Landbouweekblad

WAT IS ’N BLOKKETTIN­G?

-

Eenvoudig gestel, is ’n blokkettin­g ’n databasis waarvan die inligting wat daarin opgeneem word, uiters betroubaar en onverander­baar is. Die tegnologie stel die gebruikers in staat om ’n waarde (bates of inligting) onder mekaar uit te ruil sonder om ’n derde party of middelman te gebruik.

’n Transaksie wat tussen twee lede van ’n blokkettin­g plaasvind, sal in ’n digitale lêer, oftewel ’n blok, vasgevang word. Dié lêer word deur al die lede uitgeruil, of is aan almal beskikbaar, wat elkeen deur ’n node of ’n rekenaar verteenwoo­rdig word. Sodra ’n enkele transaksie afgehandel is, word dit in ’n blok vervat en dié blok word met ’n enkodering verseël as dit vol is.

Nadat die eerste blok verseël is, volg die tweede blok en dié blok word ook verseël met ’n enkodering sodra dit vol is.

Dié seël is egter afhanklik van die seël van die eerste blok. Die blokke volg dus in chronologi­ese volgorde op mekaar, vandaar die benaming “ketting”. As die inligting van

die eerste blok dus verander word, sal die daaropvolg­ende seëls in die blokkettin­g ook moet verander. Aangesien dit ’n omslagtige en tydrowende proses sal wees en omdat elke node (rekenaar) in die stelsel eers die veranderin­g sal moet goedkeur, is die risiko en potensiaal dat ’n skelm agent kan teruggaan om data te verander, baie skraal.

Die vraag ontstaan dus of daar ’n waarborg is dat die vaslegging van oorspronkl­ike data korrek is. Vir data om vasgelê te word, moet alle deelnemers in die blokkettin­g eers saamstem dat die transaksie (vaslegging van data) korrek is. Dít is waar die “internet van toestelle” en ’n inligting-en-kommunikas­ietegnolog­iestelsel in die toekoms ’n belangrike rol gaan speel om betroubare data intyds en onafhankli­k in só ’n blokkettin­g in te voer.

Nóg ’n voordeel van ’n blokkettin­g is die gedesentra­liseerde insameling van betroubare data. Die noodsaakli­kheid van ’n ouditeursf­irma om jou produk te kom inspekteer en hul seël daarop te plaas, raak oorbodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa