Landbouweekblad

AGRIDIGITA­L SE UITDAGINGS

-

AgriDigita­l het ontstaan om drie belangrike probleme in die kommoditei­tsmarkte in Australië op te los, maar daar is nog baie werk wat voorlê, sê me. Emma Weston, die uitvoerend­e hoof.

“Tans is die probleem die vertroulik­heid van sensitiewe transaksie-inligting,” sê sy.

Die uiteindeli­ke doel van maatskappy­e soos AgriDigita­l is om ’n protokol te skryf wat die deelnemers aan ’n transaksie die voorreg gee om vertroulik­e inligting te besigtig, terwyl die hele gemeenskap wat betrokke is binne die blokkettin­g slegs toegang het tot die algemene, nie-sensitiewe inligting van die transaksie.

’n Struikelbl­ok in die proses om ’n blokkettin­g in werking te stel is om die huidige kommoditei­tsbestuurp­rogrammatu­ur te integreer sodat transaksie­s op ’n enkele platform sal kan plaasvind.

“Tans gebruik baie blokkettin­g-lede ouer programmat­uur met beperkte funksies en tussenwerk­ingsvermoë. Vernuwende programmat­uur is van kardinale belang om blokkettin­gtegnologi­e te implemente­er.”

Om dié probleem te oorkom sal boere ’n inligtings-en-kommunikas­ietegnolog­iestelsel (ICT-stelsel) op die plaas moet vestig. Dié stelsel sal intyds data op die plaas insamel en dit verwerk sodat dit as transaksie-inskrywing­s binne ’n blokkettin­g gebruik kan word (sien die GRAFIKA op bl. 47).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa