE: Dr. Connal Eardley is ’n navorser van die afdeling biosistema­tiek by die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Plantbeske­rming. E-pos:

EardleyC@arc.agric.za; tel. 012 808 8000.

 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Bye het blomme nodig vir kos, soos dié houtby wat ’n blom besoek. FOTO’S: DINO MARTINS BO: ’n Pleisterby versamel modder. Bye benodig boumateria­al om neste te bou.
HEEL BO: Bye het blomme nodig vir kos, soos dié houtby wat ’n blom besoek. FOTO’S: DINO MARTINS BO: ’n Pleisterby versamel modder. Bye benodig boumateria­al om neste te bou.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Connal Eardley.
FOTO: VERSKAF Mnr. Connal Eardley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa