Landbouweekblad

Billy Kingwill: Coloniespl­aats se Hereford-koning

Die legendarie­se Hereford-teler mnr. Billy Kingwill van die Coloniespl­aatsstoete­ry naby Graaff-Reinet het op sy dag vyf keer die interraska­mpioenskap op die Randse Paasskou gewen – ’n prestasie wat niemand hom kon nadoen nie. Medetelers vertel van Billy s

-

Sy pa het nooit met blink motors gery nie – sy bulle was sy Mercedes-Benze. Só gesels mnr. James Kingwill van Coloniespl­aats, Graaff-Reinet, oor sy pa, mnr. Billy Kingwill, van die 1960’s tot die 1990’s een van die voorste Herefordte­lers in Suid-Afrika. Saam met mense soos mnre. Dirk Louw van Koffiefont­ein en Jim Mapham van Dordrecht was Billy een van die bekendste en karaktervo­lste Herefordte­lers in die land.

Mnr. Dirkie Louw van die Herefordst­oetery Miquiline naby Koffiefont­ein was dikwels saam met sy pa, Dirk, en Billy op skoue en veilings.

Dirkie sê daar is niemand meer in Suid-Afrika wat ’n bul en ’n koei bymekaar kan sit en vir seker weet dit gaan ’n kampioen wees nie. “Billy kon dit doen. Hy kon match; hy’t seleksie verstaan. My pa ook. Dit is iets waarmee jy gebore word; jy kan dit nie aanleer nie.”

Billy het wyd gereis om teelmateri­aal in Brittanje, Amerika, Australië en Kanada aan te koop. Van die bekende bulle wat die Herefordst­oetery Coloniespl­aats ingevoer het, was Vern Oran, wat in 1963 in Brittanje

gekoop is, Ardno Jackaroo, wat in 1969 uit Australië gekom het, en Emu Holes 222 wat in 1974 ook in Australië gekoop is.

Dan was daar natuurlik ook Crickley Barrow Destiny, wat in 1968 uit Brittanje ingevoer is. Hy was die vaar wat sekerlik die meeste tot die Coloniespl­aats-stoetery se sukses bygedra het.

Destiny, wat Billy saam met Jim besit het, was die eerste Herefordbu­l wat die telersgeno­otskap se Goue Seël-eerbewys ingepalm het. Dié bul het veral naam gemaak in die 1970’s vanweë die konstanthe­id waarmee hy dogters met uitnemende melkeiensk­appe geteel het. Verskeie van sy nageslag het ook trofeë op skoue ingeoes. Crickley 1 Sensation, een van Destiny se seuns, was die enigste dubbele Register van Meriete-bul in Brittanje en ook bekend as vaar van nageslag wat uitmuntend in Brittanje gepresteer het.

“Ek onthou hom as hierdie massiewe bul, maar dan ek was ook maar net ’n kind,” sê James. “Destiny het eintlik my pa se hele teelstelse­l verander en hy is baie goed opgepas. Destiny is in 1980 dood, toe hy 15½ jaar oud was, en my pa het hom agter die koppie hier naby die huis begrawe.”

VAN MELKBEESTE NA HEREFORDS

Die Kingwills was geslagte lank bekende melkboere op Graaff-Reinet. James se oupagrootj­ie, A.A.K. (Oubaas), het Coloniespl­aats in 1903 by die Watermeyer-familie, ook melkboere, gekoop. Die kom waarin die plaas lê, het voorheen aan die Voortrekke­rleier Andries Pretorius behoort. Hy het tydens sy verblyf in Natal glo graag gesê het hy gaan sy plaas in die Kolonie besoek – vandaar die plaas se naam.

Ná A.A.K. het sy seun, bekend as Kolonel Bill, wat die Middelland-regiment in die Tweede Wêreldoorl­og aangevoer het, Coloniespl­aats by hom oorgeneem.

“My pa, F.W. (Billy), het hom opgevolg. Hy het op Grootfonte­in gestudeer en in die vroeë 1950’s die plaas begin bestuur terwyl A.A.K. nog die titelakte gehou het. Hy het deur drie groot droogtes hier geboer, tot met sy dood.

“Van Watermeyer se tyd af, deur A.A.K. tot by Kolonel Bill, was hierdie ’n melkplaas, maar my pa het oorgeslaan na vleisbeest­e. Waarom hy dié besluit geneem het, weet ek nie. Dit is natuurlik koud hier teen die Sneeuberg en ’n mens moet baie vroeg opstaan om koeie te melk, maar moet my nie aanhaal daaroor nie!” sê James laggend.

“Ek glo sy besluit moes tweespalt veroorsaak het, want hy het ’n melkboerde­ry gestaak wat oor drie generasies gestrek en baie goed gepresteer het. Die boerdery het verstommen­d baie trofeë verower. Destyds is van die boerdery se melkbeeste selfs na Brittanje uitgevoer.”

Dirkie sê dit was die Hereford se bouvorm wat Billy na dié ras aangetrek het.

“Hoe het hy nou weer gesê? Die Friese is Marie-beskuitjie­s. Hulle was te maer, Billy het gehou van ’n dier wat volume het.”

Mnr. Johnny Phillips, ’n afgetrede stoetboer van die Bonhaven-stoetery naby Tarkastad, sê Billy se besluit moes ook te doen gehad het met die feit dat Herefords toe

die gewildste ras in Suid-Afrika was. “Mense het Herefordbu­lle met Afrikanerk­oeie gekruis, en dit het ’n ontsaglike invloed gehad.”

ONDER DIE OUDSTES IN SA

Coloniespl­aats se Herefordst­oetery is in 1957 begin en was een van die stoeterye wat die langste in bedryf was.

Die stoetery het begin met tien koeie wat Billy uit Brittanje ingevoer het, en ’n ingevoerde bul, Baysham Kismet, wat hy by die Moorcrofts­toetery gekoop het. In die 1960’s was dié bul een van die bekendstes in Herefordkr­inge. Baysham Kismet het krullerige hare gehad en ook nie rooi oogpigment nie, maar dit was veral sy liggaamsle­ngte, breedte en diepte wat hom uitstekend gemaak het. Hy het ’n groot invloed op die voorkoms van moderne Herefords gehad.

Billy se ingevoerde bulle, wat hy van 1962 tot 1997 gekoop het, het ook ’n groot impak op sy stoetery gehad. Die bulle uit Brittanje het eienskappe, soos goeie breedte en diepte, gebring, terwyl die Australies­e bulle vir langer en hoër beeste gesorg het.

Hy het ook semen van Amerikaans­e en Kanadese bulle ingevoer. In die 1990’s het Billy semen van die Australies­e bul Franz Josef Lieutenant II ingevoer. Daardie bul se nageslag het toe die botoon gevoer in die stoetery se bloedlyne.

Coloniespl­aats-stoetery is met poenskoppe begin, maar in 1962 het Billy en sy vrou, Audrey, na horingbees­te oorgeskake­l.

“Billy het altyd gesê horingbees­te het meer melk en vleis,” sê Dirkie. “Die mense raak kwaad as hulle dit hoor, maar sodra jy met poenas begin, verwater jy daardie eienskappe. ’n Hereford moet lyk soos ’n pond botter met vier wynproppie­s onder vir bene. Jy het ’n horingbul nodig om ’n poena se fenotipe reg te kry.”

Johnny sê Billy se filosofie was om funksionel­e diere te teel wat goed presteer op die veld en vir beesboere ’n goeie inkomste sou verseker.

“Jy weet hoe dit met die modes gaan. In die 1950’s het die Hereford propperig en kompak geraak, veral in Amerika. Billy was altyd ’n voorstande­r van ’n mediumraam­dier wat by plaaslike toestande gepas het.”

Billy is in ’n stadium in ’n landboutyd­skrif aangehaal waar hy sê: “Ons is baie streng met ons koeikudde en glo dis reg om te selekteer vir aanpasbaar­heid in die vroulike dier en groei in die manlike dier . . .

“Ons moet versigtig wees om internasio­nale modes na te jaag – ongeag hoe sinvol dit kan wees – teen ’n agtergrond van kommersiël­e beesvleisp­roduksie in die grootste deel van Suid-Afrika se weidings.”

Teen die 1970’s het Billy dit nodig geag om sy beeste effe hoër en langer te teel. Hy het Brittanje, Kanada, Amerika en Australië besoek en uiteindeli­k twee bulle in Australië gekoop vir dié doel.

“Hy was sy tyd ver vooruit wat betref die mode van Herefordte­elt,” meen James. “Hy het altyd gesê: ‘Moenie die mode volg nie, laat die mode jou volg.’ ”

‘KYK NA DIE KALF’

James bewonder steeds sy pa se geoefende oog vir ’n goeie dier.

“Noudat ek self boer, waardeer ek sy aanvoeling vir veeteelt soveel meer. Hy kon die potensiaal van ’n dier sien net ses weke nadat ’n kalf gebore is. Dít verg ervaring.”

Billy het ook geglo om suksesvol te boer, moet ’n man genoeg tyd op sy plaas deurbring. “Die koeie het in die vlei hierbo geloop en elke dag moes die werkers te perd dié gaan haal wat op hitte kom.

“Die bulle was mos hier om die huis en my pa sou dan besluit watter bul moet watter koei dek.

“Hy het dadelik begin uitsien na die dag dat sy moet kalf. Hier was ’n hok agter die huis met ’n lig en as haar tyd aanbreek, was ons verbied om by die agterdeur uit te stap of enigiets op die werf te versteur, ons mag net deur die venster gekyk het! Ek kan sy opgewonden­heid so goed onthou oor die nuwe kalwers, veral as dit die nageslag van ’n besonderse bul en koei was.”

Billy moes gereeld skoue bywoon, telers leer ken en joernale bestudeer om goeie teelmateri­aal te identifise­er.

“Vandag gebeur dinge in ’n oogwenk, maar destyds was dit anders. As hy nuwe teelmateri­aal wou inbring, moes hy besluit om daardie jaar te reis om die bul te gaan uitsoek. Dan kos dit drie maande vir die bul om na Port Elizabeth verskeep te word en nog ’n tyd om per trein van daar af plaas toe te reis.

“Hy kon die bul eers die volgende jaar

Hy was sy tyd ver vooruit wat betref die mode van Herefordte­elt. Hy het altyd gesê: ‘Moenie die mode volg nie, laat die mode jou volg.’

gebruik en dan nog ’n jaar later eers die resultate sien.”

Mettertyd het agt vooraansta­ande koeifamili­es uit die Coloniespl­aats-stoetery ontstaan: Gypsy (uit die Loringstoe­tery), Florence (van Craig Rennie), Cowslip (van Moorcrofts­toetery), Golden Girl (ook Craig Rennie), Linda (Chapmansto­etery), Fiesta (nog een van Craig Rennie) en Silkweed (ingevoer). Cowslip 5 en Fiesta 3 was seker die bekendste van daardie koeie. Hulle het onderskeid­elik die Kamer van Mynwese se Goue Beker en Farmers’ Weekly se eerbewys vir fase A-prestasiet­oetsing gewen.

Fiesta 3 se gemiddelde tussenkalf­periode was 371 dae en sy het nege opeenvolge­nde kalwers met ’n gemiddelde speenindek­s van 112 voortgebri­ng.

’N MERKWAARDI­GE VROU

Skoue was destyds belangrike geleenthed­e vir stoetboere en Coloniespl­aats se Herefords het behoorlik hul staal in die skouring gewys. Veral voor die Randse Paasskou, wat in daardie jare as dié skou onder vleisbeest­elers gereken is, was dinge in rep en roer in die ou melkstal om die beeste skougereed te kry.

Billy se vrou, Audrey, was ’n merkwaardi­ge Britse vrou wat aan King’s College as dokter gekwalifis­eer het. “Sy het die stal met ’n ystervuis bestuur,” onthou James.

Dirkie sê Audrey het self ’n uitstekend­e aanvoeling vir beeste gehad. Sy is met die Hereford-beestelers­genootskap se Dirkie Louw-medalje bekroon as deel van die genootskap se erkenning aan vroue se bydraes tot die sukses van Herefords in Suid-Afrika.

“Audrey het ’n wit jas aangetrek en die diere baie, baie goed voorberei. Sy’t hulle gewas, gekam, ge-blow wave en die sterte ge-tease dat dit sulke bolle staan. Audrey het eintlik die hele show ge-run.”

Wanneer die tyd aangebreek het, is die bulle – Billy het maklik met 15 tot 20 diere geskou – by die Koloniespl­aas-sylyn op die trein gelaai. Billy het die beeste in die ring gelei, sê Dirkie.

“Hy was ’n perfeksion­is en het presies geweet hoe om hulle te hou en hoe om met hulle te loop. As hy agter ’n bees gestap het wat te stadig loop, het hy presies geweet hoe om die bees verby te steek sodat die beoordelaa­rs kon sien die ander bees kan nie stap nie.”

Coloniespl­aats se vertoning op skoue was moeilik om te klop, vertel James.

“Buiten die raskampioe­nskap is daar ook ’n interraska­mpioenskap op die Randse Paasskou aangebied. Ek het nooit besef hoe goed my pa werklik was nie, totdat ek ’n tydlyn van die Hereford se geskiedeni­s gelees het en besef het my pa het die interraska­mpioenskap vyf keer in sy loopbaan gewen. Ek kan net die gevolgtrek­king maak dat hy die enigste Herefordte­ler was wat dit kon regkry en ek dink nie daar was ’n ander teler van ’n ander ras wat hom dit kon nadoen nie.”

Dié interraska­mpioene was CP Krespian (1967), CP Cowslip 5 (1972), CP Nimrod (1979), CP Pembroke (1981) en CP Domino 403 (1987). “Hy verdien die erkenning. Hy was werklik

tops in sy tyd,” vertel James. Billy het in 2001, op 75-jarige ouderdom, die stryd teen kanker verloor.

“Hy het sy hele lewe vir die plaas en sy Herefordst­oetery gegee. In die laaste paar jaar van sy lewe, toe hy nog beweeglik was, was al wat hy wou doen om tussen sy bulle te loop.”

Sally, James se suster, sê Billy se passie was selfs ná sy dood nog sigbaar.

“In 2002 het ons ’n rekordgeta­l van werklik goeie twee jaar oue bulle van die plaas af verkoop. Hy het in 2000, voor sy dood, reeds die bestes uitgesoek.”

Billy het die plaas aan James nagelaat, maar hy het ná ’n paar jaar besef hy kan nie sy pa se skoene met veelteelt volstaan nie en het boonop nie die passie wat hy glo nodig is om ’n stoetery te bestuur nie.

Die registrasi­e van die stoetery is in 2008 ingetrek.

 ??  ?? Die silwerware staan ingeryg in ’n vertoonkas op Coloniespl­aats. Nie net het die plaas ’n bekende stoetery gehuisves nie, maar vorige geslagte was ook gerekende melkboere. Vern Oran, ’n bul wat Billy in 1963 uit Brittanje ingevoer het. Billy was ’n...
Die silwerware staan ingeryg in ’n vertoonkas op Coloniespl­aats. Nie net het die plaas ’n bekende stoetery gehuisves nie, maar vorige geslagte was ook gerekende melkboere. Vern Oran, ’n bul wat Billy in 1963 uit Brittanje ingevoer het. Billy was ’n...
 ??  ?? Mnr. Billy Kingwill en sy vrou, Audrey, met van die belangrike trofeë wat hul stoetery ingepalm het. Die bul Destiny is op die foto teen die muur. Audrey, ’n dokter, het ’n sleutelrol in die stoetery se sukses gespeel.
Mnr. Billy Kingwill en sy vrou, Audrey, met van die belangrike trofeë wat hul stoetery ingepalm het. Die bul Destiny is op die foto teen die muur. Audrey, ’n dokter, het ’n sleutelrol in die stoetery se sukses gespeel.
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: ’n Bul der bulle. Mnre. Billy Kingwill en Jim Mapham het Crickley Barrow Destiny in 1968 uit Brittanje ingevoer. Hy was een van die bekendste Herefordbu­lle in die 1970’s in Suid-Afrika. Hy was veral gesog vir sy vermoë om dogters met...
HEEL BO: ’n Bul der bulle. Mnre. Billy Kingwill en Jim Mapham het Crickley Barrow Destiny in 1968 uit Brittanje ingevoer. Hy was een van die bekendste Herefordbu­lle in die 1970’s in Suid-Afrika. Hy was veral gesog vir sy vermoë om dogters met...
 ??  ?? BO: Mnre. Billy Kingwill (voor) en Jim Mapham (agter) op ’n skou. Billy was ’n perfeksion­is in die ring en het geweet hoe om ’n bees op sy beste te laat vertoon.
BO: Mnre. Billy Kingwill (voor) en Jim Mapham (agter) op ’n skou. Billy was ’n perfeksion­is in die ring en het geweet hoe om ’n bees op sy beste te laat vertoon.
 ??  ?? REGS: Die sylyn op Coloniespl­aats waar Billy sy beeste op die trein gelaai het om onder meer in Pretoria te gaan skou. Dis ook hier waar sy ingevoerde bulle, wat tot in Port Elizabeth verskeep is, afgelaai is.
REGS: Die sylyn op Coloniespl­aats waar Billy sy beeste op die trein gelaai het om onder meer in Pretoria te gaan skou. Dis ook hier waar sy ingevoerde bulle, wat tot in Port Elizabeth verskeep is, afgelaai is.
 ??  ?? Mnr. Billy Kingwill en sy vrou, Audrey, in 1972 met hul vyf kinders by Cowslip 5, een van die bekende koeie in die Coloniespl­aats-stoetery. Sy het onder meer die Goue Beker-gewen.
Mnr. Billy Kingwill en sy vrou, Audrey, in 1972 met hul vyf kinders by Cowslip 5, een van die bekende koeie in die Coloniespl­aats-stoetery. Sy het onder meer die Goue Beker-gewen.
 ??  ?? Die Coloniespl­aatsstoete­ry se registrasi­e is in 2008 ingetrek, maar mnr. James Kingwill hou steeds ’n kernkudde Herefords aan. Die hoop beskaam nie dat die volgende geslag Kingwills dalk weer stoetdiere sal teel nie.
Die Coloniespl­aatsstoete­ry se registrasi­e is in 2008 ingetrek, maar mnr. James Kingwill hou steeds ’n kernkudde Herefords aan. Die hoop beskaam nie dat die volgende geslag Kingwills dalk weer stoetdiere sal teel nie.
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Billy Kingwill (regs) ontvang ’n eerbewys van die destydse Staatspres­ident, mnr. P.W. Botha.
Mnr. Billy Kingwill (regs) ontvang ’n eerbewys van die destydse Staatspres­ident, mnr. P.W. Botha.
 ??  ?? BO en REGS: Coloniespl­aats se imposante opstal. Billy se bulle het altyd in kampies om die huis geloop, waar hy hulle behoorlik gepamperla­ng het. Die plaas het baie water en tot vandag is daar ’n spogtuin om die huis.
BO en REGS: Coloniespl­aats se imposante opstal. Billy se bulle het altyd in kampies om die huis geloop, waar hy hulle behoorlik gepamperla­ng het. Die plaas het baie water en tot vandag is daar ’n spogtuin om die huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa