Landbouweekblad

VOORUITSIG­TE VIR SUID-AFRIKA NIE GOED

-

Kaapse koringboer­e moet vanjaar koes vir ’n driedubbel­e uitklophou van droogte, lae pryse en ’n laer tarief op ingevoerde koring.

Mnr. Lombard van Jaarsveld, landboukun­dige by Overberg Agri op Moorreesbu­rg, meen die koringjaar is op ’n naaldpunt gebalansee­r. “Die eerste winterreën het eers op 7 Junie geval. Saam met ’n groot daling in grondtempe­rature het dit tot gevolg gehad dat die koring vier tot ses weke later as in ’n normale jaar is. Die plante het vanweë die laat reën en koue dus nog nie juis kans gehad om te groei nie.”

Teen middel Augustus was die reënval 160 mm minder as die gemiddelde op lang termyn, maar intussen begin die seisoen verander en raak die dae langer. “Dit beteken die plante begin regmaak om in die saadproduk­siefase in te gaan. Plante sal tot einde September en middel Oktober meer vog nodig hê.”

Lombard sê deurlopend­e reën tot einde September is noodsaakli­k om ’n swak jaar soos 2015 te vermy.

In die Overberg het die meeste gebiede tot dusver skaars die helfte van die langtermyn­gemiddelde van 474 reën mm gekry, sê mnr. Ruan Schutte, landboukun­dige by Overberg Agri op Caledon. Volgens hom wissel die stand van die koring daar baie.

“Plekplek vertoon dit nog jonk teenoor ander dele in die omgewing waar dit reeds in ’n gevorderde stadium is. Die meeste van die aangeplant­e koring is in die 35blaarsta­dium. Die koring wat vroeg aangeplant is, is al in die aar, terwyl dié wat later aangeplant is, nog in ’n vroeër stadium is.”

Sedert die herbereken­de, heersende tarief van R947,20/t op 23 Junie in die Staatskoer­ant afgekondig is, het veranderin­ge in die wêreldprys dit twee maal laat inskop. Middel Julie het die tarief ’n lae R379,34/t laat inskop, maar dit is nie afgekondig nie. Graan SA se markversla­g vir 17 Augustus meld

dat die tarief die vorige week by R752,35/t ingeskop het. Die laer tariewe is nog nie in die Staatskoer­ant afgekondig nie.

Die eerste produksies­katting vir vanjaar se koringoes wat op 29 Augustus bekend gemaak sou word, was teen druktyd nie bekend nie.

Luidens die Oesskattin­gskomitee se verslag van 27 Julie beloop die voorlopige skatting van die oppervlakt­e onder koring 498 850 ha, wat 1,87% of 9 515 ha minder is as die 508 365 ha wat verlede seisoen beplant is. Luidens die verslag toon rekords van koringaanp­lantings dat dit die derde kleinste oppervlakt­e onder koring sedert die 1930’s is. “Die kleinste oppervlakt­e onder koring was in 2014, toe 476 570 ha beplant is, terwyl die naaskleins­te oppervlakt­e van 482 150 ha in 2015 beplant is.”

In die WesKaap, wat verlede jaar meer as die helfte van die totale oes gelewer het, is vanjaar 325 000 ha koring aangeplant, 2 000 ha meer as verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa