Landbouweekblad

Kyk nuut na bemarking

Aartappelb­oere word aangemoedi­g om oor die volgende dekade baie noukeurige besluite op plaasvlak te neem om winsgewend­heid en volhoubaar­heid te verseker.

- NAVRAE: Vir die volledige verslag, besoek www.bfap.co.za

Aartappelb­oere in Suid-Afrika moet hulself vir moeilike tye voorberei, luidens die jaarlikse vooruitsko­uing van die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP), wat onlangs vir die tydperk van 2017 tot 2026 bekend gestel is.

Luidens die verslag het die nasionale aartappel produksie oor die afgelope twee dekadesmet 43% gegroei, terwyl die aangeplant­e hektare van 50 000 ha tot 55 000 ha oor dieselfde tydperk gewissel het. Die aangeplant­e hektare sal na verwagting nie oor die volgende tien jaar toeneem nie, en in 2026 sal die totale nasionale produksie tussen 2,6 miljoen ton en 2,75 miljoen ton wees. Dit is ’n toename van net 4% in produksie op die rekordoes van 2,49 miljoen ton in 2015. Vanjaar se oes sal nagenoeg 2,357 miljoen ton oplewer en die 2,5 miljoen ton-kerf kan in 2018 weer oorskry word.

JAARLIKSE GROEI VAN 2%

Op die onlangse Aartappel navorsings­imposium aan die Weskus was dit duidelik dat baie moeite gedoen word om plae, soos Rhizoc

tonia, verskillen­de blaarmyner­s, Spongospor­a en bakteriese verwelk, die hoof te bied en produksie per hektaar te verhoog sodat produksiek­oste en natuurlike hulpbronne so doeltreffe­nd moontlik gebruik word.

Luidens die BFAP-verslag sal hierdie soort navorsing en ontwikkeli­ng ’n toename van 2% in jaarlikse produksie tot gevolg hê en verder dat die gemiddelde landwye opbrengs vanjaar 44 ton/ha sal wees.

As vanjaar se opbrengs van 44 ton/ha as grondslag gebruik word en dit teen ’n 2% jaarlikse groei in opbrengs tot in 2026 veronderst­el word, sal die bedryf ’n gemiddelde nasionale opbrengs van 52,58 ton/ha in 2026 oplewer. Indien 2016 se gemiddelde opbrengs van 40 ton/ha egter as grondslag gebruik word, sal boere in 2026 gemiddeld 48,76 ton/ha oes.

2,89 MILJOEN TON MOONTLIK

Die BFAP voorspel dat 54 200 ha landwyd in 2026 aangeplant sal word. Dit bring mee dat die nasionale aartappel produksie oor tien jaar van 2,64 miljoen ton (bereken teen 48,76 ton/ha) tot 2,85 miljoen ton (bereken teen 52,58 ton/ha) kan wees.

Mnr. JJ van de Velde, aartappelb­oer in KwaZulu-Natalse Middelland­e n voorsitter van di eK Z N-Moerkweker­s vereniging, sê egter dit is gevaarlik om hierdie voorspelli­ngs te maak. “Ons produksie is geheel afhanklik van die weer. Soos ons in die somer van 2015’16 gesien het en nou weer ervaar, kan ons nie voorspel wat die produksie sal wees nie.

“Die afgelope warm winter voorspel niks goeds vir die bedryf nie – ons gaan vanjaar aartappels lewer dat dit by ons ore uitkom en ek sal nie verbaas wees as ons by 2,6 miljoen ton eindig nie. Limpopo het nog nie ryp gehad nie en die opbrengs per hektaar is baie hoog daar. In KwaZulu-Natal spring ons hierdie lente weg met warm weer, wat hoë en vroeë produksie kan beteken.

“Die mate waarin boere plaagbestr­yding sen bemesting s tegnologie kan toepas om produksie per hektaar te verhoog, beteken dat slegs die beste boere in die toekoms gaan aanhou boer, want die prys sal laag bly. Die boer wat ’n hoër produksie met dieselfde middele kan bewerkstel­lig, gaan die geld maak. ’n Paar jaar gelede was dit ’n enorme prestasie as ons 50 ton/ha kon lewer. Ons begin nou al praat van 100 ton/ha en hierdie neiging sal voortgaan. Pryse gaan dus beslis laag bly,” sê JJ.

REËLE PRYS BLY R20

Die verwagte gemiddelde, nominale pryse oor die komende dekade is bemoedigen­d, maar boere se reële verdienste wek kommer. Die gemiddelde, nominale prys sal volgens die verslag, soos in 2015, volgende jaar weer tot onder R30 per 10 kg-sakkie daal.

Hoewel pryse effens kan skommel, voorspel die BFAP dat die gemiddelde, nominale prys oor die komende dekade sterk sal klim. Die voorspelli­ng is dat die R40/10 kg-kerf tussen 2021 en 2022 oorgesteek sal word en dat die R50/10 kg-kerf slegs drie jaar later bereik sal word.

In reële terme was 2016 ’n geskiedkun­dige hoogtepunt wat verdienste vir aartappelb­oere betref. Dit was die laaste keer dat produsente, vir diegene wat wel aartappels in 2016 kon lewer, meer as R30/10 kg verdien het. Die voorspelli­ng is dat die verdienste in reële terme rondom R20 per sakkie sal bly tot 2026.

Volgens die Departemen­t van Landbou se 2016-toekomsnei­gings was die jaarlikse verbruik per kop van aartappels sowat 38 kg in 2015, die rekord opbrengs jaart oe die gemiddelde prys van aartappel sonder R 30/10 kg was. Volgens Statistiek­e Suid-Afrika se 2016-sensus was daar sowat 55,9 miljoen Suid-Afrikaners in 2016 en dit sal teen 1,6% aangroei om in 2026 op 64,4 miljoen mense te staan te kom.

Indien die jaarlikse verbruik per kop steeds 38 kg in 2026 is, sal die nasionale vraag na aartappels in 2026, uitgesluit die vraag na aartappelm­oere, 2,45 miljoen ton wees.

SOEK NUWE MARKTE

JJ meen daar moet ernstig gekyk word na die aansien wat aan aartappels gekoppel word en aan watter markte aartappels bemark word. “Ons kan nie aartappels as ’n deftige produk vir die ryk mense bemark nie. Aartappels is ’n kommoditei­t en daar moet met die supermarkt­e onderhande­l word om groot volumes teen ’n bekostigba­re prys aan die verbruiker te voorsien. Daar is lande waar die verbruik per kop meer as 90 kg per jaar is. Daar is geen rede hoekom ons nie daarby kan uitkom nie.”

Hy is dit eens dat nuwe bemarkings­kanale ondersoek moet word, maar meen dat die ontwikkeli­ng van ’n verwerking­sbedryf vir aartappels nie in Suid-Afrika sal posvat nie. “Ons produksiek­oste is te hoog. Ons sal dus nie met die internasio­nale styselfabr­ieke kan meeding nie. Ons kan dit sien uit die bevrore aartappelp­rodukte wat die land baie goedkoop inkom.”

KOSTE BLY STYG

Die uitwerking van die styging in die minimum loon op die produksiek­oste in die bedryf, is breedvoeri­g ondersoek.

Die BFAP voorspel dat die ekstra uitgawe weens dié styging ’n bykomende R241 000 vir die gemiddelde boerdery in die Oos-Vrystaat, meer as R300 000 vir boerderye in die Sandveld en KwaZulu-Natal en R540 000 vir ’n gemiddelde boerdery in Limpopo sal beteken, as nie op arbeid besnoei word nie.

Benewens die styging in arbeidskos­te voorspel die BFAP dat die koste van bemesting van 2017 tot 2018 met 12% en die prys van diesel met 7% sal toeneem. “Dit sal boere se winsgewend­heid aanstaande jaar onder druk plaas. Hoewel hoër opbrengste verwag word, gaan die verwagte winsgewend­heid van aartappelb­oerderye vanjaar en aanstaande jaar afneem weens hoër koste en laer pryse.

“Die onbestendi­ge makro-ekonomiese en politieke omgewing, tesame met die laer ekonomiese groeivoors­pellings op mediumterm­yn, beklemtoon die belangrikh­eid van goeie besluitnem­ing op plaasvlak. Dit geld veral bemarking, die aankoop van produksiem­iddele en beleggings in tegnologie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa