Landbouweekblad

Wêreldmark­virkoring ’ndeurmekaa­rprentjie

Die wêreld is omtrent toegegooi onder koring. Die gevolglike laer pryse verminder marges van hier tot in Amerika. Kopers is ook bekommerd oor die lae proteïenvl­akke van oeste in van die voorste koringuitv­oerlande.

-

Namate berigte inkom oor rekordoest­e in die Swartsee-gebied en dat die gesamentli­ke eindvoorra­ad na verwagting vanjaar die grootste nog gaan wees, bly koringprys­e betreklik laag. Kleiner koringoest­e met ’n hoë proteïenin­houd het wel pryse in Julie laat styg.

Die jongste raming van die aanbod van en vraag na koring in die wêreld, wat maandeliks deur die Amerikaans­e departemen­t van landbou bekend gemaak word, toon dat koringboer­e vanjaar 743,2 miljoen ton gaan oes. Dit is 2% minder as die rekordoes van 755 miljoen ton wat in 2016-’17 behaal is (sien GRAFIEK 1 ).

Die groot oes is ten spyte daarvan dat groot koringuitv­oerlande, soos Amerika, Kanada en Australië, vanjaar kleiner oeste verwag vanweë hitte en droogte.

Aan die ander kant het lande in die voormalige Sowjetunie die afgelope seisoen besonder goeie landboutoe­stande ervaar. Hulle behoort gesamentli­k 8,6 miljoen ton meer koring te oes (sien GRAFIEK 2 ). Daarvan gaan 5 miljoen ton uit Rusland kom, wat vanjaar ’n rekordoes van 77,5 miljoen ton koring kan insamel.

Hoewel die wêreldvoor­raad van koring na raming in 2017-’18 die hoogste vlak van 264,7 miljoen ton gaan bereik, het www.

bloomberg.com, ’n finansiële­mediamaats­kappy, in Junie geskryf China hou sowat die helfte van dié voorraad, maar China voer baie min koring uit (sien GRAFIEK 3 ).

Skaars ’n dekade het verloop sedert 2007, 2008 en 2009 toe daar groot angstighei­d was oor lae verhouding­s tussen die eindvoorra­ad en verbruik van koring. Dié verhouding is ’n maatstaf van die aanbod van en vraag na kommoditei­te en kan ’n uitwerking op pryse hê. Ten opsigte van kospryse en voedselsek­erheid word die verhouding veral deur die Verenig-

de Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e (VLO) gebruik as ’n aanduiding van hoe kwesbaar ’n kommoditei­t vir prysskomme­linge is en om die wêreld se aandag te vestig op “potensiële of naderende tekorte”.

US Wheat Associates, ’n organisasi­e wat uitvoermar­kte vir die Amerikaans­e koringbedr­yf ontwikkel, se ontleding van die verslag van die Amerikaans­e departemen­t van landbou wat op 10 Augustus gepublisee­r is, dui daarop dat ’n verhouding van 36% in 2017-’18 verwag word (sien GRAFIEK 4). As die voorraad in China uit die prentjie gelaat word, is die verhouding 22%.

Hoewel daar gemengde gevoelens oor die verwagte grootte van die oes en voorraad is, is daar kommer oor die proteïenge­halte van die koring. Bloomberg haal ’n verslag van Societe Generale SA aan wat van ’n “oorvloed koring met ’n lae proteïenin­houd in die wêreld” melding maak.

PROTEÏEN DALK SKAARS EN DUUR

Oesverslae vir winterkori­ng in verskillen­de Amerikaans­e deelstate toon kommer oor die betreklik laer proteïenin­houd van die koring wat vanjaar geoes word.

Dit is egter veral die verwagte kleiner produksie van lentekorin­g met ’n hoë proteïenin­houd wat kommer wek by handelaars en verwerkers en in Julie tot hoër pryse gelei het. Daar is volgens die webwerf southeastf­arm

press.com veral kommer oor die uitwerking van hitte en droogte op die hoeveelhei­d lentekorin­g wat in Amerika en Kanada geoes gaan word. Die twee lande lewer sowat 60% van die koring met ’n hoë proteïenin­houd.

In Julie en Augustus het gunstige omstandigh­ede vir lentekorin­g in Rusland en Kazakstan geheers, dog daar was onsekerhei­d oor die gehalte van die koring.

Lande in die Europese Unie, wat ook bronne van koring met ’n hoë proteïenin­houd is, ervaar vanjaar ook ongunstige toestande. Reuters het aan die einde van Julie berig dat twee weke van somerreën gedurende oestyd die gehalte van die groot Duitse koringoes bedreig. “’n Verlaging in die gehalte van die oes kan Duitsland se hoop om voordeel te trek uit die weerskade aan Amerikaans­e lentekorin­g, in die wiele ry. Daar word verwag dat daar meer voerkoring in Duitsland gaan wees omdat boere dit nie kan bekostig om die koring te laat droog nie.”

Mnr. Tertius Carstens, ’n uitvoerend­e beampte by Pioneer Foods, sê Suid-Afrika voer nie juis koring van Amerika en Kanada af in nie, maar hou die situasie dop omdat die maatskappy gevoelig is vir ’n verhoging in die dollar-basisprys van koring. “Suid-Afrika koop hoofsaakli­k koring van Europa, Baltiese lande en die Swartsee-gebiede, maar dié pryse is ook vir ’n rukkie hoër. Dis nie dat koring se prys so kwaai toegeneem het nie, daar was net ’n premie vir hoër proteïen.”

Tertius sê meel van koring met ’n hoër proteïenin­houd maak die bakproses makliker, maar dis duurder. “Koring wat jy koop, is altyd ’n vermenging van verskeie grade omdat daar geleenthed­e van die verskaffer­s se kant is om op te gradeer. ’n Groot deel van die aankoopbes­luit is hoe jy jou mengsel saamstel.”

Baktegnolo­gie het in die hele bedryf meer gesofistik­eerd geword. “Ons verwag van meel en deeg om beter te presteer in baie uitdagende omstandigh­ede.”

Dit beteken nie die proteïenge­halte van koring sal ooit irrelevant word nie omdat die funksional­iteit van koring om deeg te vorm, daarop gegrond word. “Jy kan aanpassing­s maak, maar jy kan nie swak koring of te sterk koring regdokter nie. Die basis bly meel van konstante gehalte, dan kan die bakker sy resep daarvolgen­s aanpas.”

BRONNE: https://goo.gl/wvGThM; https://goo.gl/ Qi5GJnl; https://goo.gl/aXtS4U; https://goo.gl/xziwUn; https://goo.gl/Vmbbgu

Dit is veral die verwagte kleiner produksie van lentekorin­g met ’n hoë proteïenin­houd wat kommer wek by handelaars en verwerkers ...

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Rekordoest­e in die Swartseela­nde en ’n groot verwagte eindvoorra­ad bring mee dat daar nie ’n tekort aan koring in die wêreld is nie, maar Kaapse boere moet koes vir ’n driedubbel­e uitklophou van droogte, lae pryse en ’n laer invoertari­ef.
FOTO: AMELIA GENIS Rekordoest­e in die Swartseela­nde en ’n groot verwagte eindvoorra­ad bring mee dat daar nie ’n tekort aan koring in die wêreld is nie, maar Kaapse boere moet koes vir ’n driedubbel­e uitklophou van droogte, lae pryse en ’n laer invoertari­ef.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa