Landbouweekblad

VARS EN GESOND, MAAR DUUR

-

Een van die grootste faktore wat Suid-Afrikaners keer om meer vars groente en vrugte te eet, is die prys daarvan.

Die BFAP het gaan uitwerk dat dit sowat R280 per maand kos vir ’n mens om twee porsies vrugte en drie porsies groente per dag te eet. Die bedrag is gegrond op kleinhande­lspryse in April vanjaar. ’n Kombinasie van appels, piesangs, lemoene, tamaties, kool en pampoen is as voorbeeld gebruik.

“Dit is heel duidelik dat dit onmoontlik is vir ’n huishoudin­g met vier mense wat R2 000 per maand verdien om R1 120 per maand aan vars produkte te bestee,” lui die verslag.

“Dié voorbeeld wys hoe belangrik die regte beleidsing­rype is om gesonde kos bekostigba­arder te maak, veral vir lae-inkomste-huishoudin­gs in die land.”

Die onlangse suikerbela­sting kan egter voordelig wees vir vrugteboer­e. Melk en sap van 100% vrugte is daarvan kwytgeskel­d. In Mei vanjaar het die

BFAP kleinhande­lpryse van ’n verskeiden­heid drankies (kola, vrugtesap, volroommel­k en water) vergelyk.

“Die goedkoopst­e opsie van 100%-vrugtesapp­e was sowat 10% goedkoper as ’n gasdrankie. Dit kan verbruiker­s dalk aanspoor om minder gasdrankie­s te geniet en eerder 100%-vrugtesapp­e te kies.”

Dit hang egter af van die handelsmer­k wat die verbruiker verkies, want party van die 100%-sappe is duurder as die gasdrankie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa